Sowat kwart minder suiker in Coke danksy Jan Taks

Foto ter illustrasie. (Foto: The Coca-Cola Company via AP)

Coca-Cola Suid-Afrika het die suiker in sy drankies met 26% verminder.

Dít volg nadat die Nasionale Tesourie op 1 April verlede jaar ʼn belastingheffing van 2,1c vir elke gram suiker in 100 ml koeldrank in werking gestel het om uitermatige suikerinname te beperk.

Die basiese vrystelling geld dat die eerste 4 g suiker per 100 ml koeldrank belastingvry is as aansporing vir vervaardigers om die suikerinhoud in drankies te verminder.

Volgens Camilla Osborne, hoof van kommunikasie by Coca-Cola in suidelike en oostelike Afrika, het die maatskappy in Suid-Afrika oor ʼn tydperk van twee jaar die gemiddelde suikerinhoud in sy drankies met 26% verminder, heelwat meer as die 15% waartoe die bedryf hom bewillig het.

“Ons erken dat te veel suiker nie goed is vir enigiemand nie en ondersteun die huidige aanbeveling deur verskeie toonaangewende gesondheidsowerhede, waaronder die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), dat mense hul inname van toegevoegde suiker moet beperk tot nie meer as 10% van hul totale energie- of kalorieverbruik nie,” het Osborne gesê.

Die maatskappy het dus ʼn reeks suikervrye drankies en laekalorie-opsies bekend gestel. Om selfs meer gesondheidsbewus te wees, bied Coca-Cola ook verskillende groottes koeldranke aan om porsiebeheer toe te pas. “Ons bied ook beter pryse vir suikervrye drankies in Suid-Afrika aan,” het Osborne verduidelik.

Osborne het gesê hoewel sy nie die effek van die belastingheffing op verkope bekend mag maak nie, is dit duidelik dat al meer Suid-Afrikaners die suikervrye opsie verkies.

Oor die afgelope paar jaar het ʼn verskeidenheid lande, waaronder Mexiko, die Verenigde Koninkryk, Ierland, Portugal, Frankryk, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate asook sommige Amerikaanse state, drankies wat met suiker versoet word, belas.

Coca-Cola het onlangs ʼn groei van 5% in wêreldwye inkomste vir die eerste kwartaal van 2019 bekend gemaak wat sy netto inkomste tot $8 miljard bring, ondanks bewerings dat suikerbelasting wat in ʼn toenemende aantal lande opgelê word die maatskappy sou benadeel en werkverlies sou veroorsaak.

Die maatskappy het die grootste groei in Latyns-Amerika getoon hoewel Mexiko een van die eerste lande in die wêreld was om drankies wat met suiker versoet is te belas. Coca-Cola se netto inkomste in dié lande het met 10% gegroei.

Europa, die Midde-Ooste en Afrika word saamgegroepeer as een streek waaronder die maatskappy ʼn toename van 5% in netto inkomste en 7% groei in bedryfsinkomste getoon het.

In Noord-Amerika, waar ʼn aantal Amerikaanse state belastingheffing ondervind het op drankies wat met suiker versoet is, het die maatskappy ʼn netto omsetgroei van 1% en groei van 16% in bedryfsinkomste behaal.

Hoewel dit in dié stadium te vroeg is om te sê of Suid-Afrikaners hul verbruik van versoete drankies weens die belastingheffing verminder het, ondersoek die Tesourie die impak van die belastingheffing op verbruik asook werkverliese.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anoniem ·

Stem! En ook die oorspronklike Coke met al die suiker in!

Ettienne ·

Ja…. ons drink glad nie meer Coke produkte nie want na die nuwe resepte is die produkte baie sleg. Nou drink on Pepsi en 7 Up.
Wat my net laat wonder want hulle pryse het nie so gestyg soos Coca Cola sin nie.

Neels ·

Etriene ek stem saam pepsi smak nou betee as daai siek maak coke. Met my het hulle n groot klient verloor. Gewoonlik 2 liter n dag gebruik. So ek stort nie n traan daar oor nie. Vrugte sap is ook baie gesonder

Bianka ·

Gaan kyk na Pepsi se bestandele. Gif. Neels vrugtesap nie noodwendig gesonder nie. Versteekte suiker. Dalk gesonder as jy dit verdun met water. Just saying. Gelukkig is alles wat ons inneem op ou end elkeen se eie besluit.

Thys ·

Ek moet erken in di verlede wanneer jy Coke gedrink het het dit gevoel of jy tonne suiker afsluk maar deesdae is Coke drm drinkbaar,ek was ni eintlik’n Coke drinker ni maar deesdae drink ek dit

Kalahari ·

Coke proe nie Meer dieselfde nie… Checkers se Zip Coke proe soos die ou coke geproe het.

Rita ·

Nie net Coke het minder suiker nie, maar ook Sprite. Kyk op die bestandelelys: daar word aspartame bygevoeg om op te maak aan die gebrek aan soetheid. Ek verpes die smaak van aspartame en daarom drink ek nou glad nie meer Sprite nie. So al wat Jan Taks reggekry het is om die koeldrankmaatskappy se klantebasis te verklein.

Willie ·

Coke het buitensporig duur geword! So ek weet nie watter verskil maak die minder suiker nie…Pas seker net hulle sakke?

Sarel ·

Willie, ek het ook oor die prysverhoging gewonder.
Die suikerbelasting moes ‘n direkte verhoging van R2,94 per 2 liter gehad het, maar 2 liters Coke het met omtrent R6 opgegaan.
Ek drink ook nou ander opsies . . .

Gustav ·

Ek twyfel of kunsmatige versoeters beter is as natuurlike suiker. Dalk beter vir gewigbeheer, maar ek twyfel of dit op die langeduur goed is vir jou. En verder twyfel ek of mense nou ewe skielik maerder gaan wees.

Lindtjies ·

Koeldrank was nog koeldrank toe ons kinders was. Geen een van die koeldranke proe meer so nie. Vat nou maar Cream Soda, kyk die kleur en dit smaak soos aanmaak koeldrank wat gas inhet.

Coke ·

Kyk dit is nou een ding van Suid Afrika . die bloed vloei in die strate, elke tweede dag brand ‘n ander pad of dorp of vragmotor of gebou en ELKE DAG word mense vermoor. .. maar die WRAGTIE WEET Hulle bekommer hulle oor SUIKER INNAME …

Pepsi ·

Indien suikerbelasting vetsug moet verhoed, is dit n klug. Die meeste mense wat oorgewig is , sal so bly as hulle nie meer aktief raak nie. Coke smaak nie meer dieselfde nie en het te duur geword. Ander handelsmerke vekoop vir tot die helfte minder as Coke. Watter newe effekte het kunsmatige versoeters vir die mens? Of gee ons nie om nie?

anton ·

Ja Gustaf, kunsmatige versoeters is in werklikheid baie baie sleg vir jou.
Ek bly so ver van dit af as wat ek kan.
En het jy al oorgewig mense gesien wat dit gebruik en dan maarder geword het? Never.

J ·

Los die suiker in Original Coke, as jy nie soveel suiker wil he nie, moet dit dan nie koop nie, eenvoudig. Die “nuwe” cokes is bitter sleg, en nie eens te begin met die “low Kj” creme soda ens nie. My voorstel is wel : MAAK DIE LABELS ANDERS, daar’s n ORIGINAL TASTE COKE wat gewoon lyk, dan is daar een wat presies dieselfde lyk maar dit sê net ORIGINAL TASTE COKE with less sugar. Maak Zero Swart, Less Sugar Geel, Life Groen ens

kolla ·

Ek weet nie of Coke dit ook doen nie maar ek het agtergekom dat ander handelsmerke die verminderde suiker aanvul met “non-nutritional sweeteners”. Ek weet nie hoe gesond dit is nie.

Judge Dredd ·

Minder suiker – dus minder Taks – so hoekom lyk dit dan asof Coca Cola se pryse meer gestyg het as ander koeldranke die laaste 2 jaar?

Bridget ·

Nee wat ek was mal oor coke proe net nie meer dieselfde nie koop nou ook pepsi

SjN ·

Pepsi max net so lekker en die gas verminder nie so vinnig soos coke nie, n brannas by is dit nog lekkerder.

Wielspore ·

Suiker vlakke in Coke is verminder omdat belasting daarop gehêf word, het die prys van die Coke reeks enigsins konstant gebly of goedkoper geword, nee glad nie, in teendeel het dit duurder geword.
Vir ons het die smaak van Coke verander en drink heelwat minder, ek self hou van die kleiner smaller blikkies.
Jare terug as kinders was die kombinasie van slap tjips, vars wit brood en Coke ‘n gunsteling.

Rokie ·

Dag suiker inhoud het dieselfde gebly en het die bottels se grootte net verminder om prys dieselfde te hou? Aw well.. moet my hoed afhaal vir mense wat R25 wil betaal vir 2L vloeistof, kan nog die drank en coke verstaan maar as jy net dors is drink water

Anoniem ·

Ek verstaan nie hoe hulle by hul pryse uitkom nie. Ons word belas vir suiker nou verhoog coke hul prys en verminder die inhoud van 500ml na 440ml nou verminder hulle die suiker inhoud die prys bly hoog die coke minder en die smaak slegter maar gaan let maar op dit is met baie produkte so die 100gram sjokolade is nou 80 gram, gaan loer maar tandepasta en baie items se ptyse is hoog en inhoud minder.

marous ·

Die regering het geen saak met gesondheid nie . Dis net om meer uit die verbruiker te tap om hul sakke te vul . Slim plan van Coke om dit te omseil , maar die verbruiker betaal steeds meer en kry chemiese kunsmatige versoeters in wat dodelik is .

Anita ·

Al die koeldranke met kunsmatige versoeters proe sleg. Glad nie soos dit was nie. Nou drink ons maar aanmaak koeldrank met sodawater.

Hetty ·

Wie gee hulle die reg om vir my te besluit HOEVEEL suiker ek mag inneem? Ek HAAT versoeter want ek glo dit lewer wel ‘n bydrae tot Alzheimers. So ek sal eerder “dik” wees en tenminste onthou hoekom ek “dik” geword het! Die regering moet eerder die blêrrie Coke uitlos en hulle bepaal by die bestuur van die korrupsie onder hulle. Soos ‘n vorige kommentaar aangedui het is daar meer moord en doodslag as wat hulle kan hanteer, maar hulle wil vir ons kom vertel HOE moet ons ons suikerinname hanteer! Ag asseblief! As ek ‘n R100 vir ‘n bottel Coke wil betaal dan sal ek – los ons uit en kry die bestuur van hierdie wettelose land in orde!

Tong innie kies ·

Slegs een soort Coke vir my. Original taste. Die ander Cokes laat my dink aan alkoholvrye bier of om ‘n bloumovie op radio te luister. Dis net nie dieselfde nie.

Gert ·

Wie betaal daai tax. Produk prys bly hoog. Gooi hulle nie ander versoeters in om produk beter te laat proe

Nico ·

Gaan kyk wat se newe effekte die kunsmatige versoeter Aspartame op jou ligaam het. Die is weer ‘n slinkse manier van die wereld heersers om ‘n siek afhanklike samelewing te skep.

::)LINDA ·

As daar Tab en suikervrye Gemmerbier deur Coke gemaak word hoekom nie suikervrye Raspberry Cream Soda en al die ander soorte in suikervry nie? Ek wil weet hoekom die Coca Cola maatskappy low kiloujules maak en nie Sugar Free in alle geure nie? Stuur die brief aan na Coca Cola asb. Daar moet suikervry in alle geure wees. Ek wag vir n antwoord Coca Cola….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.