Die departement van energie sê die petrolprys daal Woensdag in Gauteng met R1,84 per liter vir graad 93 sowel as 95.
Dieselpryse daal terselfdertyd met onderskeidelik R1,45 en R1,47 per liter, terwyl paraffien se prys met R1,33 en R1,87 per liter sal daal.
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Woensdag voorspel op grond van die ongeouditeerde maandeind-brandstofprysdata van die Sentrale Energiefonds sal die prys van petrol, diesel én paraffien in Desember daal.
“Hierdie aansienlike dalings spruit uit ʼn kombinasie van beduidende dalings in internasionale petroleumpryse en ʼn effens sterker rand wat sterker teen die dollar verhandel het ná dit vroeg in September by R15,50 teen die dollar gedraai het,” het die AA toe gesê.
Ja sure en Januarie weer met R2.04c styg?????
Ons betaal in elk geval steeds 50% te veel
Nou wonder ek maar net, alles wat so op gegaan het as gevolg van die brandstof pryse, gaan dit ook nou daal? Nee , ek glo nie en dit is wat ons mense dood maak.
In 2008 het die Rand verswak tot amper R15 en ruolie het verhandel tee $120/vat. Petrol was tot net oor R10/L.
Vandag verhandel olie teen onder $70/vat en die Rand staan onder R14.
Hoe is hierdie dan goeie nuus?
Ek is amper seker daarvan as SA olie verniet sou kry dan sal petrol nog bo R10/L wees.
Diesel was n paarmaande teug omtrent n rand goedkoper as petrol, nou is diesel amper n rand duurder as petrol. Amper R2 verskul in n paar maande. Hoekom????
Beplande strategie van ANC korrupte regering. Hoe hoër dieselprys, hoe hoër produkpryse. Dus in hul meer BTW. En dan kan sakke meer gevul word met hul alewige vingers in die geld laai.
Dit is goedkoper om diesel te maak as petrol maar nou word daar gesê dit kos duurder, dit is n leun. Die staat skep nou baie meer want die mensdom koop diesel voertye dus groter wins vir staat. Die staat skep miljoene Rande by die brandstof om vir al die welsyn wat hy geskep het te kan betaal
Is ek reg.. daal die prys net in Gauteng? wat van die res van die land?
Wil ek ook graag weet.
Vakansie tyd vir die massas wat die suidkus gaan toepak, Jan en Feb styg die pryse weer drasties.
Indien daar enige patriotisme in julle is, maak julle tenks vol nou (soos voor Woensdag) want die land nodig die inkomste. Moet nie gemeen wees nie en vul nou en weer voor Woensdag. Wees ‘n patriot. Ondersteun hierdie sukkelende land en moet nie net wag vir uitverkopings nie. Moet nie kroek nie…. ondersteun hierdie sukkelende splinternuwe stokoue korrupte Suid Afrika. Gaan vul jou tenk nòu en Dinsdagaand.