Molewa het gesê daar moet meer gedoen word in die stryd teen renosterstropery. “In die lig van die verhoogde stroperygetalle, is dit duidelik dat die bestaande ingrypings versterk moet word,” het Molewa tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê.
ʼn Totaal van 827 renosters is in 2014 in die Krugerwildtuin gestroop en een in die Mapungubwe Nasionale Park. In Limpopo is 110 renosters gestroop, 99 in KwaZulu-Natal en 83 in Mpumalanga. In Noordwes is 65 renosters gestroop, 15 in die Oos-Kaap en vyf in Gauteng.
Volgens Molewa is daar vanjaar reeds 49 renosters gestroop waarvan 29 in die Krugerwildtuin. Sy het gesê daar is verlede jaar 386 vermeende stropers in hegtenis geneem.