Soveel moet Zuma vir Nkandla opdok

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die Tesourie het Maandag bekend gemaak hoeveel pres. Jacob Zuma uit sy eie sak vir Nkandla moet betaal.

Die Tesourie het bevind dat Zuma R7,8 miljoen aan die staat moet terugbetaal. Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld terug te betaal wat aan nie-sekuriteitsopgraderings soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning bestee is. Die Nasionale Tesourie is getaak met die opdrag om die bedrag te bepaal.

Volgens die Tesourie moet Zuma 87,94% van die 2009-prys van die bogenoemde nie-sekuriteitsopgraderings betaal en word dit op R7 814 155 bereken. Die Tesourie voer in die verslag, wat Maandag by die konstitusionele hof ingedien is, aan dat twee maatskappye wat bestekopnames doen, gehelp het om die bedrag vas te stel. Verteenwoordigers van die maatskappye het op 10 en 11 Mei Nkandla besoek waar hulle die nodige opnames gedoen het vir kosteberamings.

Die OB het destyds in haar verslag oor Nkandla bevind dat daar meer as R12 miljoen se nie-sekuriteitsopgraderings aan Zuma se Nkandla-woning gedoen is. Die totale koste vir Nkandla het meer as R246 miljoen beloop.

Zuma sal binne 45 dae nadat die hof die tesourie se syfers goedgekeur het, die bedrag moet betaal.

Zuma het op 1 April die land regstreeks op radio en televisie toegespreek en gesê dat hy nooit met opset bedoel het om die Grondwet te verontagsaam toe hy nie gehoor gegee het aan die regstellende stappe wat die OB in haar Nkandla-verslag voorgelê het nie.

“Ek verwelkom die konstitusionele hof se uitspraak onvoorwaardelik. Ek respekteer die uitspraak en sal daaraan gehoor gee,” het Zuma gesê.

“Die hof se uitspraak het my en my kollegas gehelp om in diepte oor die saak te reflekteer. Terugskouend was daar baie sake wat anders hanteer kon word en wat nooit toegelaat moes word om so lank voort te sleep nie. Daarvoor vra ek in persoon en namens die regering om verskoning.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Kobus ·

Zuma moet dus 3.3% van die belastingbetalersgeld terugbetaal. Nie ‘n sleg belegging nie… Wie sê nog “crime doesn’t pay”?! Almal vergeet van die teerpad ter waarde van R750m na Nkandla… Nee kyk, Zuma is ‘n gesoute besigheidsman! Hy sal waarskynlik ‘n ere doktorsgraad in ekonomie van UNISA kry die einde van die jaar.

wessel ·

Dis belaglik. Wie se arms is nou weer gedraai? Daar is baie meer weelde waarvoor hy moet opdok.

Johann ·

Ha…bludi ha ha. Geweet dit gaan kleingeld wees met lekker sawwe gebakte brooikies aa verklarung en verskoning. En hy gaan bloot bakhand staan by sy pelle wat hy bevoordeel het met lekker stywe kontrakte. En terloops…sulke geld moet tog iewers as inkomste reflekteer? Of is sy lewenstyl TOTAAL belastingbetalers se rekening?

Gawie ·

Moederlief,net sewe miljoen,en hy vra so nederig onverskoning. Sit nog so 100 miljoen by vir spangees,dan kan ons ” diep reflekteer daaroor”. Steel bly steel!!!

Koos Karoo ·

Om R7,8 miljoen van die totale koste aan Nkandla van R246 miljoen te betaal, beteken dat hy die Nkandla landgoed koop vir 3,2% van die koste vir die belastingbetaler. Dit is nou ‘n winskopie in enige terme gereken! Waar kan ek dieselfde winskopie kry?

marianne ·

Ha ha ha ha beste grap van die jaar! Dis nie eens wat sy vrouens se hare, naels en make-up per jaar kos nie!!!!
Vir ALLES behalwe sekuriteid moet Mnr Zuma betaal!!!! Nkandla is ‘n skande vlek vir S.A.

Liewe heksie ·

En daar gaan ons tax geld alweer want sy eie geld gaan hy nie gebruik nie

John ·

Drie raaie, wie gaan die geldjie terug betaal? Ons president self?.. of…? of… ?

Marietjie ·

Gaan SARS nou beslag le op Nkandla tot zuma die geld terug betaal het, soos wat hulle met ons wit mense maak, ek hoop dit hof maak die bedrag grooter want dit lyk na n joke. Soos iemand se kommetaar se, wat van die teerpad wat ook deur die belasting betaler bestee was. Mense ons regstelsel is pateties, die wet werk net vir die man in die straat.

A.Willemse ·

Ek hoop hy moet darem eiendomsbelasting betaal op die 246 miljoen rand wat sy eiendom nou werd is.

Cherokee ·

Jy verstaan nie, A Willemse. Sy eiendom is nie R246 000 000 nou werd nie. Die 246m was bloot ‘n opgradering op bestaande eiendom.

vermeende ·

Hy moet 7.8mil betaal van die 246mil dws die sekurietit opdradering kos 238.2……..waar bly hy Ford Knox?
Dink die tesourier regtag dat die publiek n klomp ape is en dan is daar ook nie n woord oor die rente nie.
Lekker ne. en hy moet net n redelike bedrag terug betaal.
Kan ons almal nie maar ook n lening kry op die terme van rente vry sonder n bepaling van wanneer die eerste paiement betaalbaar is en dan ook net n redelike bedrag moet terug betaal nie.

Cherokee ·

Wat ek nie kan verstaan nie is waarom hy nie alles wat op nie-sekuriteitsaanpassings bestee is, moet terugbetaal, nie.

Karma ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is waarom hy nie ALLES (100%) moet terugbetaal nie – Nkandla is NIE ‘N AMPTELIKE STAATEWONING OF -EIENDOM nie, maar sy eie, persoonlike eiendom. Hy moet verdomp ALLES terugbetaal!!!

Jordaan ·

Nie sleg nie. Kwartmiljoen se bouwerk vir minder as R8m. Hy lag nog steeds laaste. Te veel om te hoop dat SARS hom sal aanpak vir byvoordeel belasting op die res

Robby ·

Jordaan, ‘n kwartmiljoen is – twee honderd en vyftig duisend rand!!

Jordaan ·

Jammer, kwart miljard! So kwaad ek kan nie behoorlik dink nie

LR ·

Skande!!Skande!! Dink staat moet die eiendom nasionaliseer en dit in n weeshuis verander.

KarooKlong ·

Wat beteken dit: jy moet die regering van die dag onderdanig wees. ?

MJL ·

Dit is seker ‘n grap? Belaglik! Die ouens wat die somme gemaak het onderskat ons intelligensie.

Cherokee ·

Hulle onderskat nie ons intelligensie nie – hulle het bloot ons krag tot teenkanting reg geskat.

johann cb ·

Wat sou die totale waarde van Nkandla wees, “verbeterings” ingesluit?
Wonder maar net…

rudi ·

Dis Madonsella se patetiese verslag se skuld. Enige persoon met ‘n halwe matriek sal kon sien dat daar miljoene te veel betaal was vir die werk. Dis ‘n skande dat sy nie ‘n ondersoek gedoen het op die kostes self nie.

Nico ·

Ek wil graag president wees maar net solank as wat dit nodig sal wees om Nkandla te onteien en as vakansieoord te gebruik om die koste te verhaal. Ek dink daar is in elk geval meer in verkeie groepe se sakke in as wat daar in die werklike boukoste se rekening in is.

Popeye ·

Zuma se salaris is net oor 2 Miljoen per jaar so die terugbetaal is sowat 3 punt iets van jaarlikse salaris….kom ons kyk watter verhoging kry hy in 2017….. kom ons kyk ook waar kom daai bedrag van in 45 dae! Interessante tye voorwaar. Dan wag daar nog oor die 700 aanklagte….wat hy bestudeer. Ek het bietjie hoop, let wel, bietjie!

Luister ·

Sal baie interessant wees om ‘n werklike waardasie; van die hele Nkandla opstal, te sien.

Etienne ·

Belaglik ! Zuma se regsonkostes (deur die belastingbetaler gedek) was meer as dit.

Lida ·

Moenie worry nie Musi Maimane sal sy gal vir hom werk. Die DA is vasbeslote om die verkiesing te wen. Kan nie wag om vir Zuma in die hof te sien nie

Karma ·

“Wishful thinking”, Lida, “wishful thinking” ….. Daar sal nooit, ooit weer iets anders as ‘n verrotte, korrupte, misdadige ANC aan bewind wees in dié land nie; daarvoor sorg Zuma en sy kaders deur 100’e der 1000’e ‘vlugtelinge’ (Basoetos, Mosambiekers, Zimbabwiërs ens. ens.) nou in te voer na SA met die beloftes van werk, behuising ens. ens. Sodat hulle in Augustus kan stem vir die ANC.

Oom Kalahari ·

Sjoe…….’n aardige bedrag was van die belastingbetalers ontneem en daar word verwag kleingeld moet terug betaal word. Dit betaal die Gupta’s gou-gou met hul miljarde steenkool (Eskom) kontrakte. Nee kyk hier gaan dit lekker in Zimafrika en die bevoorregtes se soustrein gaan salig voort en laat net ‘n spoor van skade en hartseer onder die mensdom. Deur hierdie hele onaangename projek moet daar darem ook ‘n paar kontrak begunstiges se koppe swaai wat groot bedrae voordele getrek het uit hierdie Nkandla sage.

Bach ·

Die Opposisie het nog nooit soveel skietgoed gehad voor ‘n verkiesing nie. Ons hou julle dop om jul werk te doen. Begin by z en die SABC!

Rieks ·

Het Van Rooyen die berekening gedoen? Dink die tesourie ons is flippen onnosel??

André ·

Daai Nkandla eiendom is nie R10 miljoen werd nie.

Die R249 mijoen belastinggeld is “verduister” met Nkandla as die “rookskerm” !

Nkandla is net die spreekwoordelike “oortjies van die seekoei”. Daar is nog biljoene rande uit die staaskas “geplunder” op dieselfde manier as by Nkandla.

Korrup tot op die been!!!

Lizelle ·

Wat ñ grap!!!! Dis kleingeld vir hom. Ons sal dit seker op die ou einde betaal.

Pastoor ·

Die mens kan met allerande skelm dinge wegkom in hierdie lewe. Anderkant die graf is dit n ander storie. Elke knie sal buig en elke tong bely

Lh ·

En die groot vraag bly steeds, aan wie behoort Nkandla, nie aan Zuma nie want die grond waarop dit gebou is behoort aan die trust waarvan die Zoeloe koning n lid is. Baie slim set gewees om vir die Zoeloe koning n nuwe woongebied te bou.

snoefie ·

how belaglike tog! die “bestekopnemer” Moe’s die waarde van die Werk wat we’ll gedoen was gaan doen het. dan Moe’s dit van die total afvetrek gewees het. dan moes hulle die “nie sekuriteits” opgraderings nog afgetrek het. ek is seker hy sou dan sowat R225miljoen he om terug te betaal. dan moet ones ook nog die multimiljoene rande se opgraderings aan al die AMPTELIKE PRESIDENTS WONINGS in Pta en kaapstad ens in ag neem. ook seker in werklikheid net n paar miljoen were maar saam meer as sewehonderd miljoen voor betaal. been dannog madupi en kusile saam? dalk gaan die anc se 2017 (?) verkiesing se slagspreek wees ….. better the devil you know ” wie weet watse veranderings en veiligheidsopgraderings die volgende president gaan laat doen en hoeveel dit gaan kos.

Nico ·

R7.8m !! Snert !! Ek is goed bekend met die ligging van Zuma se kraal. Schaik het dit destyds teen ongeveer R1.5m opgegradeer. Daar word vergeet dat ‘n eskomkraglyn ten duurste spesiaal vir hom vanaf Kranskop aangelê is. Ook is ‘n teerpad vanaf Kranskop verby sy “Villa kompleks” en verby die dorp Nkandla teen ongeveer R570m gebou. Voorts is ‘n selfoontoring teenaan sy kompleks opgerig. Die teenswoordige “villa kompleks” is baie groter as sy oorspronklike kraal wat deur Shaik opgeknap is, dit is eintlik nou ‘n yslike dorp. Dit huisves sy uitgebreide familie en sy vele vroue. Sy vet nefie Kulubuse woon ook daar in weelde. Arm stamlede langs die destydse beoogde kompleks is summier weggeboender. Soos ek die saak sien behoort hy ten minste R220m terug te betaal. Dit is duidelik dat diegene wat die bedrag van R7.8m bepaal het wat terugbetaal moet word, vêr agteroor geleun het om Zuma dienstig te wees. Moet nie uit die oog verloor dat Zuma geen eiendomsreg (Kaart en Transport) op die grond het nie, dit is STAMGROND waarop hy geen vorm van belasting of heffings betaal nie. Hy kon ook nie ‘n verband uitgeneem het soos hy in die parlement beweer het nie. Jollie katrollie !!

Neewat ·

Wat betekedn die kontrakteurs moet ook terugbetaal. Kom ons duimsuig ongeveer R200 miljoen.

Willie ·

Dis darem maar skokkend dat die kaders dink die hele RSA is ongeleterd om hulle snert te glo. Hierdie is belasting betalers diefstal op die boonste rake. Ek dink ons regtig nie omvang van geld verdoesel nie….

Ella ·

Wat????? Kort daar nie n nulletjie nie? Dit moet sekerlik n tikfout wees. Grootste grap. Dit het die staat 10 teen een meer gekos om die besluit te neem. Wat n skande!!!!

Johan ·

Julle vergeet een ding.Die Nkandla is op stamgrond gebou.So hy het nie eers Kaart en Transport van die plek nie.

Lh ·

Zuma het dus miljoene, eerder miljarde van belastingbetalers se geld gebruik om Zoeloe stamgrond te ontwikkel. Wonder hoekom aanvaar die ander etniese groepe dit maar net so goedsmoeds.

Jan maak n Plan ·

Zuma sal nie een sent uit sy rekening betaal nie. Daai geld sal of van die ANC af kon of die Guptas of een of ander tender enterpeneurs konsessie van Zuma af. Maar daie feit bly staan dit is een van Zuma se grootste winskope wat hy gedoen het.

Ogies ·

Hy gaan glad nie eers SARS betaal nie baie van hulle kom weg sonder om SARS te betaal en hier moet ons opdok!

John ·

Nuutste is dat die prez hoop op bydraes van dieselfde mense wat die opgradering betaal het. Sjoe. Of dalk moet hy ‘n lening aangaan. Sy salaris is mos maar karig. Teen ‘n R10 afbetaling per maand plus rente mag ons dalk die saak teen die jaar 4 851 afsluit, tensy die sekuriteit wat nog nie voltooi is nie ook weer probleme oplewer… dan kan ons dalk tot 10 000 jaar wag. Moenie asem ophou nie mense….

neelsie ·

So tree iemand sonder enige gewete op .
Maak misbruik van sy posisie.
Terwyl duisende van sy mense uiters arm is , verryk hy homself.
Die ideologiese beginsels van die Anc veroorsaak n klimaat van anargie in Rsa, met Zuma aan die voorpunt.
Hy verhewe homself tot n god en stel homself bokant die wet.

Eliza-beth ·

Oe jou stoute kabouter, hou uit jou hand laat ek jou piets – daar’s hy! Wat ‘n grap! HOE is dit nou enigsins reg? Nou lag hy seker weer sy berugte giggle-laggie. Maak mens naar. Maar, ek glo die wiel draai, dalk stadiger as wat mens hoop, maar draai sal hy draai.

Jef ·

Zum is nie goed in wiskunde of laat ek liewer se eenvoudige berekeninge nie, hy kan nie n land regeer nie, geen tot weinig skool opleiding en as daar gewerk moet word dan sit hy eenkant en se werk is goed en gesond ek kan ure na mense kyk wat werk.
Maar hy is skatryk want hy is die beste toneel speler wat SA ryk is.

alida ·

Die DA het nou so baie skietgoed teen JZ. Hulle gaan gebruik maak van die geleentheid om hom genoeg gas te gee veral nou voor die verkiesing. Die hele wereld kan sien SA is ‘n klug en het ‘n nar wat hom regeer.

Scalla ·

Weet nie hoe kom hul by die som uit nie. Die verminderde bedrag sal betaal word soos deur die hof versoek maar nie deur jz nie maar wel deur van sy korrupte vriende wat weer terug vergoed sal word deur verkryging van n tender.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.