Soveel in SA vir koronavirus getoets

Lande is gemaan om nié onkant betrap te word deur die koronavirus nie. (Grafiek: ANA)

Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) het bevestig hy het reeds 61 individue sedert die uitbreking van die koronavirus getoets. Nie één van die pasiënte het positief getoets vir die gevreesde virus nie.

“Daar is dus geen bevestigde gevalle van die 2019-koronavirus (2019-nCoV) in Suid-Afrika aangemeld nie,” het Sinenhlanhla Jimoh, woordvoerder van die Nios, Dinsdag gesê.

Luidens ʼn verklaring bly Suid-Afrika ʼn voorkeurbestemming vir reisigers en ontvang die Kaapstad Internasionale Lughawe en Oliver Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg daagliks talle reisigers.

Die Nios verseker dat alle binnelandse lughawens, insluitend dié twee, egter op ʼn hoë gereedheidsgrondslag bly sou ʼn draer van die koronavirus die land binnekom. “Dit is moontlik dat ons ʼn geval kan opspoor en as sodanig wil ons die publiek verseker dat sou dit gebeur, die land goed voorbereid is om dit te hanteer,” sê Jimoh.

Volgens Jimoh het 130 gesondheidswerkers, onder wie dokters, verpleegsters en nooddienste, Dinsdag opleiding by die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp in Noordwes ontvang. Dié opleiding sluit in watter monsters van pasiënte geneem moet word om vir die koronavirus getoets te word asook hoe om ʼn bevestigde geval te behandel.

Suid-Afrika se buurland Namibië het sedertdien ook ʼn mobiele hospitaal naby die Hosea Kutako Internasionale Lughawe buite Windhoek opgerig vir die behandeling van pasiënte wat met die virus dié land mag binnekom. Die hospitaal beskik oor 18 beddens asook ʼn waakeenheid met twee beddens.

Die Nios vra Suid-Afrikaners om gesondheidsbewus te wees en die nodige higiëne te handhaaf te midde van vrese oor die virus. Simptome sluit koors en asemhalingsprobleme in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Gogga maak vir baba bang…volgens akAdemiese verslae is coronavius rreds in 1931 geidentifiseer…en nog nooit iemand doodgemaak nie….maar dit word gesensor…

Carolus46

This might be a lead to follow up on?

On twitter

???? ???? ???? ????

@MarkSmit222

Replying to
@BeholdIsrael
My good friend’s colleague, Steve Gouws, working at international Chinese company, ZTE, Cape Town, South Africa died at 13:00 today after being exposed to another colleague who returned from China last week. Hospital refused to say Corona virus. They claim it’s swine flu.
5:47 PM · Feb 7, 202

charmaine

“Die land is goed voorbereid om dit te hanteer” Asseblief! Die plek is voorbereid op NIKS.
Is nie eers voorbereid vir slaggate in paaie, swak gesondheidsdienste, swak misdaad bekamping….die lys is so lank ek sal my aantal woorde oorskry.

Asgat

Wat my bekommer is dat ons “fantastiese” staats hospitale nie eens sal weet as iemand die Corona Virus het of gehad het nie. Ek was baie siek so twee weke terug en is na n’ private mediese praktyk. Ek is nie eenkeer gevra of ek dalk oorsee was nie. Geen bloed toetse is gedoen nie, selfs al moes ek drie keer terug gaan omdat ek net sieker geword het. Gelukkig was dit nie die Corona Virus nie maar wat as dit was? Daar was meer as 50 mense in die praktyk uitsluitende die dokters en susters….

RS

Die land het nie eens n weermag wat in gelit kan loop nie…wat nog te se van n virus keer.