Soveel het reeds vir Covid-19-entstof geregistreer

Foto ter illustrasie. (Foto: Diana Polekhina/Unsplash)

Die regering het sy Sisonke-inentingsprogram met die Johnson & Johnson-entstof (J&J) Woensdag hervat en verwag om nóg 1,1 miljoen dosisse van dié entstof eersdaags te ontvang.

Aflewering vind moontlik Maandag plaas. Die land sal na verwagting dan ook meer as 300 000 dosisse van Pfizer se entstof teen Covid-19 ontvang.

Dié syfers is tydens ’n voorlegging deur die departement van gesondheid in die parlement bekendgemaak.

Luidens die voorlegging het meer as 533 000 Suid-Afrikaners teen Dinsdagmiddag reeds geregistreer om ingeënt te word gedurende fase 2 van die regering se inentingsprogram. Dié fase skop na verwagting middel Mei af wanneer mense ouer as 60 jaar aan die beurt kom. Tesame met die registrasies wat gedurende fase 1 ontvang is, het altesaam 1,3 miljoen Suid-Afrikaners reeds vir die Covid-19-inenting geregistreer.

Die meeste registrasies kom vanuit die groter provinsies soos Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.

Soveel dosisse nog op pad

Luidens die voorlegging beoog die regering om Maandag 325 260 dosisse van Pfizer se entstof te ontvang. Dieselfde getal dosisse sal na verwagting op die daaropvolgende drie Maandae ontvang word en daarna sal die regering elke week 636 480 dosisse in ontvangs neem.

Suid-Afrika beoog om teen die einde van die jaar na verwagting meer as 31,2 miljoen dosisse van die Johnson & Johnson-entstof en 31,3 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof te bekom het.

Die meerderheid (16 520 400) van die Pfizer-dosisse sal na verwagting in die derde kwartaal aankom, terwyl Suid-Afrika meer as 19 miljoen dosisse van die Johnson & Johnson-entstof in die vierde kwartaal sal ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tjom ·

Beteken niks as mnr en mev useless nie die hoeveelheid inenting per dag kan verhoog nie.

VaalDonkie ·

Hulle kan myne maar vir iemand anders gee. Ek is bereid om die opoffering te maak

deHAS ·

Rusland het 4.8% van hul bevolking ge-ent en hulle het bietjie minder gevalle.

JohanR ·

40 miljoen kan registreer en dit lyk goed op papier en in die media. Hoekom nie liewers 40 miljoen entstof inspuit en dit dan op papier en in die media sit? Israel met 10 miljoen mense is al die 60% verby! Hoekom vra julle nie die Jode vir hulp ANC, maar dan bring julle Kubane land in!

Neestemmer ·

En die wat so fluks registreer is nie bekommerd oor die feit dat die regering ‘n fonds alreeds in plek moet sit vir mense met eise oor dood en newe-effekte van hierdie ekspirimentele entstowwe sonder waarborg nie? Daar moet dalk eerder aan ‘n entstof vir “stupid” gewerk word……

SomeOne ·

en hoe de kriewel gaan ek weet met watter entstof word ek inge-ent ?

Dirk Mostert ·

Ek sal vanaf die kantlyn die globale demografiese veranderings oor die volgende paar jaar waarneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.