Soveel sterf aan kanker in SA

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 58 000 Suid-Afrikaners het in 2015 aan kanker gesterf, terwyl meer as 114 000 mense met kanker gediagnoseer is.

Volgens ʼn verslag wat die naweek in die Journal of the American Medical Association gepubliseer is, is kanker die grootste oorsaak van dood naas kardiovaskulêre siektes.

In 2015 is 17,5 miljoen mense wêreldwyd met kanker gediagnoseer en is meer as 8,7 miljoen mense aan dié siekte dood.

Volgens die verslag is meer as 8 500 Suid-Afrikaners in 2015 aan longkanker dood. Meer as 5 400 vroue is aan servikale kanker dood, meer as 4 600 mans is aan prostaatkanker dood en meer as 5 200 mans en vroue is aan slukdermkanker dood. Kanker van die ingewande en lewerkanker het ook talle lewens geëis.

Ten opsigte van diagnoses is die meeste mans met prostaatkanker gediagnoseer en die meeste vroue met borskanker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nico ·

Simpatie aan al die naasbestaandes. Verbeterde mediese wetenskap die oorlewingskoers geplaas op ‘n vlak waar mense oorleef wat vroeër sou doodgegaan het. So die genetiese poel word noodwendig verswak. Hoop die mediese wetenskap kan daarvoor ook “cater”.

Brand ·

Een van die redes waarom kankervoorkoms hoer is in SA is omdat mense hier nie bewus gemaak word dat vleis en baie ander kosse wat oorgaar, swart gebrand aan buitekant, of flame grilled, kanker kan veroorsaak nie.

nou toe nou ·

Die laaste sin van die artikel klink snaaks. Meeste mans aan prostaat kanker en meeste vroue aan borskanker????? Is die 2 kankers nie in elk geval geslagsgebonde nie? Die sin samestelling maak nie sin nie. Seker is die bedoeling dat van al die kankers wat by mans gediagnoseer was, was prostaatkanker die meeste en dieselfde geld met vrouens. En voeg dan by dat dit ook 2 van die kankers is wat geredelik “genees” kan word as dit vroegtydig gediagnoseer word. Dis hoekom jaarlikse ondersoeke vir risikogroepe so belangrik is.

Kaufman ·

Dit is nie ongewoon vir mans om ook borskanker te kry nie.

Kobus 4e ·

Jasper, as jy dit glo dat vleis kanker veroorsaak, glo jy seker ook in die tande feetjie? Die internet is geduldig, en eninge iemand kan opsit wat hy wil, nie noodwendig die waarheid nie. Wie verifieer of alles die internet feite is?

Aster ·

Rooivleis gee kanker as dit te veel geeet word, so dire keer per week max is aanvaarbaar, of as dit gebrand is of as nitrosamiene byvoeg is. Maar nee liquid oxygen help nie, so ook nie alle nonsens kure Wat skielik aangebied word wanneer dit gediagnoseer is nie.

Stan ·

Ongelukkig gaan te veel geld vir vigs navorsing en te min vir kanker navorsing! My pa is 1986 en ma 2012 buide oorlede aan kanker. In die 26 jaar tussen hul siekte kon ek geen vooruitgang persoonlik gesien het nie. Dokters tas steeds rond en is “clueless” om werklik mense te genees. Mense met vigs kry medikasie en kry weer ‘n 2 de lewe. Sien dit daagliks by die werk.

GES ·

Daar is bewerings wat rondgaan wat sê dat kanker nie ʼn siekte is nie maar eerder ʼn leefstylprobleem is. Soos skeurbuik agv ʼn tekort aan vitamine C ontstaan, ontstaan kanker agv ʼn tekort aan vitamine B17. Het die mediese wetenskap al hierdie bewerings ondersoek? Is dit ook dalk ʼn geval soos met die ontwikkeling van alternatiewe brandstowwe toe olie nog baie volop was? Sal graag ander se menings wil hoor.

John ·

Wat seker is, is dat kanker ‘n oorsaak het en dat dit in sekere dele van die wereld meer voorkom as ander. Ons neem soveel chemikaliee daagliks saam met kos en vloeistof in, via medikasie, skoonheidsmiddels, sigarette (e’s ook), uit die omgewing self uit kledingstowwe en skoeisel, dat dit g’n wonder is dat die liggaam se fyn werking versteur word nie. Babas is van geboorte af blootgestel aan produkte met biljette met ‘n rits chemiese name daarop maar ons ouers wonder nie daaroor nie. Die ergste is dat vervaardigers en landbou nie ‘n snars omgee nie. Ons het nie meer gesondheidsinspekteur of buro van standaarde-stempels op produkte nie. Geneties-gemanipuleerde saad vervang die Godgegewe en ons eet dit dag na dag tot ons pokkel. Insekte en paddas verdwyn, maar watwo…

Help asb ·

Ek voel die HEALTH system in SA is onvoldoende om met kanker te cope. Die Gesondheidsdepartement in SA is ook nie gepla met kanker nie. Kyk hoeveel biljoene word in die voorkoming en behandeling van VIGS gestort en hoe min word bewillig spesifiek vir kanker? Hoeveel kinders het ons in die afgelope maande gesien wat behandeling in Amerika en ander lande moes ontvang omdat dit hulle enigste kans is op oorlewing? Hoekom het SA nie hierdie fasiliteite nie? TE min mense gee regtig om daaroor tensy dit met hulle gebeur. Meeste mense se medies is uitgeput na ‘n paar behandelings dan is hulle ‘doomed’ . Ek voel die regering moet ook hieraan aandag skenk, dis hulle wat met die geld sit .. help mense wat siek is, kanker is nie ‘n speletjie nie, dit is ‘n baie ernstige siekte en dis nie self inflicted nie!

Ano ·

Dis skrikwekkend as mens die finansiele impak van chemo en medikasie in ag neem. Persoonlik dink ek chemo maak meer mense dood as die kanker self. Hopelik gaan die “onbanning” van cannabis olie vir mediese gebruik mense bietjie wakker maak en kyk na alternatiewe. Dis al lankal ‘n feit dat groot mediese maatskappy die helende effek van cannabis ontken want dan sal hulle nie meer geld maak nie.

Ben ·

Nie een van die kommentare verwys na Nano tegnologie nie. Chemo behandeling is nie lekker nie maar ek weet van min wat a.g.v daarvan oorlede is. Ek leef nog!

Peet Schabort ·

Dankie BONITAS vir elke sent betaal met my vrou se kanker. Sorg egter dat jy op die regte opsie is. Daar is min siektes so traumaties soos kanker. Van die diagnosering en versorging (in my geval was dit tuis en alleen) tot die uiteindelike einde is seker een van die uiterste beproewinge moontlik. My hart gaan uit na u met kanker en ek bid vir u vir berusting en aanvaarding. Dit kan slegs gebeur (soos met my vrou ook was) in volle geloof tot en aan God.

Carina ·

My ma is in Sept 2015 gediagnoseer met lewerkanker, wat in die galbuise begin het. Hulle het haar dadelik op binne aarse chemo gesit. Ek het gaan oplees en mediese verslae het bewys dat chemo geen uitwerking op die lewer het nie. In Jan 2016 het hulle verander na chemo pille, maar dit het my ma so siek en swak gemaak dat dit dadelik gestop is. Van toe af hoor of sien ons nie ‘n dokter nie. Hulle doen nie eens die moeite om opvolg besoeke te reël om te kyk of die kanker dalk versprei het en of sy dalk pyn medikasie benodig nie. En medies is dit al bewys meer mense sterf van die chemo as van die kanker self.
Sy is nou al so swak en met konstante pyn, sy kan nie vir lank staan of sit nie en raak vreeslik gou moeg. Het ook nie eintlik eetlus nie. Wanneer gaan ons patetiese mediese dokters besef daar is soveel natuurlike bronne van genesing vir kanker, maar hulle weier om dit te erken of aanbeveel, want dan verloor hulle mos geld. Medisinale “cannabis” het al vele mense gesond gemaak, baie van hulle op hul laaste, en vandag skoon. Die dokters kan dit nie verklaar nie. Maar die goed is so skaars en moeilik om in die hande te kry, en ook baie duur. Ek hoop regtig dit word baie gou gewettig, sodat almal die wonderkuur kan gebruik.

Anoniem ·

Kolon en lewerkanker is in Jan 2015 by my gediagnoseer.my mediese fonds het my regdeur gedra.alle eer aan God.ek het oorleef,en is genees.

Wern ·

Dit is wonderlik om te hoor, Ek is baie bly vir jou en almal wat al kanker oorwin het.

andre de kegel ·

die kanker es nie alleen nie in suid afrika ook hier in het weste van europa ook in belgie sterf baie veel mense ,ek he my vrou verlies aan kanker in 2010 sy he meer of 10 jare teen haar siekte geveg groetjies

Jennifer ·

Cancer is found in every human its lifestyle and immune issues that cause it too grow, meat etc does not effect it, things like viruses that weaken the immune system so it does not recognise the damaged cells it is proven and researched, thats why children who are sick through their early years are more likely to develop cancer. Adults who smoke, drink or are obese, the risks are higher, I also thought cancer is from external factors, but my Sister was diagnosed 2 weeks ago and I researched it extensively, lifestyle, sickness etc contribute to cell degeneration but its your own body that cannot identify the damaged cells. Go look on Oncolink how does cancer begin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.