Soveel studente deur NSFAS befonds

Dr. Blade Nzimande. Foto: GCIS

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Maandagoggend in ’n mediaverklaring gesê meer as twee miljoen studente is sedert 2013 deur die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) gesteun.

Nzimande het bekend gemaak dat die studente wat hulp ontvang het aan openbare universiteite en tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) studeer het.

“Daar word ook beoog om die besluitnemingsproses rakende finansiering vir die huidige akademiese jaar aan die einde van hierdie maand (April 2017) af te handel – met 123 332 studente wat reeds ondersteuning ontvang,” het Nzimande gesê.

Nzimande meen dit is belangrik om daarop te let dat hierdie syfers sal toeneem na afloop van alle hangende finansieringsbesluite. Hy het gesê daar is maatreëls getref om die proses te bespoedig.

Die aantal studente wat jaarliks ​​by universiteite deur die regering ondersteun is, was soos volg: 2013 – 194 923; 2014 – 186 150; 2015 – 178 961 en 2016 – 244 488.

TVET-kolleges se befondsing is soos volg aan studente toegeken: 2013 – 220 978; 2014 – 228 642; 2015 – 235 988 en 2016 – 225 864.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanna Botha ·

En die statestiek bewys dat meeste van die stootdente wat al die hulp ontvang maak dit nogsteeds nie

AL ·

Ek het reeds daaroor gewonder. Belastinggeld in die drein af.
Die befondsing van studente is seker erg op ras ook geskoei?

Johann ·

Ek dink nie daars een wit student wat deur hulle ge help is nie

LINDI ·

My kind is met haar studiegeld gehelp die jaar en ontvang ook maandeliks n toelaag vir etes.

Org ·

Hoeveel van “die” studente was wit wat befond was, my seun het by ‘n kollege naby ons gestudeer, hy en die ander 8 wit studente wat blok vir blok betaal het was die enigstes wat gedruip het, behalwe vir die areme agter geblewendes wat gesubsideer was. Bitter pil om te sluk.

Chrisna Botha ·

Ek sal graag statistiek oor die slaagsyfers wou sien!

Johannes van Rooyen ·

My wit kind konnie gehelp word nie hy het gewerk en deur UNISA studeer en sy graad gekry

Jeffrina Scott ·

Weduwee
Johann, my dogter (blank) her haar Ingenieurs-graad met eersteklas verwerf danksy NSFAS.

annoniem ·

Ons doen al die laaste twee jaar aansoek vir die NSFAS befondsing sonder enige sukses en dit vir ‘n kind wat ‘n paar onderskeidings in matriek behaal het en nog elke semester met onderskeidings huistoe gekom het. As enkelouer is dit nie maklik nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.