Soveel plaasaanvalle reeds in 2019

ian-cameron-2018-03-19

Ian Cameron. Foto: Verskaf.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag tydens ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion die jongste plaasaanvalstatistieke vir 2019 bekend gemaak.

Volgens AfriForum het altesaam 184 plaasaanvalle reeds vanjaar plaasgevind waarvan 20 plaasmoorde was. Die grootste getal plaasaanvalle het in Gauteng plaasgevind (51 aanvalle), gevolg deur Noordwes (28 aanvalle) en Limpopo (27 aanvalle).

In die Wes-Kaap het die getal plaasaanvalle drasties toegeneem. “Aanvalle in die Wes-Kaap het geweldig toegeneem, tot so ’n mate dat meer as dubbel die hoeveelheid aanvalle van 1 Januarie tot 31 Mei 2019 in vergelyking met hierdie tydperk in 2018 aangemeld is,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron sê verder daar moet gevra word of Stefan Smit, ’n boer van die Wes-Kaap wat Sondag op die Louiesenhof-wynlandgoed doodgeskiet is, se moord nie met grondbesetting te doen het nie. Smit was die afgelope tyd in die nuus nadat onwettige besetters op die plaas Watergang toegesak het en Smit en die ander eienaars van die plaas die Wes-Kaapse hooggeregshof genader het om ʼn uitsettingsbevel te kry.

“As die saak van die begin af reg hanteer is, sou dit so ver gegaan het?” vra Cameron. “Die feit dat een van sy vriende bevestig het dat hy doodsdreigemente ontvang het, sê vir ons dat dit vir hom ’n risiko was. Wat kommerwekkend is, is dat die instansies wat Smit met die grondbesetting moes help hom verkeerd geadviseer het, wat moontlik tot ’n verergerde situasie kon gelei het.”

Volgens Cameron toon AfriForum se data dat plaasaanvallers in baie gevalle nie geld gebuit het nie, maar mense het baie seergekry. “Dit is ook baie interessant dat hoewel mense en spesifiek instansies soos Kwanalu in hul verslag sê dit is duidelik dat plaasaanvalle net sosio-ekonomies gemotiveerd is, dit beslis nie die geval is nie. Buiten die feit dat geld soms ’n rol speel, is dit ook so dat ’n ernstiger misdadiger by hierdie aanvalle betrokke is.”

“As ’n mens na Suid-Afrika gaan kyk, is daar ’n tendens van moorde wat met messe of met skerp voorwerpe gepleeg word, terwyl die oorgrote meerderheid plaasmoorde met vuurwapens gepleeg word,” sê Cameron.

“Dit is belangrik dat ons nie net in statistieke alleen vaskyk nie, aangesien dit dikwels veroorsaak dat mense emosioneel afgestomp word. Ons moet onthou hier is mense wat op die agtergrond sit wat ongelooflik seergekry het en deur verskriklike trauma moet gaan. Dit is waarom [slagoffers] se storie vertel moet word en ons moet seker maak dat die mense nie net statistieke word nie.”

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het veral sy kommer uitgespreek dat hoofstroomkommentators en meningsvormers volgens hom blykbaar aktief daarop toegespits is om enige pogings om die wreedheid en algemene voorkoms van plaasaanvalle die lig te laat sien, te diskrediteer deur dit as ’n samesweringsteorie of ’n oordrywing te bestempel. “Plaasmoorde en ‑aanvalle is ’n ernstige krisis. Dit is belangrik dat ons feitelik daaroor kommunikeer; dit is egter net so belangrik dat die omvang van die krisis erken word vir wat dit is.”

(Grafika: AfriForum)

(Grafika: AfriForum)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hennie ·

Deel van die statistiek wat nie hier genoem word nie is dat 99.9% van die aanvalle deur swartes uitgevoer word!

Sanna ·

usac.center/join-usac/ Rofweg 70 000 wit slagoffers in 24 jaar.

ryan ·

Weereens, kom ons hou almal handjies en skree “genoeg is genoeg” en kyk of dit beter sal gaan in die toekoms? Mense, hier is laaaankal aksie nodig……

Anita Schoema. ·

Hoekom word daar net gepraat en niks aan d skuldiges gedoen nie. Het ooj na d statistieke gekyk en Noord Kaap het GEEN aanvalle nie…wat sou dalk d rede wees hiervoor?

Lana ·

Anita, die Noord-Kaap is te ver van die grense, maar belangrikste van alles – hulle soek nie die Noord-Kaap se grond nie.
1. Hulle kan nie daar plak nie – te min hulpbronne.
2. Om daar te boer, is nie vir sussies nie. Dis ‘n harde wêreld.

Judie ·

Stel voor dat daar weer n landwye optog gehou word met voetgangers trekkers vragmotors en dat almal daardie dag in swart geklee is. Nooi alle mediahuise veralbuitelandse media. Laat die hele wereld weet wat aangaan.

Naomi Berger ·

Dit wil voorkom dat dit polities geinspireerd is. Waatom net wit boere?
Waarom wil die regering nie iets doen nie. Dit pas hulle.

se maar net ·

Skies, maar dit is nie net wit boere nie. Jammer hierdie statistiek sluit nie ras in nie, anders was dit ook ‘n ander prentjie. Miskien moet mense in die land eerder opstaan teen moord en misdaad, dan kan dit nie ver-politiseer op ‘n sekere ras nie. Kan u dink watter impak dit sou gehad het ‘n wyle terug toe al die boere so optog teen plaasmoorde gehad het. As elke boer net 1 plaaswerker saamgebring het kon die prentjie dalk heel anders gelyk het…

marous ·

Waarom net plaas aanvalle ? Voeg die statistiek van wittes wat vermoor is op plotte en huise in die dorpe en sommer op straat en in voertuie , dan sal hulle sien wat die betekenis van volksmoord is . Die land se hoofman voor wie soveel wittes en spesefiek sekere plaasboere kruip om hul eie basse te red , lag in sy mou .

CW ·

te uitgestrek en ongenaakbaar, te moeilik om te vlug dat polisie jou kan kry voor die boer se vriende en of familie jou kry

GP ·

Ons moet besef dat terwyl daar ongeveer een boer per week vermoor word, daar ongeveer 57 mense per dag in SA vermoor word. 1 boer teenoor ongeveer 400 ander mense. Waarom sal die regering wie meeste deur swartes ondersteun word, nou skielik soveel focus op die boere sit. Dit sal vir hul ondersteuners lyk of die boere se lewens meer belangrik is volgens die regering. Ek se nie dis reg nie maar ons moet feite in ag neem.
Boodskap aan boere, Lees die boek “Oorleef plaas aanvalle” daar is baie goeie inligting. Begin met huis verharding. Soek die swak punte uit en versterk dit. Vra familie of vriende hoe hulle by jou plek sal inkom en versterk daai area. Baie plase se sekuriteit is nog soos in die ou dae toe daar komandos was. Hou jou hond dop as jy by die plaas hek stop, as hy nie daar is nie ry weg, word baie paraat. Wil nie preek nie, net help.

Ons swak punte is ons maak staat op die regering se hulp wat baie onwaarskynlik is, ons dink altyd dit gebeur met ander en ons praat groot wat valse sekerheid bied: “Hulle moet dit by my prober” ens.

Manie van Worcester ·

Wat jy se is waar, die punt is egter jy behandel soos die res van die goedgelowiges die simptome. die kwaal is dat die regering wetteloosheid in die land moet stop. Veiligheids maatreels behoort onnodig te wees as kriminele gevang en behoorlik gestraf word

GP ·

Manie die regering gaan niks doen nie. Ons sal self iets moet begin doen of die moorde gaan maar net voort gaan.

Tanya ·

Daar gaan niks gedoen word aan ons kreet nie. Hulle sit met hand gevou en trek hulle skouers op. As ons nie nou self iets doen nie gaan niks gedoen word nie. Of gaan ons die voortreks se pad volg die 1 s die 1 n die 1 wes as ons saam staan en ietz doen sal ons stem gehoor word

Emma ·

Hoog tyd dat ander lande sanksies begin teen SA hulle was in die verlede gou om dit in te stel het nou genoeg van al die moorde op onskuldige mense

Arie ·

Bewyse dat ramaposa glad nie in beheer van die land is nie of hy gee nie ‘n hel om nie! Nog geen woord van die anc nie want eintlik steun hulle dit hulle sê dit net nie

Alida ·

Kan ons net doodstraf terug kry? Wie ookal verkrag / aanrand en moordpleeg moet gehang word. DOODSTRAF is wat sal werk. So kan mens een vir een uitwis wat ons boere en wittes so aanval

Manie van Worcester ·

Korrek, as hy gehang is kan hy nie weer moor nie. Baie maklik om te verstaan

Bekommerd ·

Die oplossing is voor die hand liggend. Haal Malema en Adile uit.

AJ. ·

Gaan kyk in die verlede van ons buurlande. Dit is dieselfde taktiek wat in die ou Rhodesia of sogenaamde Zimbabwe gebruik was om mense van hul plase te verdryf en vermoor. Hierdie is n` ou ANC. taktiek.

Emma ·

Regering gaan absoluut niks doen nie dit sal erger gaan soek die grond so hulle sal die boere verdryf op hierdie moord manier. Geen oplossing nie. Te vlak om te besef die mense kan nie boer nie sal nog als op die plaas gebruik om vuur te maak en geegeenie nie n flenter om nie die staat moet sorg

Emma ·

Regering gaan absoluut niks doen nie dit sal erger gaan soek die grond so hulle sal die boere verdryf op hierdie moord manier. Geen oplossing nie. Te vlak om te besef die mense kan nie boer nie sal nog als op die plaas gebruik om vuur te maak en gee nie nie n flenter om nie die staat moet sorg

Therese van Schalkwyk ·

Toevallig vandag ‘n video-insetsel gesien waar dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies een van drie ateljee-gaste was in ‘n gesprek oor plaasmoorde.
Die fyntrap en versigtige kies van woorde om tog net nie ‘n sekere groep aanstoot te gee nie was pynlik om te aanskou.
Nee wat, totdat daar nie reguit en sonder doekies omdraai oor hierdie kwessie gepraat mag word nie, sal die ontkenning en leuens voortduur.

Hoekoem nie? ·

Ek is seker die publiek sal bereid wees om by te dra tot ‘n vonds wat spesifiek gerig is op plaas veiligheid. Kameras moet orals installeer word en so ver moontlik moet wagte op die plase woon. Net soos was ons Afrikaans is Groot kan ondersteun finansieel, kan ons Maak Boere Veilig finansieel ondersteun. Wie gaan dit begin? Die publiek wat in stede en dorpe woon sal so ‘n bydrae kan maak, aangesien hulle eintlik niks anders kan doen nie behalwe om toe te kyk. Help ons asseblief om boere te help!

ryan ·

Mense Mense mense. Daar is van julle wat geskok optree. Oor die regering
se wanbelangstelling. Is dit regtig vir julle ‘n skok? Daar was verlede jaar deur cr erêns genoem, kyk dit gerus op “black anger is justified”. Dws dat dit te verstane is, hy verstaan hoekom die dinge met blankes gebeur en voel dis “justified”. dan gaan hy verder en verkondig daar is geen plaasmoorde/aanvalle hier nie. Onthou julle Trump se twiet? Gaan kyk bietjie wat het hy terug geantwoord. Hou op om in ‘n borreltjie van jou eie te lewe en dink die regering gee om. Dinge gaan nooit self regkom nie, en soos sake tans lyk gaan daar nog baie van ons begrawe word voordat daar miskien enige ingryping gaan wees. Daar is van julle wat die boodskap gaan lees wat nie meer oor ‘n jaar of wat hier is nie.

Blondie ·

Sê MA NET… Ek hou van jou idee en ek sal dit ondersteun. Maak boere veilig

Eiser ·

Is nie ‘n regskenner nie, maar is daar waaragtig niks wat kan gedoen word in terme van groot eise teen die polisie en huidige regering wat hulle plig versuim wanneer dit kom by die beskerming van sy burgers nie? Kwytskelding van bv boedelbelasting wanneer iemand sterf agv misdaad? Begrafnisonkostes terugeis teen belasting as iemand sterf agv misdaad? Verlies van inkomste eis van die staat wanneer ‘n broodwinner sterf agv misdaad? Onkoste van plaas/kleinhoewe/huisbeveiliging asook maandelikse premies aan veiligheidsmaatskappye (wat reeds ‘n massiewe bydrae tot SARS maak) behoort terug geeis te kan word teen persoonlike belasting, aangesien die staat nie misdaad wil of Kan beheer nie. Hierdie gespuis regering lag al die pad staatskas toe danksy misdaad.. dis ‘n geval van “Crime does pay” en dis ons wat betaal en wat boonop met ons lewens daarvoor boet.

Koos B ·

Jy maak 100 % sin maar as dit gebeur gaan hulle maar net op ‘n ander manier geld verduister.

@Leierloos ·

Ai, hoe jammer Eugene T is nie meer hier. Kan se wat mens wil van hom, maar hy was nie bang om op te staan. ‘n Leier.
Ek sien Malema sit en lag toe daar met hom oor plaasmoorde gepraat word.

Fanie Kemp ·

Dit is nie lekker om oor getalle te praat terwyl dit gaan oor onskuldige mense se lewens wat wreed beeindig is met geliefdes wat agterbly en treur.
Syfers help egter om ons met skok te laat besef hoe groot en onaanvaarbaar die krisis is.
Dankie vir AfriForum wat nieteenstaande kritiek vanuit sekere oorde, ons ingelig hou.
As ons na syfers kyk moet ons na die ratio kyk: Die ratio van plaasmoorde teenoor die op bv die polisie en alle moorde. Dan besef mens eers die skokkende omvang van Plaasmoorde.
Ons op die plase bid dat daar besinning en ingryping sal kom, ons plaas onsself in die Here se Hand ooreenkomstig Sy wil en maak terselfdertyd ons self paraat om ons, ons gesinne en werkers te beveilig.
Ons innige meelewing aan die naasbestaandes en slagoffers van wrede plaasaanvalle.
Ons bid vir julle.

j van zyl ·

Ek is n bruin leser,my hart gaan uit vir die wit mense wat so uitgemoor word,die vrouens wat so verkrag word,mense wat saans onrustig slaap.My vraag is hoekom word so baie buitelanders aangery om hier te kom werk.my insiens boere is self verantwoordelik vir wat nou in die wes kaap aan die gang is.Kyk maar na De doorns en die Breerivier valley,Buitelanders word by die vragte aangery om hier te kom werk,hoeveel van hulle hulle gaan terug na die oes seisoen.Hoeveel moorde word deur buitelanders gepleeg. gaan kyk maar.Hou op met die goedkoop arbeid,daai mense is glad so dom soos julle dink nie.

Francois ·

Dis opvallend dat die Noorkaap zero statistiek het teenoor die res van die land nie.
Wonder hoekom dit sal wees? Daar is immers ook baie plase?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.