Soveel motoriste al in Desember vas

Argieffoto

Argieffoto

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het bekend gemaak hoeveel motoriste tydens die eerste 16 dae van Desember op die land se paaie in hegtenis geneem is.

Volgens Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, is altesaam 3 078 motoriste al in hegtenis geneem op aanklagte van bestuur onder die invloed van alkohol, spoedoortredings, roekelose en nalatige bestuur en die besit van vals dokumente.

Zwane het gesê twee motoriste is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om verkeersbeamptes om te koop. Nog ʼn motoris is in hegtenis geneem nadat hy betrap is dat hy teen 219 km/h jaag in ʼn 120 km/h-sone, op die N3 naby Warden in die Vrystaat.

Volgens Zwane is altesaam 1 639 motoriste in Gauteng in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van alkohol. In die Vrystaat is die meeste arrestasies gemaak vir spoedoortredings, met 113 motoriste wat in hegtenis geneem is.

Verkeersbeamptes het in dié tydperk 258 padblokkades gehou, waartydens 152 243 verkeersboetes uitgereik is. Volgens Zwane is meer as 10 000 motoriste beboet omdat hulle nie veiligheidsgordels gedra het nie en 1 426 omdat hulle op ʼn selfoon gepraat het terwyl hulle bestuur.

Zwane het gesê hoë verkeersvolumes word weer van 23 Desember af verwag. Tydens die vorige spitstyd, op 15 en 16 Desember, het meer as 2 000 voertuie per uur deur die tolhekke op die N3 beweeg na die kusgebiede.

Hy het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig te bestuur en die padreëls na te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Swanna ·

Andre ek stem met jou saam. Bly by die huis as jy wil drink, ek meen suip, want jy is ‘n gevaar vir ander op die pad. Hierdie tyd van die jaar is almal mal op die paaie en het geen sin vir ordentlikheid.

Frik ·

Eerstens, baie geluk aan die owerheid met hulle peraadheid ten opsigte van die padwedsoortreders. Stem saam dit moet dieselfde intensiteit aanneem reg deur die jaar.
Tweedens, my vraag aan die owerheid. Waar is dieselfde toewyding tenopsigte van plaasmoorde . Hoeveel onskuldige boere gaan nog uit die samelewing op so n manier verwyder word voordat daar op dieselfde vlak opgetree gaan word????

Kooa ·

Die meeste van die oortreders is deur verkeersbeamptes in hegtenis geneem. Plaasmoorde is polisie se verantwoordelikheid.

Matmiet ·

En dis nou eers die begin van die vakansie. Ek stem saam met jou ou.

ni drinker ·

Wat ek ni kan verstani .. da mag ni meer advertensies van sigarette op tv wesi maar van drank … drank wat misbruik word en mens gesuip.maak wat lei op ongelukke.
Wa sigaret room jou ni gesuip maak ni hoe werk di land ??

Andre ·

Ek rook en ek vat ‘n dop.
Verskil is, ek rook nie in my huis of kar of selfs naby my kind nie. Ek vat ‘n dop, maar maak terselfde tyd seker dat my gesin gelukkig is en klim nie agter ‘n stuurwiel in oor ‘n persoonlike bravado nie. Ek weet ‘n dronk mens hoort nie agter die wiel nie. GEEN wiel…
Om te rook en drink maak jou nie slegter as ander nie, maar wie jy is wanneer jy dit doen, maak ‘n masiewe verskil…

anton ·

Boetes vir veiligheidsgordels is net n geldmaak storie.
Het nog nooit en sal ook nooit met die wet saamstem nie. Moet jou eie keuse wees of jy dit wil dra of nie. Ek benadeel niemand anders as ek dit nie wil dra behalwe myself miskien.

Topster ·

Party kan nie eers behoorlik bestuur as hulle nugter is nie wat nog onder die invloed wees en ek weer nie hoe maak party Taxis dit van Gauteng na Maputhu toe met daai gelaaide sleepwaens nie

Bollie ·

Omtrent elke tweede persoon bestuur met ‘n selfoon teen die oor of besig om te teks. Kan nie glo so min is beboet nie. Dalk makliker om selfoon weg te steek as om gou veiligheidsgordel aan te sit.

Chris Ws ·

Die veldtog teen wetsoortredende motoriste moet baie meer verskerp word EN reg deur die jaar toegepas word.Veral spoed lokvalle moet drasties vermeerder en op ALLE paaie gehou word.Dis ook tyd dat iemand wat die spoedperk met 40km/h of meer oortree se voertuig verbeurt verklaar en gekonfiskeer word .Dieselfde hoort te geld vir ‘n mens wat onder die invloed van alkohol bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.