Soveelste trein brand in Kaapstad

Treinwaens wat in November gebrand het. (Foto: Verskaf)

ʼn Treinwa is gisteraand by die Retreat-treinstasie in Kaapstad gebrand. Die wa was vas aan ʼn trein wat oornag op die stasie gestaan het.

Volgens ʼn verklaring deur die Wes-Kaapse regering is die brand omstreeks 22:00 Woensdag aangemeld. Geen beserings is aangemeld nie, maar die treinwa is vernietig.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, het die voorval veroordeel. Maroela Media het in November berig dat Kaapstad se burgemeester, Dan Plato, pres. Cyril Ramaphosa gaan vra om die Valke opdrag te gee om ʼn spesiale ondersoekspan op die been te bring om brandstigting van treine in die stad te ondersoek.

Meer as 140 treinwaens, wat sowat 40 treinstelle beslaan, is die afgelope drie jaar in afsonderlike voorvalle aan die brand gesteek.

“Ek gaan volgende week Woensdag weereens met Fikile Mbalula, minister van vervoer, samesprekings voer om ʼn oplossing vir hierdie voortslepende probleem te vind,” sê Madikizela. “Dit is altyd sleg dat passasiers, en veral kinders wat na en van die skool pendel, verontrief moet word deur probleme wat deur die spoorstelsel in die gesig gestaar word.”

Hy sê ʼn ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die brand te bepaal, maar dat hy diep bekommerd is oor die gereelde voorkoms van hierdie brande wat die lewens van pendelaars in gevaar stel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
JMV

Plaas dat hulle die kamera’s installeer binne en buite en alle opname deurstuur buite na wie ook al!!

ap

Hulle sal treine ook moet begin toesluit , kriminele target enigeiets vir vergelding

magda

mmmmmmmmmmm wonder WIE is regtig verantwoordelik vir die???? Wie wil Kaapstad so graag he????????

Cherokee

Die herhaaldelike rympie dat voorvalle veroordeel word, is vervelig. Ek wonder of al die regeringswoordvoerders dit elke keer agter die ander aan sê en of dit ‘n berigskryf taktiek is. Moeilik om te glo dat almal dieselfde rympie herhaal. Dit behoort eerder uitgewys te word as sabotasie met die doelstelling om sabateurs vas te trap.

JJ

Dalk moet daar bietjie gekyk word na ander vervoer middels wat sal baat uit die treine se skade as die ringkoppe in die misdaad?Sē ma net