Soveel kry parool om Covid-19 te bekamp

Argieffoto Foto: veooz.com

Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê 6 128 gevangenes is tot dusver op parool vrygelaat om die verspreiding van Covid-19 in tronke te bekamp.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Mei aangekondig dat 19 000 “lae risiko”-gevangenes oor 10 weke op parool vrygelaat sal word. Hy het gesê die besluit is geneem ná ʼn versoek deur die Verenigde Nasies om bevolkingsgetalle in tronke te verminder in die stryd teen Covid-19.

“Ons het reeds 6 128 gevangenes vrygelaat. Dit vereis ʼn noukeurige proses waarby slagoffer-oortreder-bemiddeling betrek word en DNS-monsters deur die polisie geneem moet word,” het die departement gesê. “Gevangenes wat vrygelaat word, is diegene wat die betrokke rehabilitasieprogramme ondergaan het om hul gedrag reg te stel.”

Die departement het gesê sy rampbestuurstrategie duur voort by sy 243 korrektiewe sentra landswyd. Die strategie fokus op die welstand van gevangenes en beamptes. “Alle gevangenes het toegang tot gehalte gesondheidsorg, kragtens die bepalings van die Verenigde Nasies se minimum standaarde vir die behandeling van gevangenes.”

Volgens die departement is minstens 3 688 gevalle reeds in die bedryf aangemeld. Hiervan was 2 203 beamptes en 1 485 gevangenes. Die getal infeksies onder gevangenes verteenwoordig 1,03% van alle gevangenes. “Ons het ook 2 235 persone wat reeds herstel het (1 231 gevangenes). Daar is dus 239 aktiewe gevalle onder gevangenes.”

Vyftien gevangenes en 31 beamptes is reeds weens Covid-19 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anel ·

Mens kan net lag. Laat misdadigers vry om plek te maak vir mensr wat corona regulasies oortree. O, hierdie regering is SIEK!!!!

Isabella ·

Van waneer af luister hul na di VN ??? begin dan ook te luister na korupsie plaasmoorde ens ens Hoeveel wittes gan vrygelaat word???

JohanR ·

Word daar nou plek gemaak vir die wat gevang word sonder ‘n masker? Hierdie ANC regering is ‘n grap!

Pieter ·

Gevangenis het meer regte as ons hulle kry nog sigarete om te rook. Die land en sy regstelsel is n grap.

Maritha ·

Hahaha. Was dit nie die einste VN of sommer die outydse engelse wat glas stukkies in die medisyne gegooi het en sodoende duisende klein kindertjies vermoor het wat in konsentrasie kampe (gevangenis) was nie? Gmf! Watse minimum mediese nonsens praat hulle van?

Hans ·

Hulle laat die mense vry, maar waar gaan hulle heen, wie van hulle het familie waar hulle kan gaan bly, waar gaan hulle geld,kos en klere kry? Die mense word basies gedwing om weer na kriminele aktiwiteite oor te gaan net om te oorleef, en is tien keer meer vatbaar vir die virus omdat hulle nog nie die masker en sanitize reels ken, of kan bekostig nie

Wondermaarnet ·

Ag wat maak sommer die deure oop dat hulle kan in en uit soos hulle wil en verder moor, roof en verkrag. CR het klaar bloed aan sy hande. Soek ‘n verskoning om sy nasie vry te laat.

Nie Verbaas ·

Watter rehabilitasie program? Hoe om misdaad te pleeg sonder om gevang te word?

Genis ·

Ware misdadigers word vrygelaat, maar jy mag nie rook of drink nie…shame…

Esta ·

Bekamp die virus in die tronke maar versprei dit onder die landsburgers…?

Genis ·

As ek in my huis moet bly, kan hulle ook seker in hul selle bly? 1 + 1 is weer 3 vir hulle

Johannes Andries ·

Hoop my bydrae word nie weer verwyder nie(gemodereer)
Sal nogal wil weet hoe hulle gaan oorleef met die dat daar geen werksgeleenthede is nie? Dalk staatsdiens aanstellings wat vir hulle geskep sal word. Of is dit die regering se siening van entrepreneurs skep ping, dat hulle nou self werk moet skep vir hulle bestaan – klink vir my na roof en moord om hulle aanslag op boere te verhoog

Scalla ·

Daar word seker plek gemaak vir wetsgehoorsame burgers wat nie maskers dra in die openbaar nie!!!

Charmaine ·

You must be kidding me. Sigarette en Alkhol word verban, gevangenis word vrygelaat omdat hulle betrokke is by “rehabilitasie program”???? Ons almal weet reg oor Suid Afrika is basiese dienste
nie eers in plek nie waar dan nou nog “rehabilitasie programme”?????

Jack ·

In die tronk kan die gevalle bestuur word maar buite gladnie. Wat sou die logieka hier wees. Werkloses word vrygelaat om te roof om te kan oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.