Soveel SA’ners in oorsese tronke

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Vrydag bekendgemaak hoeveel Suid-Afrikaners gevangenisstraf in oorsese tronke uitdien.

Minister Maite Nkoana-Mashabane het, in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA, gesê 501 Suid-Afrikaners dien tronkstraf uit in oorsese gevangenisse. Nkoana-Mashabane het gesê ʼn verdere 271 Suid-Afrikaners is in aanhouding, terwyl twee Suid-Afrikaners op borgtog uit is en 80 op parool.

Nkoana-Mashabane het gesê haar departement probeer verseker dat Suid-Afrikaners wat in die buiteland tronkstraf uitdien waardige behandeling ontvang, maar dat hulle nie vir beter toestande kan onderhandel as wat plaaslike burgers in dieselfde tronke ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Winston ·

Probeer seker onderhandel vir soortgelyke behandeling as SA se tronke. Gaan nie werk nie. Laat hulle maar voel hoe n tronk in realiteit werk. Hier is dit n departement en daar n TRONK. GEVANGENIS SOOS DIT HOORT!!

Ek ·

Wat weet jy van ‘n SA tronk, Winston? Was jy al in een vir ‘n tydperk? Moenie praat oor iets waarvan jy duidelik niks weet nie!
Dankie.

Johann Marx ·

Ek dink die lande waar ons misdadigers in tronke sit behoort vir Suid Afrika ‘n rekening te stuur vir die koste daarvan……dan kan ons rekeninge stuur aan Zimbabwe, Malawi, Nigerië, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Zambië………(vul self verder in)

Jy ·

He he he….”EK”..Jy het darem ‘n slim naam gekies!! Mens kan nou vir jou vra of jy al in die tronk was nie: “Ek, was jy al in die tronk?”. Bewustelike of onbewustelike maar steeds goeie woordspeling!

SNEL ·

Eerste vraag is; wat soek hulle daar, en nie in die land nie, in die tronk? Geen simpatie met mense wat dwelms smokkel nie, hulle voel vere vir ander se lewens en vir die ouers wat kinders as gevolg van dwelms aan die dood afgestaan het. Ek kry wel die wat onskuldig is jammer, wat iets onwetend in n tas gekry het, maar die meerderheid…..laat julle maar sit, hou hulle ook daar, want ons land het genoeg vuilgoed soos dit is.

Ek ·

Ja, Jy, ek was. En dit was net God wat my gehelp het om dit te oorleef. En Hy het my daar binne geleer om my lewe te verander, die straf vir my misdaad uit te dien, en ‘n nuwe mens daar uit te stap. Nou kyk ek vir die positiewe in elke saak, en praat slegs oor dit wat ek iets van weet.
Dankie

San ·

Nou net Tessa Beetge se storie op Case File Africa op Fox Crime gesien en ek is oortuig dat baie mense onskuldig oorsee in tronke sit. Daar is ook skuldiges, maar ter wille van hul almal se ouers moet hulle SA toe terugkom en hier in die tronk kom sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.