Soveel kos weermag se ontplooiing in Wes-Kaap

Lede van die weermag kom in Blikkiesdorp in Delft aan. Foto: Brendan Magaar/African News Agency(ANA)

Die ontplooiing van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die Wes-Kaap gaan sowat R23 miljoen kos.

Pres. Cyril Ramaphosa het Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, in ʼn brief gedateer 17 Julie ingelig oor die ontplooiing van lede van die weermag om hul samewerking aan die polisie te gee.

“Dit dien om die Nasionale Vergadering in te lig dat ek 1 320 lede van die SANW ontplooi het vir diens in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir die voorkoming en bekamping van misdaad en die instandhouding en behoud van wet en orde in die Wes-Kaap.”

Volgens Ramaphosa sal lede van die weermag van 18 Julie tot 16 September in die Wes-Kaap ontplooi wees en is die ontplooiing ingevolge art. 201(2)(a) van die Grondwet gedoen.

Bheki Cele, minister van polisie, het op 11 Julie tydens die lewering van sy begrotingsrede bekend gemaak dat soldate saam met polisiebeamptes in bende- en moordgeteisterde gebiede op die Kaapse Vlakte ontplooi gaan word.

“Ons sal dit doen by Khayelitsha, Philippi, Harare, Gugulethu, Mfuleni, Kraaifontein, Mitchells Plain, Bishop Lavis, Delft, Elsiesrivier en Nyanga,” het Cele aan LP’s gesê.

“Ons gaan van deur tot deur gaan en op elke onwettige vuurwapen beslag lê. Ons sal al die misdadigers wat ons soek, bymekaarmaak.”

Die ontplooiing van die weermag was deel van “buitengewone” maatreëls wat ingestel is ná ʼn bloedige tydperk in die Wes-Kaap.

Dit volg ook ná herhaalde versoeke van die Wes-Kaapse regering om die vlaag bendegeweld en misdadigheid in die provinsie te prioritiseer.

Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het vroeër gesê daar is tussen Januarie en Junie vanjaar 1 995 onnatuurlike sterftes, wat deur skietwonde en skerp voorwerpe veroorsaak is, aangemeld.

“Ons kan nie normaalweg voortgaan en moord en misdaad in die provinsie as alledaagse sake hanteer nie. Ons het oplossings nodig wat ons gemeenskappe gaan stabiliseer en blywende vrede kan teweegbring,” het Fritz gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Oujongvrou ·

Wonder of kan die bendes nie werk gegee word op plase nie. Ter beskerming vir die boere.

Strandloper ·

R23 miljoen…vir wat…elke dag se takeaways? Ratpacks bestaan seeker nie meer?

Jy bedoel ·

Ek wonder of die bendes nie op plase werk gegee kan word nie – ter beskerming van die boere nie.

Michael P ·

R23 miljoen .Hulle is dan elke dag in die weermag. Is dit dan nie deel van hulle take nie. Wie steek nou weer hulle hande diep in die sak met BAIE note?

Johan Swart ·

Ou Cyril se inhuldiging was n R100 000 000.00 ( 1 honderd miljoen Rand) goedkoper as die vorige keer…wonder wat het dit eintlik gekos as die discount wat ons publiek die keer gekry het maar slegs n honderd miljoen rand is….

Derick ·

Wat is dit met die ANC regeringbdat hulle altyd vir almal moet wys wat kos iets, soos om te sê ” ooooo, kyk, ons werk met jou belasting geld en dit is wat dit kos”? Voor ’94 is die dienste ontplooi, werk gedoen en daar, beweeg aan na die volgende ontplooiing. ANC, maak eerder bekend hoeveel jul regering die land daagliks kos aan wanbestuur as om aandag daarvan te probeer deflekteer met berigte oor wat dienste, wat julle in elk geval moet lewer, kwansuis die land kos. As julle voorkomend optree in alles wat julle moet doen rakende dienslewering, dan sal hierdie geisoleerde aksies van tyd tot tyd nie nodig wees nie !

WILLEM ·

Kan nie verstaan dat die Polisie nie die Bendes kan aankeer en opsluit nie. Hoekom die weermag gebruik – gaan hulle dan die bendes uitroei met lewendige ammunisie??

Hannetjie ·

Wat die koste is is irrelevant.Feit is…dit moes al jare gelede gedoen gewees het.Om so in vrees te leef en geliefdes word afgemaai is ‘n skande vir die regering.Die wat ernstige besluite.. soos hierdie ontplooiing van die weermag…moes geneem het…bly in mansions met sekuriteit wat jou asem wegslaan.Die regering skuld daardie inwoners …geld…baie geld.

koos ·

Vanaf die vroeë 1990’s doen die SAP afgedeelde diens in die Kaap (bv. Operasie Goeie Hoop) maar elke jaar word die SAPD se begroting kleiner en die bekwame lede tree af of bedank. Nou het die situasie ontstaan dat die SAPD se hande afgekap is. Neem ook in ag dat die bendes groei danksy werkloosheid ens. Ongelukkig gaan niks verander nie, behalwe as die mense se omstandighede gaan verander.

Deon ·

Wat my bekommer Koos is dat dit wat op die Kaapse vlaktes afspeel dalk die voorspel is van wat in die res van SA gaan gebeur.

Haarmald ·

Die bendes slyp hulle tande vir die weermag. Hulle gaan nou lekker baie vuurwapens en ammo buit.

En hulle het lekker baie tyd gehad om gerieflik voor te berei en solank roetes ye skuif en sulke goed.

Johanna Botha ·

Net nog n bewys hoe useless die polisie is ! Die plek se probleme begin by die gebroke gesinne waar kinders sonder waardes groot word en dit nie norm raak …glo my die probleme is hier om te bly en dit is die gemeenskap self se skuld !

Grassie ·

Hierdie kosteberekening is sommer ‘n twakstorie. Dit sluit salarisse, brandstof, voedsel en sulke noodsaaklikhede in. Die soldate sou mos in elk geval hul salarisse kry, met opleiding besig gehou word en kos gegee word, of hulle nou in hul barakke lê en niksdoen of in die veld rondjaag met hul voertuie en denkbeeldige vyande aanval. Nou word hulle ten minste produktief gebruik tot voordeel van die land (ek hoop so) en is nie net ‘n nuttelose uitgawe nie.

Kobus ·

Die meeste troepe is ingevlieg van bassise in ander dele van die land. Voertuie is ook per pad ingebring. Brandsstof is duur. Soldate kry dagtoelaes , ongeriefstoelaes en gevaartoelaes. Veldkombuise moet ook ingerig word. Hierdie troepe is voltydse soldate, nie die dienspligtiges van ouds wat ‘n paar rand per maand gekry het nie. Uitgawes klim vinnig.

Michael ·

Dit lyk my geld is meer werd as lewens dit is hoekom hul doe kostes verwerk het nou doen hul darm iets vir hul pay.

Stan ·

Kos niks meer nie.
Ons betaal reeds hulle salarisse, brandstof ens. Die feit is dat ons belasting betalers nou net waarde kry.

Ivan ·

Dit werk uit op so R 17,434 per persoon. Ek verstaan daar is ook ander kostes soos vervoer ens maar dis darem hoog.

Spike ·

Oujongvrou, asb nie die bendes op plase nie, grootste misdadigers.

Piet ·

1 helikopter vlug van 1 uur kos R75000. 1 C130 vlug per uur kos R87000. Die vliegtuie is aangewend om die soldate in te vlieg. Die heli word vir verskeie take gebruik. Die troep by hul tuis eenheid gaan elke dag huis toe en lê ni 24 uur in barake nie. Daar is 1300 slodate wat 3 etes per dag kry vi die vlgde 3 mnde. Die voeruie moet branstof kry. Ander logistieke uitgawes moet gedek word. Julle sit vanaand leke cosy met n brandewyn in die hand of n hot choclate op die bank en kritiseer. Die heel week is dit koud en nat. Die soldate word vanaf laaste lig tot laat ontplooi en vroeg oggende. Nie 1 van julle wat so lekker kommentaar lewer bly in die areas nie. Vir die tydperk wat die SANDF aangwend word is vir daai gemeenskappe goud werd. Die weermag word ontplooi in ondersteuning van die SAPS en om n sekere mate van stabiliteit te bring. So hou so bietjie terug met die kritiek as jy self nie weet wat aangaan nie.

Deloris ·

Mooi so????????
Wie kry aandag mbt misdaad as of die skollies nou voedsel voorsien vir die land… Maar ons boere mis die agtetspeen nog steeds????????????????????????

Andre ·

Dit kos ekstra geld om die die weermag in te roep. Daar gaan sekerlik ongeriefstoelae en gevaartoelae aan soldate betaal word. Hierdie ouens gaan nooit so gelukkig lyk op patrollie tensy hulle ekstra geld kry nie.

sweis ·

En dit net omrede die polisie nie hulle werk kan of wil doen nie.

Sarel ·

Alles is nie altyd die Polisie manne of vroue se skuld nie. Polisie word nie opgelei en toegerus deur Bestuur wat tot in die Parlement strek en indien hulle net bietjie hardhandig optree dan word daar teen hulle opgetree terwyl die misdadiger deur die wet beskerm word.

Weet net ·

Bring terug die lotelingstelsel wat destyds deur die polisie gebruik is. Immers sal hulle soos ware polisiebeamptes kan optree.

Christa ·

Die nuwe regering Kan net geld mors. Dit Kos Ons belasting betalers miljoeners om nie belasting betalers te akkomodeer. Los die mense dat hulle mekaar uitmoor.

Kallie ·

Christa, as hulle mekaar uitgemoor het kom die wat nog leef vir jou……

LR ·

Sê ek ook Grassie. Hierdie berekening van hulle is baie misleidend. Ek dink in elk geval hulle moet oproere,bendegeweld en gewone misdaat deel maak van hulle opleiding. Ons is mos nie in n oorlog gewikkel nie, hulle kan die weermag permanent by die beheer van hierdie goed gebruik. Dis beter as wat hulle in hulle barakke lê en niks doen nie.

humor ·

Oujongnooi hoooooooeeeeee dink jy man geen regdenkende boer sal mos vir sy en sy gesin se dood doelbewus aansoek doen nie. laat hulle in die diepste mynskag neerdaal sonder lig want hulle gaan mos vir die werke van die duisternis, maar darem nie sonder ryswater nie.

Nico ·

Die ouers van daai skollies weet hulle kinders is betrokke, laat hulle self hulle gemors op los, hulle deel tog op een of ander manier in die delm geld. Hoekom sal die staat tog die delm probleem wil oplos as dagga nou legal is en wat is volgende Ha ha ha ha

Tammy ·

Nico,jy slaan die spyker op die kop…Hierdie gemors ontstaan in die ouerhuis, en baie van die vroue wat hierdie kinders in die wereld bring is dwelm verslaafd, en wynsuipers en gee niks om nie. Die groter kinders verkoop dwelms en sorg vir die mammie wat nie haar kroos versorg nie. Dan se wetgewing jy mag nie jou kinders pakslae gee nie , hulle kan polisie toe hardloop. Nou se ek jou die regering het gehelp om met hierdie tipe wetgewing van kinders nie tug nie , hierdie situasie te skep en klaar!

Marius ·

Die geld is vir al die vetkoeke wat hulle daagliks gaan verslind.
Anders weet ek nie…….

SjN ·

Marius, vetkoek benede hul stand, KFC in n gastehuis, tente en barracks bestaan nie meer nie.

Quintus ·

Ek sien baie mense hier het baie om te se. Niks wat julle se het enige waarde tot die berig nie. Ek is baie bly ek word nie ontplooi om enige Kaapse Bendelid teen te staan nie ! Onthou daai bendelid baklei elke dag vir sy lewe en geen soldaat gaan beter weet as hy nie. Baie sterkte aan elke SA Weermag lid (gesin) wat net ondersteunend aan die SAP is. Ek hoop julle sien weer julle kinders of familie. Dalk wil daai ou van die weermag nie eers daar wees nie maar hy moet maar doen wat vir hom gese word om te doen of hy gaan DB toe (soos ons ou manne !).
Sterkte aan julle wat oordeel oor iets waaraan jy nie dierek blootgestel is nie maar steeds komentaar lewer asof jy daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.