Soveel in SA het nou Covid-19

Zweli Mkhize
(Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency)

Altesaam 2 415 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is nou in Suid-Afrika aangemeld – 143 mense het die afgelope 24 uur positief getoets vir Covid-19.

Dit blyk uit dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se jongste verklaring dat geen nuwe sterftes in dié stadium aangemeld is nie. Die land se dodetal staan dus steeds op 27.

Dit is die grootste styging sedert die stand van algehele afsondering ingestel is, naas 12 April, toe dit met 145 gestyg het.

Die epidemioloog prof. Salim Abdool Karim, voorsitter van die ministeriële raadgewende komitee, het Maandagaand gewaarsku indien die daaglikse toename in getalle vandeesweek meer as 90 is, sal die tydperk van afsondering verleng moet word.

Volgens Mkhize is 87 022 toetse tot op hede uitgevoer.

Die grootste styging is in KwaZulu-Natal aangemeld. Altesaam 70 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur in dié provinsie aangemeld. Die minister het die provinsiale verspreiding soos volg bevestig:

Gauteng – 909

Wes-Kaap – 643

KwaZulu-Natal – 489

Oos-Kaap – 174

Vrystaat – 98

Limpopo – 24

Mpumalanga – 22

Noordwes – 22

Noord-Kaap – 16

Provinsie onbekend – 18

Volgens die wêreldbarometer Worldometer se statistieke rakende die nuwe koronavirus is 1 940 783 gevalle van Covid-19 oor die hele wêreld aangemeld. Altesaam 120 925 pasiënte het reeds weens die virus omgekom en 459 986 het reeds herstel.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

andre ·

Anel more ja jy vra n baie goeie vraag hier. En as dit sou plaas vind wat se kos gaan hy gee ?? Glo my as ek jou dit mag noem vleis en groente sal nie n deel van daai kos wees nie,en tog mens se ligaam moet groente in kry om n teenstand op te bou teen die C19. So ek hoop en bid jy kry n antwoort op jou vraag.
groete
Andre

Die Wolf ·

Daar is al klaar moeilikheid met wat Sassa belowe het. Die lot praat te gou voordat hulle met n plan wat georganiseerd is vorendag kom. Klink vir my meer na politiekery. Voedsel maak die maag vol en lee beloftes nie. Veskonings is altyd aan die orde van die dag wanneer die onbevoegdheid skeef loop.

andre ·

My vraag aan al die slim mense in Suid Afrika , hoekom wort diere nie ook geraak met C19 nie net mense. Tog diere het ook longe soos mens nie waar nie le die antwoort nie by diere nie begin daar na kyk ook.

Groete
Andre

Andre ·

Maklik om te se verleng die tydperk maar SA se ekonomie kan dit dood eenvoudig nie hanteer nie. Die slim koppe wat se verleng sien nie hoe die massas steeds in die dorpe rond hang in die klein dorpe sien ons dit so ek wil nie eens weet hoe lyk dit in die stede nie.
Stop alle publieke vervoer dwing die mense om tuis te bly en hersien wat word as “essensial services” gesien.
n straat smous wat tamaties verkoop is nie jy kan dit in n beheerde plek koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.