Soveel internasionale toeriste besoek SA in 2016

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Die ministerie van toerisme het Maandag bekend gemaak dat meer as 10 miljoen internasionale toeriste Suid-Afrika in 2016 besoek, het, dit is 13% meer as in 2015.

“Dit is baie meer as die wêreldwye groeipersentasie vir dieselfde periode. Na raming het ongeveer 1,2 miljard internasionale toeriste in 2016 deur die wêreld gereis, wat ʼn groeikoers van 3,9% op 2015 verteenwoordig,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

“Die rol van toerisme word in Suid-Afrika al hoe meer belangrik. Suid-Afrika het ongeveer R36 miljard in 2015 uit toerismehandel verdien, aldus Statistieke Suid-Afrika. Dit is ʼn baie groot stabiliserende faktor vir die nasionale rekening.”

Die departement het gesê die verskillende reispatrone en gedrag van reismarkte onderhou ʼn groot en diverse sektor van ondernemings oor Suid-Afrika heen.

Derek Hanekom, minister van toerisme, het al die mense geloof wat hard werk in die privaat en publieke sektor om toerisme te ontwikkel en te bevorder en om besoekers van uitstekende diens te bedien en goeie herinneringe te bou.

“Die wonderlike groei in die toerismebedryf dui op ʼn noue samewerking tussen verskeie regeringsdepartemente, tussen die departement van toerisme en nywerheid, en tussen die verskaffers en diensverskaffers op die grond,” het hy gesê.

“Ons het goed gevaar om te kapitaliseer op ons status as ʼn waarde-vir-jou-geld-belegging, en bied ʼn wye verskeidenheid van ervaringe vir alle toeristemarkte.”

Hanekom het gesê die prestasie van die toerismebedryf dui op sy uithouvermoë om werkskepping te ondersteun, een van die eienskappe van dié bedryf wat veral belangrik is vir Suid-Afrika.

“Toerisme raak elke Suid-Afrikaner,” het hy gesê. “Gegewe die belangrikheid daarvan, moet ons seker maak ons koester dié bedryf en bevorder invloedryke strategieë en programme vir volgehoue, inklusiewe groei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Alida ·

Duidelik weet hulle nie hoeveel moorde en verkragtings vind DAAGLIKS in SA plaas nie.

Christa ·

Moenie bekommer nie, dit word nie deur Hanekom genoem dat dit die Sjinese was en hulle is hier vir ons wild wat so uitgemoor word en vir al die kontrakte wat hulle van Zuma en die ANC kry!!!

Hewitt ·

Sluit dit net die wettige besoekers in? As hulle al die grens-kruipers moet insluit is dit seker amper dubbeld soveel!

AL ·

Doen Immigrasiebeamptes hul werk om die onwettige immigrante se toestroom na SA te keer?

Johan ·

Ja en 9,5miljoen is onwettige boosdoeners of is dit nou besoekers??

Reinhardt ·

Geluk aan almal wat hierdie moontlik gemaak het, SA is ‘n besonderse plek vir enige mens om te besoek.

Vir al die negatiewe mense hierbo… het julle niks anders om te doen nie?

Amanda ·

Kan dit amper nie glo nie… stem saam met Johan die besoekers kan bly wees hulle gaan lewendig terug.

dance ·

Baie dankbaar vir alle betrokke instansies wat die prestasie bereik het. Sidder net met die gedagte dat as die toeriste self hulle daaglikse behoefdes sou moes aankoop hoeveel rassiste ons grense sou verlaat.

Toeris ·

Sluit dit die onwettige immigrante en Nigeriers in ? Die toeriste kom besoek SA net omdat dit so GOEDKOOP Is hier met die RAND wat geen waarde het omdat ZUMA en MALEMA kort kort hulle groot MONDE oopmaak nie. Enigeen gaan vir ‘n BARGAIN!

Susan ·

Ja, duisende besoekers, maar hoeveel sê; “never in my life again.” Ek glo al trekplyster is dat buitelanders meer met hul geld hier kan doen as op ander lande, maar as hulle eers gesien en beleef het hoe dit is kom die woorde ….Never in my life again.

Pietser ·

Ek het nog nie een toeris ontmoet wat nie wil terugkom SA toe nie. Die mense is mal oor die plek

Johann Barnard ·

Pietser,hulle is so bly hulle lewe nog hulle sal enige iets se.

Jannie ·

Nee wat, daar is nie nog ‘n land in die wereld wat so baie vir ‘n toeris bied nie en ek was al byna oral. The world in one country is nogal ‘n goeie beskrywing vir SA.. Baie trots om in so ‘n pragland te bly…veral in ‘n fantastiese stad soos Kaapstad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.