Soveel sterf op SA paaie tydens Paasfees

Minister Blade Nzimande. Foto: @TrafficRTMC/Twitter

Die afgelope Paasnaweek het meer as 500 lewens op die land se paaie geëis.

Blade Nzimande, minister van vervoer, het Dinsdag bekend gemaak dat 510 mense van 29 Maart tot 9 April op die land se paaie dood is. “Dit is 14% hoër in vergelyking met die 449 mense wat in dieselfde tydperk verlede jaar dood is.”

Daar was 111 sterftes in KwaZulu-Natal, 89 in Gauteng, 34 in die Wes-Kaap, 59 in die Oos-Kaap, 27 in die Vrystaat, 49 in Mpumalanga, 34 in Noordwes, 80 in Limpopo en 27 in die Noord-Kaap. Volgens Nzimande was daar ʼn totaal van 430 noodlottige ongelukke. Die meeste ongelukke het op Vrydag, Saterdag en Sondag tussen 17:00 en 20:00 plaasgevind.

Nzimande het gesê 37,3% van die oorledenes was voetgangers, 25,6% bestuurders en 35,5% passasiers. “Die voorlopige verslag toon die vernaamste bydraende faktore vir padongelukke is menslike gedrag.”

Volgens Nzimande is daar ʼn totaal van 150 103 voertuie tydens die Paastydperk van die pad af getrek. Die minister het gesê 6 435 motoriste is in hegtenis geneem weens oortreding van die spoedbeperking, 3 208 weens ongelisensieerde voertuie, 300 weens bestuur sonder ʼn lisensie, 2 344 vir bestuur sonder ʼn veiligheidsgordel en 1 689 vir die bestuur van ʼn voertuig met verslete bande.

Nzimande het gesê ʼn motoris is op die N3 naby Hilton in hegtenis geneem teen ʼn spoed van 224 km/h. In Warden in die Vrystaat is ʼn motoris teen 208 km/h op die N3 betrap en in Benoni teen 206 km/h op die N12.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hugo ·

Indien daar doeltreffende wedstoepassing is, sal die getalle afneem. Beboet mense swaar wat verkeersreëls oortree soos verkeersligte, geverfde pyle, stop tekens, feel eilande, ensovoorts.

Buitestander ·

Pad redders doen nie genoeg nie. Parkeer teveel hulle voetuie onder koelte bome en vang ‘n vinnige slapie.
Oortreders gaan ongesiens verby.

Ina ·

As jy nie in Verkeerskantoor werk nie… Moet dan liewer nie kommentaar lewer nie. By ons is daar maar 3 verkeers voertuie tussen 16 verkeersbeamptes wat op 6 verskillende paaie moet werk… Tekort aan voertuie beperk ook sigbaarheid op paaie. Padgebruikers moet begin verantwoordelik bestuur en nie altyd ongeduldig wil wees op die paaie. Dit is een van die grootste oorsake van ongelukke op paaie.

Johann ·

En agbare minister, hoeveel van die totale insidente was TAXIS by betrokke? Of sou die weergee van die waarheid in die geval rassisties, koloniaal, ondemokraties en so wees? O ja… askuus, die “bedryf” is mos nie deel van n bydraende finansiele aard dmv belasting of tolgelde nie, ANC LEGACY van onaantasbaar…

jaco ·

SA is in ekonomiese resessie EN ons ekonomie is as rommelstatus gegradeer. ALLES word net duurder en duurder. Waar kry so baie mense dan geld vir weggaan met vakansie oor Paasnaweek? En as die sterftes 14% hoër is as ‘n jaar gelede, beteken dit 14% meer mense is tydens vanjaar se Paasnaweek weg – ‘n jaar waarin ALLES sommer baie duurder geword het.
Iewers maak iets nie sin nie. Mense gaan of met vakansie op skuld, of die resessie en rommelstatus is nie regtig so erg nie of iewers is ‘n reuse klomp mense wat wel baie geld het om te mors, maar hulle wys dit nie die res van die jaar nie.
Maar sover dit my aangaan; ek kon weggaan vir Paasnaweek regtig nie bekostig nie. dit het my begroting verlede jaar klaar reeds seergemaak.

Peet Schabort ·

Verkeersopvoeding begin op skool, verkieslik laerskool. Dan kan die kind op die agtersitplek die bestuurder vermaan om nie soos ‘n padvark te ry. Dis een vd oorsake. Voordat dit nie gaan gebeur sal die treurspel voortduur.

Judge Dredd ·

37.3% van die oorledenes was voetgangers.
Nou hoeveel van daardie voetgangers was dronk en het in/oor die pad gestrompel soos baie keer gebeur oor paasnaweek en wat doen die minister aan publieke dronkenskap?

Leon ·

My jitte nê, en daar is die syfers….NOU WAT NOU, AGBARE MINISTER!

jd ·

As Jy kyk na die 1) paaie (potholes), 2) die spoed waarmee die luukse motors en bakkies jou tussen die potholes deur verby vat is dit min.
Die voetgangers was seker in die slag wanneer Jy uitswaai vir a pothole.

Ja JA ·

Het baie minder sigbare metro polisie gesien die jaar as die jaar tevore.
Al wanneer jy hulle sien is as hulle besluit om n groot pad blakade op te stel en dan verkeer onwrig want hulle wil hulle quotas vol maak.

piper ·

padwaardigheid n groot kwessie. oor n afstand van 9 kilometer het ek een aand net na 7 uur 27 voertuie getel wat foutiewe of geen ligte het nie. die getal is nooit minder as 10 nie. hoekom word hulle nie afgetrek nie.

Buitestander ·

Die Ridders van die wapad moet mos ook een of ander tyd eet en skofte ruil.
Hoe is jou hart dan Piper.
Trek jy ook nie af en eet nie???

Beskaafde Motoris Erdvark ·

Was April 2018 in Christchurch, New Zealand. Het seker ‘n uur by ‘n besige verkeerskruising dopgehou hoe die padgebruikers optree. Gee gery oor rooi verkeersligte. Gee selfone teen die oor. Hulle hou stil duskant die breë wit lyn waaragter motoriste by stopstrate moet stilhou. Wanneer NZ bestuurders nie by die padreëls hou nie, word hulle gestraf word. Die Suid-Afrikaanse verkeersowerhede se dienste laat veel te wense. Daarom die hoë vlakke van wetteloosheid. Die pa in die huis moet die skuld kry as sy kinders ongedissiplineerd is. Pa = Minister van Vervoer.

Cherokee ·

Op grond van wat is dit ‘n oortreding vir ‘n motorbestuurder om nie ‘n sitplekgordel te dra nie? En moet nie sê omdat daar so ‘n verkeersregulasie is nie, want dit is juis my vraag, waarom daar so ‘n regulasie bestaan.
Die bestuurder se liggaam is sy eie. Dit behoort nie aan die staat nie en as hy dit wel wetende in gevaar stel, gaan dit nie die staat aan nie. Eintlik is dit ‘n kommunistiese reël indien daar verlies aan inkomstebelasting aangeteken word. Verstaanbaar dat grootmense hul kinders moet vasgespe. Indien ‘n bestuurder nie ‘n sitplekgordel dra nie stel hy sy lewe alleen in gevaar. Niemand anders s’n nie.

Cherokee ·

Indien ek verkeersbeheer sou toepas, sou ek uitkyk vir diegene wat by ‘n rooilig bo-op die voetgangeroorgang stilhou en vir hulle sou ek behoorlike boetes uitskryf.

Wessie ·

“Die vernaamste bydraende faktore vir padongelukke is menslike gedrag”. – selfs iemand met graad 8 sal ‘n beter verklaring kan gee!!
Wys my enige padongeluk waar geen menslike gedrag betrokke by was nie!

Cherokee ·

Onlangs, baie onlangs, het ‘n skeur gevorm in ‘n teerpad by (as ek reg onthou) Centurian en ‘n kar het daarin geval. Tydens tsunamis spoel karre weg en bots somtyds teen mekaar. Vele meer voorbeelde. Nie lank gelede het ‘n oorstroming I a Lucia die duikweg gevul onder die brug by die winkelkomleks (La Lucia Mall) en ‘n vrou moes uit haar kar gered word.

Potlood ·

Jammer vir die getalle en die onskuldige lewens!
Ek is vreeslik verbaas dit was so min. Elke dag ry ek +-50km in Pretoria en Centurion en ek het nie woorde wat ek sien nie. Dit is asof jy veg vir jou lewe elke dag. Jy koes om elke draai!
En die arrogansie… oooe wag, laat ek eerder nie…
Metropol, dankie vir die drie of vier outjies wat ek elke dag sien wat regtig probeer. Die res, ek sien julle, maar julle is nie hier nie!
Dis duidelik dat die volk doen wat hulle wil. Hoe verander jy ‘n gewoonte… Kom nou mense, begin hulle slaan waar dit seer maak. Vat hulle inkomste… Skrap lesensies en voertuie… Kyk na die goeitjies:
stop oor die lyn,
gebruik nie indicators
LIGTE WAT NIE WERK NIE
ry oor ligte
ry in geel lyne
ry in verkeerde rigtings
ry op sypaaidjies
stop waar nie mag nie
volg afstande
trek nie handrem op as stop nie
reverse op straat
ry op brights
maak deure oop in verkeer
mors diesel op pad (wel mors van alle vorme)
JAAG
En baie baie meer. As julle die basics regkry en hard genoeg druk, sal hulle luister.
Ek is actually baie verbaas daar is nie meer inkomste uit boetes nie want as ek ‘n metro was sou en nie by kantoor opgebdaag het nie en my boek sou vol gewees het. (PS maak die boete proses makliker en vinniger sodat dit gedoen word)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.