Soveel sterf al vanjaar in plaasaanvalle

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

AfriForum en TLU SA het Woensdag bekend gemaak hoeveel plaasaanvalle en -moorde daar reeds vanjaar was.

Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het gesê die syfers vir plaasaanvalle en -moorde toon in 2016 vir die sesde agtereenvolgende jaar ʼn kommerwekkende styging. Volgens dié inligting was daar al vanjaar minstens 334 plaasaanvalle en 64 plaasmoorde. In 2015 was daar 279 aanvalle en 64 moorde.

Van begin Julie tot einde November vanjaar was daar minstens 141 aanvalle en 18 moorde. Die meeste aanvalle en moorde het in Gauteng voorgekom. In dié provinsie was daar minstens 37 aanvalle en vyf moorde.

Chris van Zyl. Foto: Reint Dykema

Chris van Zyl. Foto: Reint Dykema

In die Vrystaat was daar minstens 32 aanvalle en drie moorde en in die Oos-Kaap minstens vier aanvalle en drie moorde.

In dieselfde tyd verlede jaar (begin Julie tot einde November) was daar minstens 139 aanvalle en 30 moorde landwyd. Weer eens was die meeste aanvalle en moorde in Gauteng, naamlik minstens 25 aanvalle en 10 moorde.

Van die minstens 1 849 plaasmoorde sedert 1990 was 1 187 van die slagoffers boere, 491 direkte familie van boere, 147 werkers en 24 besoekers.

Volgens Van Zyl is nóg groot bekommernisse die vergiftiging van vee en dreigende besettings. “Die groot groepe aanvallers, die betrokkenheid van buitelanders en die benutting van tegnologie deur aanvallers is ook kommerwekkend.”

Sien die onderstaande grafika:

plaasmoorde1 plaasmoorde3 plaasmoorde2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Denise ·

Dit is vir my skokkend om te lees hoeveel BOERE al vermoor is waar gan ons kos kry as dit so aangan !!! En dan nog al die onskuldige mense !!!!!

PvZ ·

Wanneer voldoen ‘n mens aan die vereistes van “oorlog”. Wag ‘n mens vir ‘n “oorlogsverklaring”. – CHECK. Ek hoef die lesers van MM nie te herinner aan die EFF, ANC, SAKP ens. se uitlatings nie. Wag ‘n mens vir die aanvalle om te begin. – CHECK. Die statistieke hierbo spreek vanself. Verseker is die bg. nie al die aanvalle nie. Het iemand al uitgewerk, hoe lank het ons nog tyd voor ons heeltemal uitgewis is. Teen die tempo van “gedwonge” emmigrasie, lae Afrikaner aanwas en die daaglikse aanvalle en moord op ons mense, hoe lank nog? Hoe gaan SA lyk oor 10 jaar. Nee wat, hoe gaan SA lyk volgende jaar? Ek het wel groot waardering vir Afriforum, elke GPF en ander buurt- en plaaswag “kommando” lede wat sorg vir ons veiligheid. En ‘n groter waardering vir die polisielede wat wel alles gee, omdat hulle nog trots is om ‘n polisieman te wees

Piet Venter ·

Dit is ‘n geldige vraag en volgens jou definisie is dit duidelik dat daar reeds vir ‘n geruime tyd oorlog verklaar is teen Afrikaners. Die onvermydelike vraag is dus: Hoe verdedig Afrikaners hulself as hulle staatloos en weermagloos is? Sien, in die werklike oorlog teen Afrikaners is dit nie die EFF, ANC of SAKP wat die vernaamste vyand is nie maar Afrikaners self wat, gedryf deur oordrewe skuldgevoelens, die ruimte help skep waarin hulle so maklik geviktimiseer kan word. Hierdie is ‘n oorlog wat ons eerstens teen onsself moet wen alvorens ons enige kans staan om die eksterne bedreigings die hoof te bied. Hopelik volg Afrikaners nou ook in die die wêreldwye tendens om aan te dring op desentralisering van mag en selfregering op plaaslike vlak. Die huidige tydsgees bied aan ons ‘n unieke geleentheid wat ons eenvoudig sal moet aangryp ter wille van oorlewing.

WAKE UP SA! ·

Ek stem saam; neem in ag ons president se uitlatings en haatspraak teenoor blankes, saam met Malema se dreigemente (“we do not want to commit genocide YET”) – en die feit dat SA reeds uit die Internasionale strafhof onttrek het . . . Mense moet begin wakker skrik en besef wat besig is om onder ons neuse te gebeur. Ons is almal so gebreinspoel, en is soos die spreekwoordelike padda in die pot!

Jip ·

Ek wardeer jou kommentaar. Dit is n vraag wat ek dag in en dag uit vir myself vra. Die feit dat ander dieselfde denke deel is miskien al wat ek nodig gehaad het om te doen wat ek moet.

Spook ·

En dis maar waar dit bly, net statestieke en tabelle en ja ons hou dit dop. Maar wat word regtig aan die saak gedoen. NIKS NIE want selfs op julle tabelle wys dit! Dit word erger en erger en word aan ons gewoont gemaak sodat niemand iets doen nie(Glo my daar is baie wat wil maar kan nie)As die mense (TLU/Afriforum) iets daadswerklik iets wou doen sou hulle.Dit help nie om in die howe oorsee te gaan kla nie ,dit help niks maar net nog n apartheids wit rassis wat kla. Die probleem is op ons stoep en net werklikke fisiese optrede kan dit oplos.Vir die regering is dit nie n prioriteits misdaad nie maar wel n werks skepping. Nog een wit man minder,nader aan ons doel.

pieter ellis ·

Baie aannames en vrae van jou kant. So, wat gaan jy doen? Minstens doen Afriforum iets,

J ·

Spook wat stel jy voor wat moet gedoen word. Niemand weet meer wat om te doen nie. Afri doen maar die beste wat hulle kan. En doen uitstekende werk.Die sitsuasie maak almal moedeloos. Ons moet net bly glo in God en nie ophou bid nie.

Valie ·

As ons op die SAPD/wetgewer staatmaak is die oorlog reeds verlore, daar is nie die wil, kapasiteit, óf vermoeë om vinnig op te tree nie.
Die beste vorm van verdediging is naaste bure, buurtwagte, “kommando-styl” sekerheidsmaatkappye, goeie kommunikasie met bure en gereelde gesprekke met hul werkers.
Let op tendense: selde loop meer as 1 tot 2 saam, drie of meer beteken moeilikheid. Enige klop of aktiwiteit by plase en hoewes na skemer móet verdag wees.
Plaas kennisgewings op die hek dat géén vee te koop is nie, of ‘n navrae-telefoonnommer, dan is daar geen verskoning om te betree nie. Laat toegangs weë na die opstal verby werkershuise loop, verkieslik met nog ‘n hek daar.
Bou ‘n tweede huisie en verhuur dit aan jongmense met die vermoeë om bystand te verleen, veral waar die plaas deur bejaardes bewoon word.
Omring die opstal met hindernisse soos skure, gansdamme, doringstruike, garingboom ensovoorts, draad heinings help nie. Dan is daar net een kant om te gebruik en dop te hou.
Waar die opstal binne sig van bure is, reël ‘n seinstelsel met hulle met ligte wat aan – of afgeskakel is wanneer daar ‘n bedreiging is.
Gesonde verstand en logika is beter as die SAPD.

Flintstone ·

Die antwoord wat om te doen is voor die hand liggend.Toe die Israeliete van ouds aangesê is dat die juk afgeskud gaan word,het hulle voorbereiding IN HULLE HUISE begin.Elkeen moes ‘n paaslam self voorberei en wag op die geskikte tyd.Die wat nie self voorbereiding gedoen het,kon nie deel hê aan die uitkoms nie.

se maar net ·

Julle se dat daar nog geen moord vir Desember 2016 in Mpumalanga is nie, maar ek weet van n plaas aanval laas vrydag aand waar die man dood geskiet is net buite witrivier

Landi Slatter ·

Dagsê se maar net

Dankie vir jou terugvoer. Soos in die berig genoem is die statistiek net tot einde November 2016. Jy sal opmerk dat Desember se kolomme oral 0 vertoon.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

AL ·

Net so. Dis n doelbewuste poging en moet skerp aangespreek word.

007 ·

Dit is darem baie Boere, as jy hulle in rye van 10 in jou geestesoog sien staan. Hoe lyk dinge in Brazilie, waar die landbouers ook volgens die agenda uitgemoor word? Wie onthou die Armene en die Jong Turke? Hier is meer aan die gang as wat mense ooit kan vermoed.

Vygie ·

Mens hoor van al die plaasmoorde en kommer oor kos en plase wat tot niet gaan. Maar wat van die angs en verskrikking wat te paard gegaan het met die moord. Wreedheid, verkragtings, marteling…. Dit vir my, die indink wat ek nooit sal kan doen nie, wat die die ergste is. Ons mense sterf martel dood en die wat leef en oorleef, wat is hul lewenskwaliteit. My sus ry met wapen, cell ens. rond op plaas. Is dit ‘n lewe….??

jaco ·

n paar jaar gelede het ek iemand gevra wat is die verskil tussen die NG Kerk en die Gereformeerde Kerk. sy antwoord was “net 20 jaar”. Dis dieselfde soort antwoord geld vir wat is die verskil tussen die ANC en die EFF se grondhervormingsbeleid. Die einddoel is dieselfde: ALLE wit boere moet af wees van die plase af. Hulle metodes en tydsraamwerk verskil net ietwat. My raad is: alle wit boere moet hulle plase NOU aan die Staat verkoop. Moenie wag en dink “dinge gaan regkom” nie want dit gaan nie. Die wit boere in Zimbabwe het ook so gedink. Verkoop nou aan die Staat terwyl daar nog n redelike vrye mark is en julle darem redelike pryse kan kry. Oor 5 jaar of selfs minder is dit te laat en gaan die plase afgevat word en julle uitgemoor word nie deur moordbendes nie, maar heel waarskynlik deur die weermag en die polisie. moenie dink ek droom nie: sulke goed is in die hoogs beskaafte Duitsland gedoen, skaars 75 jaar gelede. Kom weg terwyl julle nog kan. Vergeet van argumente soos “waar gaan die land se kos vandaan kom”. Laat die ANC en die EFF daaroor worry. Julle argumente waarom julle beter as hulle gaan boer, gaan anyway nie hulle van mening laat verander nie.

JC ·

En ons moet net terugsit, en dit toelaat wat jy voorspel…ala Zimbabwe?
NOOIT!!

JC ·

Oplossing-Afrikaners= Aktiviste, militante optrede, opleiding en ekstremisme. ONS LEUSE-Ons veg die nimmereindigende stryd vir ons vryheid.
Kan ons, ons gerieflike lewensstyl omruil vir bogenoemde, net die tyd sal leer?

Vygie ·

Jaco.. ongelukkig moet ek saamstem. Ons te ongelowig en te seker van ons saak en eie ek om iets omtrend als te doen. Hoeveel mense wat sê draai terug na God kniel werklik dagliks? Hoeveel is elke Sondag in die kerk en dra die kerk in hul saam weekliks. Hoeveel leef volgens God se waardes… so kan ek aangaan. Almal juig draai terug, maar wat is terugdraai. Huisgodsdiens as gesin saam soos die ou boere… diepe gebed en oorgawe met als aan God… Dit is nie net misdaad nie… die land is droog, letterlik (… is dit polities?).. oeste word stukkend geslaan meer en meer… Eers voor elkeen by hom/haarself besef die sonde en ongeloof is die wortel van als… en selfbesinning/ondersoek doen en oorgee aan God… reg en regverdig begin leef… dinge in ons eie lewens regstel en ook by ons werk ens. Hoe praat jy met jou werkers/kollegas/tillassistent ens.

Deon ·

Hoeveel blankes moet nog dood gemaak en aangerand word .Jy is nie meer veilig waar jy rond beweeg nie.Daar sal nou drasties in gegryp moet word ,dit kan nie meer so aangaan nie.Dinge raak nou te erg.

Jan ·

Tot tyd en wyl elke geweldsmisdadiger die ewigdurende stilswye opgelê word sal dit hand oor hand toeneem. Sodra elkeen wat geweld toepas en iemand anders wat onskuldig is se menseregte skend sy eie menseregte summier verloor en met die bewyslas opgesaal word, sal hierdie barbaarsheid nooit ophou nie.

Jaco ·

Afriforum het die saak gaan stel by die VN oor plaasmoorde ens ! Wat het verander? Niks. Dit het tyd geword dat Afrikanse orhaniesasie begin om hulle self en lede aan te moedig om meer milletant op te tree soos wat die EFF al reeds doen . Weg vuur met vuur

Helma ·

Jaco, ek stem, dit gaan nie vir my oor ras nie (die statistiek verwys ook na werkers en besoekers), dit gaan oor die moord- en doodslag in die algemeen in ons land, nie eens om te praat van die manier waarop dit gedoen word nie. Die regering is nie gepla daaroor nie en doen niks. Ons is op ons eie aangewese…gereg in eie hande. As ‘jy’ ‘n lewe wil neem, moet jy maar bereid wees om ‘jou’ eie te gee. Siek en sat vir die geweld en misdaad, en maak dit my noodgedwonge ook ‘n ‘misdadiger’ ter wille van my mense…onskuldige mense! Mag God ons genadig wees.

Jan ·

Wat help dit dat plaasmoorde ‘n tyd gelede as prioriteitsmisdaad verklaar is. Die ondersoek kry na die moord prioriteit, maar dit voorkom niks. Waar is die kommando’s? Die regering gaan in ‘n miljoen jaar nie aandag aan boere se veiligheid gee nie, want hul kiesers sal dit sien as dat hulle die wit man beskerm. Dit is presies om dieselfde rede dat die regering, agv die droogte, nie rampgebiede verklaar het nie, want hulle wil nie die boere (wit) uitsonder en bystaan nie, al ly die swartes ook daaronder. Hulle sal eerder hulself in die proses benadeel, net solank die wit man ook daaronder ly. Waarom sal hulle nou anders optree, hulle het dan vir 20 jaar als wat die witman tot stand gebring het afgebreek of vernietig.

varkie ·

Ek sê ok fight fire with fire letterlik en figuurlik maar dan moet ek besê ek bid ek dink en EK kan maar aanhou iets moet drasties gedoen word maar ek sal aanhou BID dat GOD ons genadig SAL wees met n oplossing

Pieter ·

Laat enige witte nou net iets lelik oor swartes sê, dan is dit rassisme wat gestraf moet word. Maar as boere wreed vermoor word, gee dieselfde huigelaars nie ‘n duit om nie. Daar is ‘n groot skroef los in die koppe van baie linkse joernaliste en akademici wat hul posisies misbruik vir die stook van haat.

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan hoekom dit julle almal so verbaas nie!! Hulle leuse is mos KILL THE BOER, KILL THE FARMER!!!

Wakey Wakey ·

Skokkend, tog bekommer dit GLAD nie die regering of die grootste Opposisieparty nie. Hoe gebeur dit dat nie die ANC of DA enigiets hieroor te se het nie? Dit is ‘n groot krisis in SA, maar steeds word daar shampagne gedrink en in luukse stralers rondkerjakker en miljoene spandeer aan bv ‘n begrafnis van Fidel Castro, dink net wat se verskil sou R16 miljoen gemaak het aan beveiliging van plase? Ja dit gaan oor die MENSELEWENS eerstens maar tweedens oor die kos wat die boere produseer, ek kan nie glo dat ‘n REGERING glad nie gepla is oor sy kosprodusente wat een na die ander uitgemoor word nie? Dink ook seker ons sal maar eendag alles van oorsee af invoer – soos die rand nou lyk gaan niemand van ons kos hê om te eet nie. Boere betaal belasting, ander burgers betaal belasting maar die regering IGNOREER die misdaad probleem, hulle (en hulle verdagte ondersoekspanne) maak asof dit ROOF is, meantime word daar soms niks gesteel nie! Dit gaan oor uitwissing van boere op plase, niks anders nie.

jaco ·

vanaf 2010 tot 2016 het die getal moorde nie veel toegeneem of afgeneem nie. die getal aanvalle is in 2016 egter baie meer as in 2010. beteken dit dat die boere wat aangeval word, hulle dalk beter verdedig, of is dit net toevallig?

Pietser ·

Boere is waarskynlik meer paraat OF is dit dat die wreedheid van die aanvalle statisties gesproke verminder (‘n motief veskuiwing moontlik, eerder diefstal as moord)?

DG ·

Nou word twee manne wat uit radeloosheid ‘n rondloper dief in ‘n kis gedruk en bietjie skrik gemaak het erg veroordeel. Die werklikheid is dat mense nie meer weet hoe om die wetteloosheid en anargie te hanteer nie. Wet word nou op dom maniere in eie hande geneem. Die Christelike ding om te doen seker om deel van die oplossing te probeer bly, en nie deel van die probleem te word nie. Dit raak net vir my al hoe moeiliker om by die “öplossing” te kom. Ek het niks teen swart mense nie, ek het egter iets teen wettelose, geldgieriege, grondgierige, jaloerse “jy skuld my” gesindheid wat hoogty vier onder ‘n sekere bevolkings groep. Ek dink harder bid en elke geleentheid om wet en orde te laat geld is deel van die oplossing. Dit is ook nou tyd dat die belaglike rassisties BEE onreg ‘n einde moet kry.

Johan ·

Meeste van die aanvalle is rassisties ideologies gemotiveerd, glo ek, en daar word net goed gesteel as ‘n dekmantel sodat die polisie dit kan klassifiseer as “gewone” misdaad. Boere moet klag van rassisme ook lê vir al die gevalle waar wreedheid (haat misdaad) met die “gewone” inbraak gepaardgaan. Ek wil dan sien wat die MRK gaan doen om die skuldiges aan die pen te laat ry.

Lila ·

Wat van ons gelofte mense??

Wie van jul hierbo vier elke 16 Desember die gelofte wat ons in 1938 aan God afgelê het? Die enigste een van 2 geloftes wêreldwyd!

Ek reken die Afrikaner moet ‘n samekoms reël en weer ‘n belofte maak om die gelofte van die slag van Bloedrevier te herdenk en as sabbat te heilig!

Die van jul wat nie weet waaroor dit gaan.. die boere was was al so uitgemoor deur die Zulus en daar was reeds nog n aanval oppad.. die boere het saamgekom en besluit om te bid tot God en hom te vra om hul te spaar.. en as Hy dit doen sal hul elke jaar die gelofte aan God hou! Daar was daai dag slegs 474 boere.. teen sowat 12000 tot 15000 Zulus.. en glo dit of nie.. maar daar was daai dag nie EEN boer dood nie! En te danke aan daai 474 brawe boere is ek en jy vandag hier..

Ek reken dit is tyd dat ons terug draai na God.. en hy sal n weg vir ons baan!

JC ·

Dankie Lila, DRAAI TERUG NA GOD, EN VIER ONS AFRIKANERS SE GELOFTE!!

Sophia ·

Ek stem saam met Lila! Volgende week Vrydag is 16 Desember, Geloftedag, maar wie van die wit leiers (Afriforum, VF Plus, Kerke, ens.) het dié dag uitgeroep vir ALLE Wit Suid-Afrikaners om by die Voortrekker Monument bymekaar te kom om weer van nuuts af ‘n Gelofte aan God te maak dat ons sal Lewe, Ons sal Sterwe, ons vir JOU SUID-AFRIKA??!

Dit sou nou die gulde geleentheid gewees het vir die witman om vir die res van Suid-Afrika, en die Wêreld, te wys dat ons ernstig is om ons ras te beskerm met die hulp van God! En ook die boodskap aan die EFF en ANC te gee dat GENOEG IS NOU GENOEG!!

m ·

Die getalle gaan net meer styg want hierdie mense sal nie rus voor wittes uitgemoor is

Theresa ·

Want ons is hiper ordentlik. En hou die wet. Indien dit presies visa versa was, sou daar lankal ‘n ander deuntjie gedreun het.

Kobie ·

Dank seker aan Malema en kie. Ons mag hulle nie name noem of hulle kleur uitwys nie, maar hulle mag ons uitmoor. Nou nou is iemand weer gatvol en doen iets aan hulle. Gou sal sy eie mense hom kruising en help in die tronk sit. Ons is wragtig ń siek land. Verstaan nie hoekom ons die ander wang moet draai nie?

Genoeg ·

Ja Chrisna, ek en Foxi wil beide weet waar jy die bevestiging gekry het dat Jesus nie wit was nie? Help ons bietjie uit ons misterie dat Hy wit was en ons soek konkrete bewyse.

Noor ·

Jesus was `n jood uit die stam van Juda, Sover my kennis strek is die jode witmense

Lance ·

Dis net vreeslik erg. Share asb dit op julle FB ens….dat die wereld net meer kan besef wat in SA gebeur met so baie onskuldige mense asb.

Gelofte tot eer van God ·

Sien julle almal by die monument op 16 desember 2016.Die Here sal ons weer red.

Saamstaan ·

Eerstens moet ons HAATSPRAAK gaan aangee by die Menseregtekommissie en ‘n klag teen ‘n persoon maak wat bloedvergieting teen boere verkondig. Ons moet nie stop nie, ons word te gou afgesit deur een hofsaak. Tweedens moet boere paraat begin raak, soos ons in stede nie meer dieselfde kan leef nie, so ook hulle nie, al is die omstandighede bietjie anders. Derdens kry julle eie sekuriteitsfirma, wat plase kan patrolleer en waarmee julle altyd in verbinding kan tree. Houthuisies kan op sentrale plekke opgesit word, ek verstaan daar kan nie ‘n sekuriteitswag by elke plaas wees nie. Vierdens, dra jou wapen saam, as jy uitgeroep word, vat twee ander werkers saam, moenie alleen die skurke gaan aanpak nie. Vyfdens beveilig ook julle huise met diefwering, ysterhek in die gang en ‘n alarm. Sesdens, MOENIE besigheid met vreemdelinge doen nie, ‘n hoender of bees se verkoop is nie jou lewe werd nie. As julle daardeur EEN lewe kan spaar is dit wonderlik. Wees weer van mekaar en God afhanklik, staan saam ook met sakemanne in julle dorpe, werk saam, moenie altyd dwarstrek en mekaar uithaal nie!

Toetsie ·

Dit breek my hart waneer gaan dit einde kry!!!! Ek voel so hulpeloos :(

Max ·

Ek dink Dus tyd om tebesef dat wat ons ook al doen nie suksesvol gaan wees as ons nie gaan toelaat om GOD te betrek nie.Ons kan absoluut niks op ons eie doen nie want GOD is in beheer kom ons maak HOM deel en glo my HY stel nie teleur nie. Ek bid vir ons boere my hart gaan uit maar glo net en vetrou GOD is regtig in beheer.

Pietser ·

‘n Bietjie perspektief – Daar word meer as 50 moorde elke dag in SA gepleeg (die syfer vir die vorige jaar was 51). Blankes is minder as 10% van die bevolking. Kom ons werk op 8% en veronderstel daar is 4 moorde op blankes elke dag (dus so 28 per week). Die moordsyfer op blanke boere op plase is ongeveer 60 per jaar dus gemiddeld 5 per maand (ongeveer 1 per week). Veel minder as wat mens sou verwag die moordsyfer vir blankes sou wees in die hele land per week. Dus – Blankes op plase is baie veiliger as blankes iewers elders in die land.

KvS ·

Dis n eensydige oorlog die. Tyd vir die mag aan die duskant om in volle beweging te kom

Andre Cornelissen ·

JC en Lila , ek dink die Kommandostelsel of iets soortgelyk moet weer ingestel word.Indien die regering nie toestem nie,moet dit ondergronds gedoen word.Steve Hofmeyer sal n goeie leier wees. n moet vir jou beginsels veg.

JC ·

Dankie Andre, ek stem saam.
Leiers wat kan uitpraat oor omstandighede en politiek en darem iets doen, al is dit hoe klein, word nie gebore nie, MAAR GEVORM in oomblikke van krisis en Steve Hofmeyer is in my boek goed genoeg en presies die uitstaande voorbeeld van bogenoemde!!
ONS HET WERKLIKWAAR NIEMAND ANDERS AS STEVE NIE.

Etienne ·

Spreek die oorsaak aan.Ons mense sit sonder werk en wil werk.Afriforum moet die leiding neem, dit inisieër en fasiliteer – lei mense op om gebiedsbeveiliging te doen.Baie van ons het wapenopleiding ontvang.Sigbaarheid op plase en landelike gebiede sal hierdie statistieke hokslaan.

Theresa ·

Ek hou van die voorstel van 16 Desember saamkom by Voortrekker monument. As hulde van die gelofte wat beantwoord was en ‘n nuwe vars smeking om krag dat ons volk nie so uitgewis word nie. Dit kan ‘n ongelooflike wonderlike ondervinding wees en gevolge vir die toekoms hê wat geen mens kan indink nie???!!

Pieter ·

Piester, jy kort basiese rekenkunde om so ‘n afleiding oor die syfer te maak, dalk dieselfde probleem wat ons president het! Elke plaasmoord is een te veel.

Carlia ·

Dit klink of swart op wit soos trofee jagters is en behandel word. Hoe meer trofees, hoe beter hul aansien. Tragies dat dit so erg is, maar ja, almal dink iemand anders moet hul beskerm en niemand kyk om hul rond en dink aan waar hul hulself kan beskerm en voorsorgmaatreëls tref nie.

J ·

Steve Hofmeyr kan se Malema is n werfbobbejaan, Malema kan se Kill the Boer ens ens,maar sodra n vrou iets baie minder ernstig op sosiale media kwytraak, word sy geskors en ondersoek en haar opmerkings as lasterlik ens ondersoek. Ek weet dit het nie veel van betrekking op die berig nie,maar ek probeer net wys hoe onregverdig die lewe is – net soos die arme boere en mense wat hulle lewens op die mees wreedste manier denkbaar verloor het! Ek ondersteun ook vir Steve, omrede hy n realistiese vegter vir die afrikaner is en nie bang is om sy mond oop te maak en voor 500 mense tyd te maak om n standpunt te maak teen n nikswerd regering en sisteem nie.

Skuimerig ·

So 51 moorde per dag in die land. En 64 boere per jaar. Dit gee bietjie perspektief aan die wat so heeldag plaasmoord skree.
Daar is baie groter probleme in die land en een groepie word nie meer geteiken as die ander nie. Julle wil net victum speel en nie die ware probleem besef en almal saamstaan nie. As jy net wil kla oor jou eie mense gaam die res nie saam jou staan nie. Net jy, Steve en sy ander 100 toeskouers.

chrisp ·

Skuimerig ek plaas maar my kommentaar wat ek vir Pietser gaentwoord het ook vir jou. MM hou dit nog vas en die kans dat hulle dit nie by Pietser sal plaas nie is goed.
Hoeveel blankes bly op plase in vergeleke met die in dorpe en stede?
Vergelyk dan sommer die beroepe se moordsyfers.
Vergelyk dan ook die moorde(en wreedheid daarvan) van witmense teenoor swartmense dws hoeveel witmense val swartmense by hul werk en wooning aan en vermoor hulle?

Ek dink dit is dalk beter perspektief.

Wolfie ·

Chrisp, dit is waar jou eerste probleem le, jy wil alles met ras vergelyk. Jy verstaan nie eers die eerste en belangrikste begrip van die nuwe Suid Afrika nie.

Anyway so kom ons speel jou raskaart en statistiek.
N boer bly op sy eie tussen nowhere en nerens. Maklike sagte teiken vir n krimineel. Nie baie ander oe wat hom dalk kan raaksien.
Dit is nou so goed jy wil moorde vergelyk op polisiemanne teenoor rekenmeesters.

Dan jou wit op swart moord en swart op wit moord. Weereens kyk jy na ras en nie die volle prentjie nie. Daar is baie kriminele, as jy hulle lewensverhale gaan kyk, sal jy sien dat armoede dalk n effense rol speel, maar eintlik was die armoede meer indirek verantwoordelik vir die ware rede. En dit is swak opvoeding, n rowwe kinderlewe, blootgestel aan geweld en min liefde ens ens.
Nou ongelukkig agv die dinamieka van SA se samelewing is die oorgrote meerderheid van hierdie kriminele wat sulke opvoeding gehad het, swart. Dit het niks met sy velkleur uit te waai nie, maar met sy omstandighede.
Nou hier is die spanner in jou teorie. Hierdie kriminele, vermoor getalgewys en seker persentasie gewys ook, meer swart mense as wit mense. So die probleem le nie by die ras nie en wie moor vir wie nie, die probleem le by die krimineel en ons land se situasie wat net meer en meer van hulle kweek.

chrisp ·

Wolfie dankie vir jou antwoord. Graag gaan ek jou antwoord en wel per paragraaf soos ek dit sien.

1.)Ek vergelyk alles met ras ja net soos RSA Bee,SEB,Kwotas ens om die rede sien ek dit nie as ‘n probleem nie.Dink jy as daar gesing word van one settler one bullet is dit kleurloos?

2.)Regoor die wereld bly boere meestal afgelee hoekom word hulle nie wreed en gereeld vermoor nie.Dit het wel oorals in Afrika?

chrisp ·

Ek het jou verder geantwoord soos ‘n opvolg dalk plaas Maroela dit wel Ek kan net hoop.

Ek wil net byvoeg dat sover ek weet meer boere vermoor word as polisiemanne. Ek vind dus jou verwysing van polisiemanne en rekenmeesters interessant.

Ada ·

Steve Hofmeyer kan jy asb iets reel vir die 16de Desember. Dit bly nog steeds vir my Gelofte Dag. n Baie belanrike datum vir ons Afrikaanse mense met n Afrikaanse geskiedenis. Net ons en Israel het so n Gelofte afgele. Ek dink ons het dit broodnodig. Betrek ook die Voortrekkers van oor die hele land wat kan kom. Dit sal Groots wees.

Aster ·

Maar net nog ‘n rede om te emigreer (nie omdat ek wil nie, maar omdat ek moet). Feit is, die koeël is deur die kerk, ons sal nooit weer in bewind kom nie. Vraag is…is jy gelukkig om hier te bly en al die onregverdigheid, moord, dood, rassisme bla bla bla, en en en…die lys gaan aan, te sluk en absorbeer totdat daar niks van ons blankes oorbly nie? Die regering doen niks vir ons blankes nie, inteendeel sit hulle nog agter die moorde op blankes (kyk na die statistieke dis feite mense).

Tanya ·

Aster, jy sit die pot mis. Dit gaan nie oor om weer aan bewind te kom nie. Dit gaan oor ‘n regverdige SA. Waar almal saam in vrede kan leef. Net so moeg soos jy vir al die nonsens is, is daar swart mense wat net so moeg is. Ek persoonlik ken ‘n swart boer wat aangeval en aangerand is, hy en sy vrou. Daar was vir hulle ook geen genade nie. Ongelukkig is dit so dat die regering niks doen om mense te beskerm nie en ANC lede kry voorkeer. Net vir die interresantheid, ek gaan nie vlug nie. Hierdie is my land ook. Ek staan ook vir ‘n regverdige land. Ongelukkig is die wolwe nou meer as die skape en ons is oorgelaat aan God se genade.

Etienne ·

Ek lees die kommentaar en wonder , die wat so te velde trek en die misdaad wil veralgemeen – asof dit nou aanvaarbaar is want dieselfde lot tref almal. En as iemand na aan jou die vgl. slagoffer is ? Dis goed as ons die wêreld bewus maak van die feite, maar die oplossing sal uit eie “geledere ” moet kom en gaan ongelukkig nie mooi en aanvaarbaar viralmal wees nie. Dit moet net effektief wees.Vraag is : gaan ons bly modder gooi of gaan ons die onbenydenswaardige verantwoordelikheid aanvaar om te doen wat die situasie vereis ….

Lance ·

Enige moord is verskriklik . In SA 50 moorde per dag …in 2016 totaal van 334 moorde. Beveilig jou kamer waar jy slaap. Sorg vir n selfoon en minste n pepper spray langs jou bed en n flits. Klein voorsorg wat n groot verskil kan maak in tye van nood.

DeLaRey ·

Ons vyand is tussen ons , ons medemens , die liberal…die rugsteker , die dwarstrekker.
My kommentaar is al 100 keer verwyder…want ek verwys daarna dat ons eers onder ons eie mense moet werk voor ons aan die vyand kan aandag gee.
Ons MOET eers die liberaal aanpak want hulle is die grootste gevaar…

Kobus ·

De LA Rey….soos jou kommentare verwyder word…word myne of nie geplaas of verskyn net vir n rukkie…stem meer as 100% saam met jou..die “vyand” is tussen ons eie mense….die met die 2 tonge….soos ek in die verlede al gemeld het…is dit selektiewe ras gedrewe suiwering….ons kan dit nie weg redeneer dat daar nog steeds boere is wat hul plaaswerkers nie baie goed behandel….maar die meerderheid doen meer as wat wetlik voor geskryf word en Christelike menslikheid n norm….en mense wat “benadeel”voel het die natuur om ander ook in die maalkolk van vergelding in te trek….so moet ons boere meer paraat wees en n band met hul werkers vorm om enige inligting van aanvalle met mekaar te deel vir albei se veiligheid…maar hierdie kommentaar sal ook nie geplaas word…dis nie polities korrek

Gemsbok ·

Orania en die Noord-wes Kaap bied ‘n veilige gebied met ‘n absolute meerderheid Afrikaanssprekendes en meer as genoeg hulpbronne om alle Afrikaners te akkomodeer. Daar kan ons vir onsself en vir ons kinders ‘n veilige toekoms skep. Al wat dit verg is ondernemingsgees, offervaardigheid en ‘n bereidwilligheid om meer kreatief te wees. En natuurlik om as Afrikaners saam te werk. Kan ons dit doen? Natuurlik, ons voorouers het dit reggekry. Wil ons dit doen of wil ons eerder geleidelik uitsterf? Die tyd sal leer. Maar ek en my huis sal bou aan ‘n nuwe toekoms.

dawid ·

Ek stem saam met jou De La Rey. Die liberale rugstekers is dan ook die lafaards wat eerste sal weghardloop wanneer die groot probleme kom.Hulle moet eintlik nou al die pad vat. Soos jy se – hulle is tussen ons.

Leonora ·

By ons was hier Dinsdagaand ‘n aanval op Johan Van Niekerk en Woensdag oggend ‘n aanval op Petro Jacobs. Dit sommer amper in een distrik. Mense dit maak ons boere bang, wanneer is ons volgende. Skiet jy om jouself en jou gesin te beskerm het jy probleme, skiet jy nie is jy dood.

Isabel ·

Se dankie v die ja broers wat nou lekker met hul tone in die sneeu krap oorsee. Ons kan maar net nie saam staan nie. Se jy iets sal ‘n rugsteker jou gou verraai. Wat van Gelofte Dag? Ek se die Wraak kom God toe. Niemand kan Hom aankla of tronk toe vat nie. Twee mans maak of hulle iemand in ‘n kis sit en wit poppe word geparadeer en doodsdreigemente teen hulle families en word gedreig om hul plase af te brand. Nee, Vader in die Hemel te veel is te veel. Neem U die Wraak. Ons sit in sak en as. Amen.

Koos ·

Jaco jy praat so in my kraal, verkoop verkoop. Tye het verander. Jou lewe is meer werd as dit!!!

Pietser ·

Kan nie wag dat al hierdie negatiewe jammergatte hulle goed vat en loop nie. Genade, wat ‘n gekerm. Speel ook altyd die slagoffer. Julle kla met die witbrood onder die arm, sit in julle groot huise en ry julle smart karre. Daar is miljoene in die land wat nie so bevoorreg is nie.

Koos ·

Julle kla oor die boere, hoeveel blankes het al hulle werk verloor op die myne. My broer het sy werk verloor op n myn en toe hy sy ” ryk vriend” gaan vra of hy kan help al is dit om trekker te bestuur het hy net eenvoudig vir hom gese jammer ek kan nie. Hierdie ou is wel af glo my. Nee hulle sal eerder nog plase bykoop en hulself verryk. Kyk hoeveel mega-boere is daar, n skande. Hoeveel blankes sit in plakkers kampe. Wittes sal mekaar nie help nie

Pietser ·

Dis wragtig waar. Die Afrikaner sal nie sy mede-Afrikaner help nie. Dis nogal ‘n kenmerk van ons volkie.

Grens ·

Koos – “kyk hoeveel mega-boere is daar, n skande” Van wanneer as is dit nou ‘n skande om groot te boer. Jy klink vir my baie verbitterd. Omdat daai boer nie ‘n werk aanbied nie?? Baie van daai in plakkerskampe wil nie werk nie man. Hoekom gee jy dan nie vir jou broer ‘n werk nie, of laat hy maar uitspring en sy grysstof gebruik om ‘n lewe te maak. Ek het ook al my werk verloor in die verlede, maar ek het nie ander mense geblameer daarvoor nie.
Pasop dat daai “die wereld skuld my iets” nie maak dat mens ander geleendhede miskyk nie!!
Sterkte daar!

Pietser ·

Cheers al die jammergatte. Ons wens jul sterkte toe oorsee. Onthou net julle het ‘n besluit geneem om jul rug op jul land van herkoms te draai en daarom verloor julle enige reg om gal te braak jeens SA oorsee. Julle is nie meer welkom nie en moet asb. nie weer terugkom nie.

John ·

Jare gelede was daar nog wit plaashulp, destyds bywoners genoem, maar deesdae is ons Afrikaners sku vir ons naaste. Eie familie wil hul naaste nie ken nie, wat nog help. As jou naaste ryk is haat jy hulle en as hulle arm is verag jy hulle. Dis hier waar ons, ons grootste fout maak (Dis selfs ‘n Godsopdrag!). Die Jode en ‘n paar ander volke soos die Grieke en Portugese help mekaar op die been kom, maar ons benadeel mekaar eerder. Saamstaan is nie die motto van die Afrikaner nie… Nou wonder ons en ons wag en ons bid vir seen van bo(Bo?)…

Tanya ·

Net jammer ons eie mense wil nie werk vir die geld wat die ander rasse voor werk nie. Selfs bietjie meer. Hulle is te goed daarvoor en verwag, as plaaswerker, ‘n salaris van R15 000 per maand.

Theresa ·

Liewe aarde mense. Ons volk word teen ‘n snelle spoed afgemaai. Ek is ‘n klein vissie in ‘n groot dam en ‘n druppel in ‘n emmer. Maar die Vader weet, kom ons gebruik hierdie gespreksforum – ‘n voorreg wat ons nog tans het – asseblief nie om mekaar so uitmekaar te trek en so aanhoudend te stry nie. Fokus liewer op die berig en dat ons daaroor gesels en oplossings vind?

Johann ·

Die regering besef nie die gevolge van die moorde nie.
Boere gaan dood eenvoudig hulle plase verkoop en stad toe trek. Party sal die land verlaat.
Die gevolge van minder boere:
1. Die bevolking van Suid Afrika groei drasties
2. Die “demand” gaan verhoog. Die “supply” gaan verminder.
3. Die gaping tussen ryk en arm verhoog. Daar gaan geen middelklas meer wees nie.
4. Van die plase wat deur die regering aan die mense gegee het, het misluk. En dit gaan aanhou gebeur.
5. Regering gaan nog meer kos moet invoer van die buiteland. Die kwaliteit gaan baie swak wees teen belaglike pryse. Dit gaan veroorsaak dat die pryse die hoogte inskiet.
6. Sekere groepe in Suid Afrika sal die regte kos kan bekostig.
7. Na ‘n ruk gaan die buiteland ophou om na SA toe te stuur want hulle word nie betaal nie.
8. Die arm mense gaan slegs mieliemeel kan bekostig. Die wat op kleinskaal boer gaan sleg vir hulleself produseer. Die produke gaan van uiters swak kwaliteit wees.
9. Die arm mense gaan begin om alles te eet wat hulle kan.
10. Hongersnood, wanvoeding en siektes is SA se voorland terwyl die regering in weelde leef.

Johannes Meintjes ·

Misdaad, geweld en volksmoordtendense of patrone in SA bly meer as kommer- en angswekkend. Tog bly die burgerlike bevolking dikwels bloot getraumatiseerd as toeskouers en kommentators op die kantlyne en op sosiale media. GPF effektiwiteit kan verseker opgeskerp word, asook samewerking tussen buurtwagte, plaaswagte, die GPF, SAPD, Metros en nooddienste, maar ook d.m.v. die benutting van oud en beskikbare SAW kundigheid. As die Staat Israel elke aanslag op hul land en mense kan ontleed en teenvoeters wat samewerking tussen polisie, weermag en bevolking insluit, implimenteer, kan en moet die blanke en (Boere) Afrikaner ook die beginsels en metodiek van rentmeesterskap verantwoordelikheid en dinkskrum oplossings aanwend. Elke plaasboer wat vermoor word affekteer die ekonomie en voedsel sekerheid in SA en die SAOG streek, – buiten die verdriet en ontwrigting van hulle huisgesinne. Wie stel eise teen die SA regering in vir die onbeheerde misdaad en swak misdaadvoorkoming, asook boerdery, gesins en ekonomiese verliese? Wakkerstaan! Saamstaan! Saamwerk! Asb.

chrisp ·

Kan net saam met van die mense hier stem dat ons grootste probleem die liberaal onder ons is.
Dit is werklik jammer dat ons hierdie kanker nie sien vir wat hulle is nie,’n kanker. Die swartman is nie ons probleem nie dit is slegs ‘n klein % wat ons wil uitwis.Die liberaal onder ons is egter ‘n heel ander storie.

JC ·

Dankie crisp!! jy is ten minste ook iemand wat die lig gesien het :-)

Pietser ·

chrisp – dis darem nou ‘n geweldige omswaai van jou nadat jy beweer het dat die moorde op witmense in hierdie land rasgemotiveerd is. Jy is met die korrekte feite gekonfronteer en nou sing jy ‘n ander deuntjie. Ek het nogal gelag vir jou redenasie waar jy die moorde tussen beroepe wil ondersky. Wat maak dit nou saak, die gesprek is oor moorde op witmense en soos ek aangedui het, is blankes wat nie op plase woon nie veel meer blootgestel aan geweldsmisdade ( ingesluit moorde) as die blankes op plase. Ja chrisp – die wit boere op plase is inderdaad die veiligste blankes in die land. En ek wil net afsluit met dit: swart op swart moorde is persentasiegewys baie meer as swart op wit moorde. ‘n Duidelike bewys dat moorde op blankes, hetsy op plase of nie, NIE RASGEMOTIVEERD IS NIE. Om te se dit is, is misleidend en inderdaad ‘n leuen. Wat ons mee te doen het, is ‘n kriminele element wat misdadig optree ongeag die ras van die slagoffer (alhoewel swartmense inderdaad meer blootgestel is).

Kobus ·

Grens….n man my hart….was ook afgele by die myne….nie ryk familie om hulp te vra….moes maar uitspring en aanpas….want die mondjies soek kos….baie gelukkig om n goeie betrekking te kry….maar heel uit my veld….moes in spring en aanpassings maak en vinnig leer…dus om te sit en wag dat n betrekking na jou toe kom,sal glad nie gebeur…pas aan en die wat so kla….doen iets aan jou lewenshouding

Gerrit ·

100% Kobus 100%
Ek was ook daar. Kom ons deel bietjie uit, want ons het ekstra.
Sterkte en ons moet maar altyd gereed en voorbereid wees, vir enige iets wat na ons kant toe kom.

Kobus ·

Gerrit….dankie dat jy dieselfde voel….wat jy daar tereg se is korrek….ons as die Blanke Afrikaner moet na ons medemens uitreik wat finansieel minder het….my vriendin het so 2 jaar gelede n minder bevoorregte “gesin” aan geneem en met ons 2 se geldelike bydraes maak dit die lewe vir daardie gssin tog n bietjie makliker….moet dit ook noem….hul sit nie en wag vir aalmoese…die man en vrou werk albei….ongelukkig net swak geskool….hul sukkel werklik en is mens mense…die sout van die aarde….en het ook net 2 kindertjies…nie net kinders gekry dat die staat moet sorg…hul kry ook nie n toelaag vir die kinders….hul voel dat hul most voorsien….HUL OOK NIE HULP GEVRA….dis aangebied…..voordat mense weer n verkeerde idee kry

chrisp ·

Pietser.Om eenof ander rede plaas Maroela net van my idees en los dan ander uit dws ek dink gesonde debat en argumente tussen lesers is haas onmoontlik.Ook het dit niks met die skrywe te doen nie aangesien ek jou geantwoord het (hulle plaas dit nie)en so ook vir skuimerig(hulle plaas dit) wat presies dieselfde woorde is.
Ek sal bitter graag met jou wil debateer. Dit is nie ‘n ommeswaai nie en om dit te verduidelik sal ook nie werk nie want sekere gedeeltes of argumente word nie geplaas nie.
Ek het al gevra waarom en dan kry jy die bepalings en voorwaardes briefie wat niks se nie. Dit is werklik jammer want hoe kan ons van opinie of siening verander as jou antwoord net met rukke en stote geplaas word?

Gaan kyk gerus daar by die Rugby debat tussen my en jou waarvan baie net uitgevee is.

Izak ·

Ek is oortuig DAAR is ń stilswyende goedkeuring van regeringskant……rede?

NIE IN EEN VD MOORDE WAS OPENBARE VERKLARINGS TEEN EEN VAN DIE MOORDE NIE.

AS DIE NAVORSING DAN BEWYS DAT RAS WEL IN SOMMIGE GEVALLE Ń ROL SPEEL, WAAROM GEEN REAKSIE VAN OWERHEIDSKANT NIE???
#boerelegioen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.