Soveel studente kwalifiseer reeds vir NSFAS vir 2017

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Sizwe Nxasana, raadsvoorsitter van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS), het Sondag bekend gemaak hoeveel studente reeds vir 2017 goedgekeur is vir finansiering.

Nxasana het gesê 309 788 studente is reeds vir finansiering goedgekeur, en minstens 100 000 studente sal nog tot dié getal bygevoeg word.

Die NSFAS het 161 938 nuwe aansoeke ontvang van studente by universiteite en tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET-kolleges). Altesaam 129 510 van hierdie aansoeke is aanlyn ingedien en 32 428 is per hand ingedien, het Nxasana aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Van die aansoeke wat ontvang is, het NSFAS tot dusver met 105 135 studente kontak gemaak om te bevestig dat hulle finansiering goedgekeur is en het ook finansiering bevestig aan 204 653 terugkerende studente.

Studente wat aansoek gedoen het by TVET-kolleges se NSFAS-aansoeke het reeds op 17 Februarie gesluit. Die evaluasie van die oorblywende aansoeke sal na verwagting teen 24 Februarie afgehandel wees.

“Gegewe dat sommige eksamens van die 2016 akademiese jaar eers in Januarie 2017 afgehandel is by sommige universiteite, [as gevolg van die #FeesMustFall-betogings], is daar baie meer kwalifiserende studente wie se uitslae nog geëvalueer word en wat die aantal studente wat goedkeuring sal kry vir finansiering, dus verder sal verhoog,” het Nxasana bygevoeg.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het bevestig dat die NSFAS-begroting vir 2017 ongeveer R15 miljard beloop.

“Uit hierdie begroting verwag ons om ver meer as 405 000 studente te finansier wat in 2016 by universiteite en TVET-kolleges studeer het,” het Nxasana verduidelik. “Uit die totaal van 161 938 aansoeke wat ontvang is, was 53 043 ongelukkig onsuksesvol. Ongeveer 3 760 aansoeke word nog hersien.”

Hy het gesê daar is reeds met die aansoekers, wat onsuksesvol was, kontak gemaak en ʼn appèlproses is beskikbaar. Onsuksesvolle aansoekers kan appèl aanteken deur ʼn aansoekvorm af te laai van die NSFAS-webwerf en dit met hul aanbevelings per e-pos terug te stuur aan [email protected]. Appèlaansoeke moet NSFAS voor 28 Februarie 2017 bereik.

Die NSFAS is ʼn leningskema wat daar gestel is om studente wat oor die akademiese potensiaal beskik maar finansieel behoeftig is, te ondersteun om verder te studeer. Studente wie se jaarlikse bruto gesinsinkomste minder is as R160 000, kan aansoek doen vir NSFAS. Indien daar twee of meer studente in die huishouding is, is die afsnypunt ongeveer R200 000. Die NSFAS-lening is terugbetaalbaar sodra ʼn student afgestudeer het en ʼn inkomste verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

53 000+ aansoeke afgewys? Miljarde word aan ‘n klein groepie toegeken en die res sit verbitterd en wag op beter dae. Jaarliks word bykans 1 milj graad 1e op ons skoolbanke afgelaai en uiteindelik gee die staat lenings aan ‘n paar uitverkorenes na erge kosmetiese behandelings en hulle betaal die lenings ook glo nie eintlik terug nie. Hoe diep kan ‘n mens ‘n put in SA grawe?

snoefie ·

ek wonder hoeveel swart studente was tussen die 53 043? nou is die afsny R160 000? wat het my dan laat dink ek het gehoor wie ouers se gesamentlike inkomste van R600 000 of minder is, se kinders kwalifiseer. NSFAS lening was nog altyd terugbetaalbaar. daarom was myne binne vyf jaar klaar betaal. dit was prioriteit. ek weet van veertigjarige mense wie SPOG dat hulle studieskuld nog nie klaar betaal is nie. hoe lam is dit?

Jean ·

Hulle het gesien te veel WITTES verdien minder as dit, en die idee was om die agtergeblewenes te help, nie die kolonialiste se kinders nie . Hulle dink mos al die wittes verdien ‘n Miljoen rand ‘n maand en kry alles verniet, intussen het ons kinders almal met LENINGS gestudeer wat hulle steeds terugbetaal lank nadat hulle praktyke oopgemaak het. Gedink daardie R600 00 is bietjie baie.

Rve ·

Gaan die 53000 nou weer betoog en brand oor hulle afgekeur is?

johan ·

Natuurlik aan hulle betoog en afbrand. Moenie vir 1 oomblik dink dit gaan nie gebeur nie

Karma ·

Nee, waarskynlik nie, want 99,9% van daardie afgekeurde groepie studente is blankes en dit is nie ons manier van doen nie.

Kiepie ·

Die eerste sin in paragraaf 8 is sekerlik verkeerd (of ek verstaan dit verkeerd). Dit kan sekerlik nie net 405 studente wees wat in 2016 ook gestudeer het wat gefinansier gaan word nie?

Janie Monsieur ·

Dagsê Kiepie

Dankie dat jy ons hierop gewys het. Die getal moet inderdaad 405 000 wees, die 000 het iewers afgeval. Die berig is gewysig.

Baie dankie
Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Gys ·

Die armes en werkloses se kinders sal hulp kry want hulle het geen inkomstes nie.Die werkende klas wat sukkel sal geen hulp kry nie. Hulle salarisse is te veel maar ver te min om hulle kinders verder te laat leer. Die rykes worry nie want hulle het genoeg. Hulle sal ook nie n werkende persoon se kind sponser nie.

snoefie ·

nee Gys. meeste van ons wat werk kan of daardie groot double cab of studente kind bekostig. raai wat oues 3/4?

Colonialist ·

Ek sien nou staak hulle weer vir VERBLYF fooie in PRIVATE inrigtings, so die ‘beurs’ moet nou die PRIVATE akkommodasie in ‘n luukse blyplek ook nou nog betaal. Die spulletjie gaan nooit ophou nie, kry hulle iets halfprys, soek hulle dit verniet, kry hulle dit verniet, brei hulle die items wat hulle verniet wil he net VERDER uit. Kom hulle nie deur nie, staak hulle, kom hulle deur, wil hulle onmiddellik werk he. Neewat .. sit jou kinders so gou moontlik in ‘n PRIVAAT instansie en hoes maar, dit gaan NIE beter raak nie. Met hierdie DECOLONIALISED grade gaan jou kind nie eers eendag in ‘n popcorn shop mee kan werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.