Soveel kan in komende verkiesing stem

Foto: Maroela Media

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bekend gemaak dat meer as 26 miljoen Suid-Afrikaners in die komende verkiesing mag stem.

Die OVK het die kieserslys met die name van 26 756 898 kiesers daarop gesertifiseer. Dit is ook op die OVK se webtuiste gepubliseer.

“Die kieserslys het sedert sy ontstaan voor die nasionale en provinsiale verkiesings in 1999 ʼn bestendige groei van meer as 47% getoon en bevat die hoogste getal geregistreerde kiesers tot dusver,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, gesê.

“Dit is ʼn toename van 1 366 748 kiesers sedert 2014.” ʼn Totaal van 14 716 879 (55%) van die geregistreerde kiesers is vroue. Die provinsies met die meeste geregistreerde kiesers is Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Volgens Bapela is die grootste groep geregistreerde kiesers, in terme van ouderdom, tussen 30 en 39 jaar oud. Die groep maak 6 685 472 (24,99%) van die kieserslys uit.

Digitale afskrifte van die kieserslys is ook aan die politieke partye wat aan die verkiesing deelneem gestuur.

Niemand kan meer vir die verkiesing registreer nie. Vir die nasionale verkiesing het 48 partye geregistreer terwyl 76 partye vir die nege provinsiale verkiesings geregistreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

Eintlik moet jy net kan stem as jy n belasting no het …sien hoe vinnig dinge regkom hier as dit die geval is want almal staan bakhand !

Arno ·

Hoeveel van die 26M is onwettige immigrante met vals ID’s? By my op die plaas werk n Malawi burger, ses maande in die land en het reeds n RSA ID en geregistreer as kieser. Kan nie n woord Engels praat nie.

John ·

… en hoeveel stembusse gaan in slote beland… Hierdie verkiesing gaan grootliks betwis word weens skelmstreke. Dit is mos die in ding in SA.

sweis ·

Ek het geregistreer om maar weer vir die DA te stem maar besluit ek gaan ophou om my volk te verraai en my gewete te verkrag daarom sal ek en my familie VF+ stem.

En toe ? ·

Stem en stem maar weer….. hulle doen dit al vir 25 jaar. En wat het verbeter? Ons gaan met ons voete en tasse stem – die enigste en beste besluit ooit – vir ons kinders se onthalwe.

Stebastiaan ·

Al verloor die ANC sal hy nog steeds weier om mag oor te gee. Eintlik is dit ‘n vermors van geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.