Sowat 5 500 nuwe grondeise; eisers soek geld

Foto: Maretha Maartens

Foto: Maretha Maartens

Net minder as 5 500 nuwe grondeise is reeds ingedien, met meeste van die eisers wat vergoeding eis en nie die grond soek nie.

“[‘n Totaal van] 5495 eise is van dwarsoor die land ingedien. Die meerderheid (1363 eise) is in die Wes-Kaap ingedien, gevolg deur Gauteng (965 eise),” het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming in ‘n verklaring gesê.

Die nuwe vyfjaar-periode vir die indien van grondeise is aan die begin van Julie afgeskop en eindig eers in Junie 2019.

“Ons het kennis geneem dat die meerderheid van diegene wat eise ingedien het, het op finansiële vergoeding besluit,” het Nomfundo Gobodo, hoofgrondeisekommissaris, gesê.

Gobodo het ‘n beroep op eisers gedoen om eerder grondherstel te kies, wat sal help om ongelyke grondeienaarskap in Suid-Afrika aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nick ·

Hard werk (en ‘n sukses maak van jouself en sorg vir jou nageslag) of maklike geld (wat jy kan mors binne die eerste paar dae na ontvangs)?

Estelle ·

Waar dien mens die eise in? Ek dink my voor/voor/voor/voor ouers was dalk ook ‘n ander kleur, so ek het ook die reg op ‘n plaas! Iemand wat weet laat weet my tog! Flip man hierdie land gaan ten gronde (hoer petrol, hoer krag, e-tol hekke en so gaan die lys aan) en almal soek nou hulle stukkie van die koek! wel ek ook!!!

Jackie ·

Volgens die wet kan blanke mense ook grondeise instel, of dit goedgekeur word is natuurlik `n ander storie…

VerVanRyn ·

Ag hierdie is bog, nou gaan die belastingbetaler weer moet opdok vir die gepeupel. Ek hoop iemand staan hierdie nuwe vlaag van onregverdigheid teen? (Solidariteit?)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.