Soveel sterf al vanjaar in plaasaanvalle

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

AfriForum en TLU SA het Woensdag bekend gemaak hoeveel plaasaanvalle en -moorde daar reeds vanjaar was.

Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het gesê die syfers vir plaasaanvalle en -moorde toon in 2016 vir die sesde agtereenvolgende jaar ʼn kommerwekkende styging. Volgens dié inligting was daar al vanjaar minstens 334 plaasaanvalle en 64 plaasmoorde. In 2015 was daar 279 aanvalle en 64 moorde.

Van begin Julie tot einde November vanjaar was daar minstens 141 aanvalle en 18 moorde. Die meeste aanvalle en moorde het in Gauteng voorgekom. In dié provinsie was daar minstens 37 aanvalle en vyf moorde.

Chris van Zyl. Foto: Reint Dykema

Chris van Zyl. Foto: Reint Dykema

In die Vrystaat was daar minstens 32 aanvalle en drie moorde en in die Oos-Kaap minstens vier aanvalle en drie moorde.

In dieselfde tyd verlede jaar (begin Julie tot einde November) was daar minstens 139 aanvalle en 30 moorde landwyd. Weer eens was die meeste aanvalle en moorde in Gauteng, naamlik minstens 25 aanvalle en 10 moorde.

Van die minstens 1 849 plaasmoorde sedert 1990 was 1 187 van die slagoffers boere, 491 direkte familie van boere, 147 werkers en 24 besoekers.

Volgens Van Zyl is nóg groot bekommernisse die vergiftiging van vee en dreigende besettings. “Die groot groepe aanvallers, die betrokkenheid van buitelanders en die benutting van tegnologie deur aanvallers is ook kommerwekkend.”

Sien die onderstaande grafika:

plaasmoorde1 plaasmoorde3 plaasmoorde2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

97 Kommentare

jongste oudste gewildste
Denise

Dit is vir my skokkend om te lees hoeveel BOERE al vermoor is waar gan ons kos kry as dit so aangan !!! En dan nog al die onskuldige mense !!!!!

PvZ

Wanneer voldoen ‘n mens aan die vereistes van “oorlog”. Wag ‘n mens vir ‘n “oorlogsverklaring”. – CHECK. Ek hoef die lesers van MM nie te herinner aan die EFF, ANC, SAKP ens. se uitlatings nie. Wag ‘n mens vir die aanvalle om te begin. – CHECK. Die statistieke hierbo spreek vanself. Verseker is die bg. nie al die aanvalle nie. Het iemand al uitgewerk, hoe lank het ons nog tyd voor ons heeltemal uitgewis is. Teen die tempo van “gedwonge” emmigrasie, lae Afrikaner aanwas en die daaglikse aanvalle en moord op ons mense, hoe lank nog? Hoe gaan SA lyk… Lees meer »

Spook

En dis maar waar dit bly, net statestieke en tabelle en ja ons hou dit dop. Maar wat word regtig aan die saak gedoen. NIKS NIE want selfs op julle tabelle wys dit! Dit word erger en erger en word aan ons gewoont gemaak sodat niemand iets doen nie(Glo my daar is baie wat wil maar kan nie)As die mense (TLU/Afriforum) iets daadswerklik iets wou doen sou hulle.Dit help nie om in die howe oorsee te gaan kla nie ,dit help niks maar net nog n apartheids wit rassis wat kla. Die probleem is op ons stoep en net werklikke… Lees meer »

se maar net

Julle se dat daar nog geen moord vir Desember 2016 in Mpumalanga is nie, maar ek weet van n plaas aanval laas vrydag aand waar die man dood geskiet is net buite witrivier

AL

Net so. Dis n doelbewuste poging en moet skerp aangespreek word.