Soveel verdien Zuma en ander LP’s

parlementAl ooit gewonder hoeveel pres. Jacob Zuma, adjunkpresident Cyril Ramaphosa of Mmusi Maimane en Julius Malema, leiers van opposisiepartye, verdien?

Volgens Africa Check, ’n niewinsgewende organisasie wat feite nagaan, verdien Baleka Mbete, as  speaker van die nasionale vergadering en Thandi Modise, as voorsitter van die nasionale raad van provinsies, die meeste van al die LP’s, naamlik R2 716 798 per jaar of sowat R226 400 per maand. Dié twee LP’s verdien dieselfde as adjunkpresident Cyril Ramaphosa.

Ministers verdien R2 309 262 per jaar of sowat R192 439 per maand. Adjunkministers en die adjunkspeaker verdien R1 901 726 per jaar, of sowat R158 477 ʼn maand. Die voorsitter van die nasionale vergadering verdien R1 765 935 per jaar.

Die hoofsweep van die regerende party, die hoofsweep van die nasionale raad van provinsies en die president en adjunkpresident van die parlementêre raad, verdien elk R1 494 192 per jaar. Mmusi Mainane van die DA verdien dieselfde bedrag as leier van die opposisie. Dit is sowat R124 516 per maand.

Die leiers van minderheidspartye, soos Julius Malema van die EFF en Bantu Holomisa van die UDM, verdien R1 222 606 per jaar of R101 885 per maand. Die minste wat ʼn LP verdien, is R1 033 438 per jaar of R86 120 per maand.

Die Nasionale Vergadering het in Maart vanjaar ʼn salaris van R2,8 miljoen per jaar vir pres. Jacob Zuma goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Marinda ·

SKOKKEND – en al die provinsiale hospitale val uitmekaar!!!

Nellie ·

Dis ‘n skande, gun wonder daars nie geld nie en alles val uitmekaar.

Hannelie ·

Ek stem saam met jou Marinda. Die provinsiale hospitale is ‘n grap. Ek dink dis ‘n skande dat hulle soveel verdien. En die res van die land se mense krepeer. Maar aan die ander kant hul moet die geldjies geniet wat hul kant toe kom, dit hou mos nie lank nie.

Soustrein ·

Julle moet onthou; byvoordele soos 2 gratis huise; 2 voertuie en 2 huise is nognie eers bygereken nie.
Dan nog ekstra voertuie vir die Blouligbrigade ook.
Dit gaan lekker in die nuwe Suid Afrika

Joe Olivier ·

Die opskrif en woord “verdien “wat gebruik word in die artikel is baie bedrieglik. Hul kry seker die geld, of hul dit verdien is n ander saak.

Jan maak n plan ·

Kan seker bly wees hulle kry nie meer geld nie anders het hulle nog meer aangejaag. Ek sien ook dat die rubriek skrywer dit stel dat hulle n salaris verdien – n groot korreksie moet gemaak word – hulle verdien nie een n salaris nie hulle kry dit net.

Ww ·

Gun wonder hulle skiet mekaar dood vir die salaris nie want hier is nie werksgeleenthede en regerings amptenare verdien ook uit tenders geld

McK ·

Toot-toot-toot en daar gaan die soustrein met die belastingbetalers se geld. Dan wil hulle staan en verkondig dat hulle die armes se stryd om oorlewing verstaan….

vermeende ·

So baie vir iemand wat niks weet nie, nou hoeveel pay iemand wat wel iets weet.

Geen wonder die DA loop so oor die kiesers nie, baklei ook maar net vir die “PAY DAY” so ook al die ander partye.

Wiebo ·

So n minister verdien 3 X meer per maand as wat ek in 3 jaar verdien? Dis skokkend. Dink ek kry n hartaanval as ek so baie kan verdien! Wat maak n mens met so baie geld per maand??

Andre ·

Dis ‘n skande! Ander lande se regeringshoofde wat wérklik ‘n positiewe bydrae maak VERDIEN minder uit vrye wil. Hier gaan dit om selfverryking. Geen wonder hulle klou soos nete aan hul portefeuljes nie en beskerm die persoon wat hul daar aangestel het nie. Kyk hie val als uitmekaar en daar is geen sprake van fienslewering waar hul veronderstel is om te lei (LW NIÉ REGEER NIE). Leiers kei deur goei voorbeeld. Diktators regeer

Willie ·

Hmm waarvoor staan LP? Lae Profiel hou??? Dis nie meer dienaars van die staat nie….

Cherokee ·

Natuurlik is die woord ‘verdien’ onvanpas in die berig.
Maroela, iets anders wat julle gerus kan doen, is om ‘n vergelyking op te stel met wat lokale regeringslede maandeliks kry (waarde tov salaris, voordele en by-voordele) vergeleke met die van ander lande, meegaande met werklike geldwaarde-verskille.

Cherokee ·

Nou, doen die nodige moeite en word een. Niks keer jou nie.

Hannelie ·

“Pay” hul vir hul “graad” wat hul gekry het op universiteit? Of is dit mahala?

Gesiggie ·

Wat n lekker lewe…. terwyl daar soveel mense daar buite is wat moet honger lei… en jy Mnr Zuma als te maklik kry…. genade kan ek nie maar vir jou kom werk…dalk kan jymy so R80 000.00 Per maand gee….^_^

Marietjie ·

Nou verstaan ons hoekom die vet varke nie hul poste wil ontruim nie, en almal soos skape agter zuma aanloop. Die grap maar tragies is dat hulle nie enige rekeninge betaal nie, self nie eers vir die huise waarin hulle woon nie, maar wil wette neerle wat hulself nie nakom nie. zuma en julius skuld SARS miljoene rande, geen beslaglegging op hul bates word gedoen nie. Is nare in die parlement en ons belasting betalers moet opdok. SKANDE/SKANDE weereens vra ek waar is God? en hoekom sien geen veiligheids magte kans om hulle te arresteer en rekenskap te eis, maar die gewone man in die straat word aangevat.

Pieter ·

@Marietjie. Ek weet waar is God Maar ek vra waar is die mens

Meisie ·

Ek sal graag wil sien wat het die LP`s 30 jaar of wat terug verdien , teen wat nou betaal waord aan mense wat geen bleddie benul het van wat om hulle aangaan en hoe die werk gedoen moet word nie!!

Antie ·

Ek wens ek kan net een maand hul salaris kry, dan is ek uit al my skuld uit! Werkloos, geen vooruitsig om werk te kry nie, te wit en te oud en elke maand moet ek 8 monde voed waarvan net een bydrae maak. Dis ‘n skande!!!!

Petertjie ·

Ek het onlangs weer gewik en weeg of ek die politiek moet betree. Sal heerlik wees om elke dag as LP in die parlement te sit, niks by te dra nie en verder my simpel lag vir al die ander se “onnutsighede”. Klink vir my na ‘n goeie lewe….

Rynhardt ·

Dit is n absolute skande wat Anc, DA en EFF politici verdien en dan diskrimineer hulle ook nog teen ons mense! Hulle word skatryk! Neem ook in ag dat hulle R44000 se gratis parkeergeld kry plus 186 vliegtuigkaartjies gratis na enige bestemming in wereld.Politici bly ook in die duurste hotelle en gastehuise van hul keuse in SA of oorsee! Jy betaal vir alles, maar dan mag jy nie n toekoms as witte he in jou land nie.Nou kan almal sien hoe lekker lewe die ooms en tannies terwyl niks vir jou as blanke gaan verander nie!

susan ·

Na wat ek gesien het hoe die Parlement se sittings hanteer word. Ag nee man hulle verdien nie daardie bedrae geld nie. Dit is belaglik!!!!!

Maria van Dieweeck ·

Gn wonder hulle is so arrogant en trots nie! Hoe bly is ek nou, hoogmoed kom tot n val!

angora ·

Hoop nie dis die JA stemmers wat nou kla. Hulle het mos vir dit gestem.

Kabous ·

Ek sou ook kan doen met R233 000 n maand en nog n R267m huisie op Nkkkkkkandlà…

Pieter ·

Nou verstaan mens hoekom word zuma so beskerm deur die klomp want as hy waai is dit weer pap en marog vir hulle. Verdien kan hulle nooit nie

mantoz ·

Dus die Nuwe. Suid Afrika….ons kla so baie maar ,waneer laas was ons op ons kniee en roep i vas dag aan,en bring hierdie mens in gebed voor God,wnt Hy is die Een wat harte kan verander,wnt hoe meer ons kerm,bring ons i oordeel nie oor i ander nie maar oor ons self.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.