Sóveel misdadigers vrygelaat op ‘spesiale’ parool

(Argieffoto: Unsplash)

Byna 14 000 gevangenes is reeds op parool vrygelaat sedert pres. Cyril Ramaphosa ’n jaar gelede spesiale paroolvrystelling vir duisende sogenaamde “lae risiko”-gevangenes aangekondig het om die verspreiding van Covid-19 in tronke te bekamp.

Altesaam 126 (0,9%) van die 13 989 oortreders wat reeds op spesiale Covid-19-parool vrygelaat is, was teen April vanjaar weer in aanhouding nadat hulle weer met die gereg gebots het.

Die portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste het Woensdag met die departement van korrektiewe dienste in gesprek getree oor hul vordering met die vrylating van oortreders op spesiale Covid-19-parool.

Sowat 19 000 gevangenes wat hulle skuldig gemaak het aan nie-gewelddadige misdade, sou aanvanklik weens die Covid-19-pandemie op parool vrygelaat word.

Luidens ’n verklaring deur die komitee is dié syfer egter later na 18 544 kwalifiserende gevangenes verminder, nadat die omstandighede van die gevangenes weer nagegaan is. Die syfer is later verder na 17 922 verminder nadat nog aanklagte teen sommige van die gevangenes aanhangig gemaak is.

Volgens die departement is die spesiale paroolvrystelling suksesvol geïmplementeer. “Daar moet egter nog meer gedoen word om gemeenskappe meer betrokke te kry by die monitering, rehabilitasie en herintegrasie van oortreders op parool en probasie om ʼn gladde herintegrasieproses te verseker,” meen die departement.

Seksuele omgang in tronke

Die komitee het ook gister tydens ʼn sessie inligting ontvang oor beweerde voorvalle van seksuele omgang tussen gevangenes en korrektiewe amptenare.

Maroela Media het vroeër berig twee korrektiewe beamptes van ’n korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal is verlede maand summier ontslaan nadat ’n video aan die lig gekom het waarin gesien kan word hoe ’n vrouebeampte seksuele omgang met ʼn mansgevangene het. Die betrokke gevangene is ook intussen afgradeer na ʼn maksimum-oortreder en na ʼn ander fasiliteit oorgeplaas, het die komitee Woensdag gehoor.

Die komitee het ook gehoor dat dié gevalle selde in die departement se werkplek voorkom, maar wanneer dit gebeur, word dit as “veragtelik en ongelukkig” beskou en dat dit die departement se goeie naam in oneer bring.

Volgens die voorsitter van die subkomitee vir korrektiewe dienste, Qubudile Dyantyi, het korrektiewe dienste nog baie werk om te doen wat die uitvoer van sy mandaat betref.

“Jy kan uitblink in al die ander dinge, maar as jy sukkel met jou kernmandaat van rehabilitasie, help dit jou nie. Jy sal nooit herstellende geregtigheid bereik as jy nie aandag gee aan hierdie kwessies nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genis ·

Ja ou Ramapaddapot, jy is so uit gevoel…. al wat ek se: your people man? Laat gevangenis werk, harde arbeid…

Misky ·

“die departement se goeie naam in oneer bring”…… ha ha ha, watse wereld lewe hulle

Nie Verbaas ·

Ek sal graag die ANC definisie van goeie naam wil hoor.

Di ·

Ja, want die tronke is oorvol! Daar is meer misdadigers in hierdie land as wat daar polisielede is. Ongelukkig verander hierdie tipe nie, sal net weer voortgaan om misdade te pleeg. Dis alte lekker in die land van melk en heuning, enige krimineel se DROOM plek die.

ES ·

Dit is wat gebeur as jy ‘n regstelsel ob die been bring wat ‘n rehabiliterende gang volg instede daarvan om vir kriminele ‘n swaar straf op te le en dit vir hulle swaar maak in die tronk.

Maar die belastingbetalers moet maar opdok sodat die misdadigers verniet kos en huisvesting kan kry en boonop nog verniet tersiere onderrig ook kan kry.

Wat ‘n piesangrepubliek.

Gert ·

Laat hulle paaie en parke instand hou en werk vir hulle blyplek in die tronk. Maar as dit gebeur word die kriminele se sogenaamde menseregte geskend. Niemand dink egter aan die slagoffers se menseregte wat deur die kriminele geskend is nie. Na my mening wat seker niks werd is nie het die kriminele hulle regte op gegee toe hulle gemoor en roof het.

Piet parys ·

As n skelm parool kry raak al hoe skelmer om nie weer gevang te word nie. So dis hoekom die ander nog nie gevang is nie

Blikkies ·

Nog ‘n regerings Departement Pap Vrot. Die ANC bou nie nuwe skole nie, nuwe Polisiestasies nie, Hospitale nie, Universiteite nie, Glad nie nuwe Tronke nie, laat eerder die gevangenis vry en steek eerder die geld in julle sakke voordat julle na die Land omsien….

quartus ·

ons tronke is meer soos losieshuise (en jy betaal nie eers om daar te bly nie ). dit dra by tot die toename in misdaad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.