Sóveel teken reeds petisie oor Vuurwapenwet

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

Die Demokratiese Alliansie (DA) se petisie teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens het die afgelope ruk momentum gekry, met meer as 45 000 Suid-Afrikaners wat reeds die petisie onderteken het.

Maroela Media het vroeër berig dat die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet onder meer “selfverdediging” as rede vir ʼn vuurwapenlisensie wil skrap. Verdere beperkings op dié wet sal ook die jag-, sport- en private sekerheidsbedryf beïnvloed.

“Met ons land se hoë misdaadsyfer is selfverdediging rede genoeg om ʼn vuurwapen wettig te besit. Die wetsontwerp is slegs daarop gemik om wetsgehoorsame burgers te ontwapen, aangesien die werklike probleem van geweldsmisdaad nie aangeraak word nie,” het Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, gesê.

“Burgers besef dat die wysigings aan die Vuurwapenwet hul hande agter hul rûe sal bind wanneer hulle voor misdadigers te staan kom.”

Volgens Whitfield word die polisie se begroting vir sigbare polisiëring met R3,8 miljard verminder, terwyl hooggeplaastes se BBP-beskermingseenheid met R26 miljoen verhoog is.

“Hierdie nuwe begroting wys daarop dat die ANC nie omgee vir die veiligheid van gewone Suid-Afrikaners nie.”

Die DA het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om die petisie vir voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens te onderteken.

Lede van die publiek kan ook die wetsontwerp teenstaan deur hul besware aan [email protected] en die DA by [email protected] te rig.

“Meer as ooit tevore het die polisie in algehele wanorde verval. Dit is duidelik te sien by die sentrale vuurwapenregister (SVR) en met die agterstand in DNS-toetse. Terwyl Bheki Cele, minister van polisie, burgers wil ontwapen, ‘verloor’ die polisie honderde vuurwapens wat in misdadigers se hande beland.

“Hoewel die polisie daarin faal om Suid-Afrikaners te beskerm, moet die wetgewing nie burgers verhoed om dit self te probeer doen nie,” het Whitfield gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Kriminele seëvier in die land hulle het meer regte as ons. Jy gaan dit nie reg kry nie. Kry ons land krimineel vry, want julle kan ons nie eers beskerm nie gggmmmfff

Snowball ·

Persheks, die grootste kriminele word met belastingbetalers se geld voorsien van 24uur sekuriteit. As hulle, hulle 24 uur sekuriteit prysgee, dan praat ons weer oor burgers se wettige wapens.

Persheks Adri ·

Stem Snowball ons betaal vir snert! Hoekom het ons nie lyfwagte nie maggies man

Ovelia ·

Plaas mnr cele net dink. Daar is seker meer onwettige vuurwapen in ons lan as wettiges. Ek di k hul saal nou die verjeerde perd op. NIEMAND gaan hul wsprns terug gee nie

Pieter ·

Ons gaan moet saam staan teen die anc terroriste mense. Dit is hoe terroriste en kommuniste werk hulle wil ons ontwapen want hulle is te sleg om hulle werk te doen. Hoekom moet ons belasting betalers hullle selarisse betaal maar hulle doen hulle werk nie.

Fedup ·

Let everyone go and ask felicity Harrison why she started this whole unweaponing citizens.
How are we suppose to protect ourselves or will she protect every citizen in south Africa?

Persheks Adri ·

My question as well Fedup! We have rights you know. They can forget about this crazy ideas

Boon ·

Kyk by in Rapport van 30 Mei die onderhoud met die vrou van Gunfree SA. Sy isAfrikaans, maar nie n lekker mens nie.

Willem ·

Nou wat sal cele voorstel ons gebruik instede van selfbeskerming vir handwapens

Blikkies ·

Ek sal myself, my familie en eiendom beskerm met of sonder hulle toestemming.

Persheks Adri ·

Presies! Lyk my hy wil ons ook kriminele maak pffft

Fluisterwind ·

Nehemia 4:14 “…..dink aan die grote en gedugte HERE, en veg vir julle broeders, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.” VIGILUS SERVIMUS!

Fluisterwind ·

“molṑn labé ” : wat ‘kom en neem hulle’ beteken is ‘n klassieke uitdrukking van uitdaging. Dit is een van die Laconic-frases wat deur Plutarchus gerapporteer is, toegeskryf aan koning Leonidas 1 in antwoord op die eis van Xerxes 1 dat die Spartane hul wapens moet oorgee. Nou sê ons dit vir die regerende bende: “molṑn labé !”

Persheks Adri ·

‘n Baie belangrike punt wat ek wil op bring wat ons ook op kan kommentaar lewer op petisies en mail vir SAPS Hoofkantoor is dat hulle moet ophou om kriminele se rekord na 10 jaar skoon te maak! Ek weet van mense wat gewapende roof en poging tot moord teen hulle gehad het en nou is hulle wéér bevoeg vir wapen na 10 jaar. Dis verdomp belaglik verby en mors van tyd ook. Kon eerder aansoeke geprosesseer het

Boon ·

Maak asb beswaar teen die voorgestelde veranderinge aan die wapenwet wat burgers se reg op selfverdediging wil ontneem. Buiten die petisies, moet mense dit ook.individueel doe,n, want al is daar duisend name op die petisie, tel die regering dit as net EEN beswaar. Die adres vir jou beswaar is hierbo.

Johan ·

Ons word ontwapen volgens my en my ervaringge van angola.
Die anc is te pap om ennige ding tedoen vir veiligheid en die verkiesing op hande. En die ont eienings wet nou die wapens . Waaneer raak n mens moeg vir die gemors . So ontwapen die publiek dan kan ons aan gaan want daar sal nie teenkanting wees nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.