
Studente en lede van die EFF betoog in Johannesburg vir gratis hoër onderwys. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)
Universiteite moes die afgelope jaar amper R33 miljoen opdok om universiteitseiendom te herstel wat tydens studentebetogings beskadig is.
Volgens dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, het universiteite landswyd deurgeloop onder gewelddadige betogings wat daartoe gelei het dat infrastruktuur deur betogende studente beskadig is. Die inligting is gegrond op inligting wat van 21 van die land se 26 universiteite ontvang is.
Betogings vind sedert 2015 sporadies op universiteitskampusse plaas deur studente wat gratis wil studeer.
Volgens Nzimande moes die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie onlangs R2,6 miljoen opdok om klaskamers te herstel wat tydens betogings aan die brand gesteek is. Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in die Vrystaat se Bloemfontein- en Welkom-kampus is verlede jaar tydens betogings beskadig en herstelwerk het dié universiteit amper R1,5 miljoen uit die sak gejaag.
Altesaam sewe gevalle van vandalisme tydens studenteoptogte verlede jaar het die Universiteit van Johannesburg R202 800 gekos en die Universiteit van KwaZulu-Natal moes ʼn allemintige R27,3 miljoen opdok om geboue wat tydens betogings gebrand is, te herstel. Dit het die universiteit amper sewe maande geneem om herstelwerk te voltooi.
Die Universiteit van Fort Hare het amper R500 000 bestee aan herstelwerk vanweë vandalisme en skade weens betogings het die Universiteit van Wes-Kaapland R166 000 gekos.
Die departement wag nog vir inligting van die Universiteit van Zoeloeland, die Vaal-Universiteit vir Tegnologie en die Walter Sisulu Universiteit af.
“Niks van die skade wat aangerig is of vandalistiese optrede kan geregverdig word nie,” het Nzimande gesê. Die minister het ʼn beroep gedoen op alle wetstoepassingsowerhede om vinnig op te tree teen enige gewelddadige optrede en beskadiging van openbare en private eiendom.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Waarom word diegene wat die skade aanrig nie daarvoor verantwoordelik gehou en gestraf nie?
Baie bly iemand begin dit raaksien. Hul vernietig net
Nee wat hierdie bedreigde spesie kan nie vreedsame betogings hou nie pffft! Laat EFF’ers maar op dok aangesien hulle net brand en breek waar hulle gaan. Mens werk en betaal self vir wat jy wil hê, maar hulle verstaan dit nie eish!
Hulle volg die voorbeeld wat aan hulle gestel word. Onthou eff met die sjampoe storie. Kyk gister in Pta. As iets nie hul way gaan nie dan brand en breek dit net. Maak vuil, gil en toi toi om dit nou n volwaardige tantrum te maak. Net in die argiewe bestaan daar nog n beskaafde SA.
Blade maar dit moet vir jou bekend klink wat het jy as persoon in jou jong dae as student by n Natalse Universiteit aangevang MAW wat het nou na al die jare verander.Dit is miskien net dat die skoen nou aan n ander voet is.