Sowat 1 200 dakloos ná brand in nedersetting uitbreek

Argieffoto

Minstens twee mense is dood, 325 skuilings vernietig en sowat 1 200 mense dakloos gelaat nadat ’n brand Maandag in ’n informele nedersetting naby Athlone uitgebreek het. ’n Vierjarige kind is onder die oorledenes.

Die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers het Dinsdag in ’n verklaring gesê die Stad Kaapstad het hulle Maandag na Die Vlei ontbied om kos, water en ander benodighede aan inwoners te bied nadat talle skuilings in puin gelê is.

Luidens die verklaring het brandbestryders sowat 12 uur lank gespook om die brand te blus. Meer personeellede moes Maandagaand ingeroep word nadat sterk wind brandbestryders se taak bemoeilik het.

Gift of the Givers sou Dinsdag omstreeks 11:00 ’n stasie by die nedersetting oprig om nóg kos en benodighede aan inwoners uit te deel.

Die organisasie doen nou ’n beroep op die publiek om onder meer tente, komberse, matrasse, boumateriaal, klere, linne en eetgerei te skenk om die inwoners van Die Vlei by te staan in hierdie tyd.

Skenkings kan by winkels soos Shoprite en Checkers gemaak word wat dit op hul beurt aan Gift of The Givers sal oorhandig vir verdere verspreiding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Barry ·

Ek het absoluut geen simpatie vir hulle nie
Toe die huise in Bettiesbaai begin van die jaar gebrand het moes die mense vir hulself sorg en die wie nie assuransie het het n totale verlies gelei.
Die mense moet ook leer om huise te verssureer. Tweedens word hulle male sonder tal versoek om die huise so te bou dat Brandweerwaens tussen die huise kan beweeg maar hulle luister nie
Derdens het hulle meesal onwettige kragverbindings en betaal gewoonlik nie vir krag en of dit of kerse ens veroorsaak die brand.

Wondermaarnet ·

Die versekering gaan in elk geval nie uitbetaal as daar onwettige verbindings is nie. Daar is geen bouregulasies vir sekere mense in die gemeenskap nie en ‘n bou inspekteur sal nie sy lewe waag in daardie area om te kyk of almal voldoen aan die vereistes nie. Daar is net ‘n sekere deel van die nasie wat glo in versekering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.