Soveel vas vir dronkbestuur dié feesseisoen

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Meer as 2 000 motoriste is sedert die begin van die feesseisoen vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Volgens die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) is meer as 105 000 motoriste vir alkoholgebruik getoets en is 2 247 motoriste in hegtenis geneem omdat hulle bloedalkoholvlak glo oor die wettige perk was.

Die RTMC het gesê die meeste vermeende dronkbestuurders is in Gauteng in hegtenis geneem, gevolg deur Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap.

Die meeste boetes is uitgereik vir spoedoortredings, bestuur sonder ʼn lisensie, die bestuur van ongelisensieerde voertuie, bestuur sonder ʼn veiligheidsgordel en oorlading.

Die verkeersowerhede maak intussen gereed vir ʼn toename in verkeersvolumes ná die komende Nuwejaarslangnaweek.
Volgens die RTMC is meer as 924 000 voertuie al afgetrek en nagegaan by verskeie padblokkades reg oor die land sedert die begin van die feesseisoen.

Die RTMC het gesê wetstoepassingsagentskappe se verskerpte operasies sal voortgaan tot die skole in Januarie heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justice ·

Sperstreep oortredings behoort ‘n groter fokus te kry want dit is net so dodelik soos dronkbestuur.

Nic ·

Probleem is, jy kan nie by elke sperstreep n verkeerspolisieman sit nie.

Boet Fasie ·

Stem saam Justice – was self die afgelope feestyd op die pad en het menigmale gesien hoe voertuie vragmotors verbysteek op sperstrepe terwyl hulle sien daar is voertuie wat aankom. Partymaal moet aankomende verkeer heeltemal spoed verminder en van die ryvlak afgaan om ‘ n kop aan kop botsing te vermy. Dit wil voorkom of sekere motoriste dink dit is ‘n reg om die wet te verbreek as hulle met groot kragtige voertuie ander verbysteek. Naby Kimberley gesien hoe ‘n motor voor my 3 x vragmotors verbysteek terwyl daar voertuie van voor af aankom – bestuurder is niks gepla nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.