Soweto betoog teen kragonderbrekings

Betoging teen beurtkrag in Soweto (14 Mei 2015) Foto: @neriahlakotsa, Twitter)

Betoging teen beurtkrag in Soweto (14 Mei 2015) Foto: @neriahlakotsa, Twitter)

Inwoners van Soweto en omliggende dele het ‘n optog gehou teen die herhaaldelike kragonderbrekings en gesê Soweto word “die ergste getref”.

Sommige inwoners in Soweto betaal so min as R50 per maand vir hul elektrisiteitsgebruik. Vir die 60-jarige Julia Mpunzi, ʼn pensioenaris van White City Jabavu in Soweto, is dit egter ʼn groot deel uit haar begroting. Sy is ten gunste van die betogings wat verlede naweek plaasgevind het teen Eskom se kragonderbrekings in Soweto. “Ek ondersteun hulle, want sommige van ons betaal elke maand ons elektrisiteit met ons maandelikse toelae, maar hulle skakel nog steeds ons ligte af,” het sy aan News24 in Dieploof, Soweto, op pad huis toe van die kliniek af, gesê.

Honderde mense van Soweto en omliggende gedeeltes het aan ʼn optog deelgeneem van die Hector Pietersen-plein in Orlando na Eskom se streekskantoor in Diepkloof. Die ANC se Johannesburg-tak, wat die Soweto-inwoners steun in hul klag oor die kragonderbrekings wat tot 10 ure lank geduur het in sommige gebiede, het die betoging gereël.

Mpunzi het gesê Eskom moet van huis na huis gaan en inspeksie doen om te bepaal wie betaal nie elektrisiteit nie. “Baie mense in Soweto betaal nie vir elektrisiteit nie, maar ons pensioenarisse betaal R50 per maand. Ek wens Eskom wil seker maak dat diegene wat nie betaal nie, se krag eerder afgesny word.”

Sy het gesê beamptes van Eskom het White City besoek om te bepaal watter huishoudings nog nie die nuwe meterbokse geïnstalleer het nie. “Ons het hulle nie by ons huis nie en ons soek dit nie.”

Mpunzi en haar 80-jarige pa, broer en vier broerskinders bly saam in ʼn huis. Slegs een familielid het ʼn werk, het sy gesê. “Die R50 is vir ons almal.”

Thabo Mtela (32), wat in Killarney naby Orlando bly, het ook die optog ondersteun. Hy het sy werk verloor ná ʼn beenbesering ʼn paar jaar gelede. Hy oorleef sedertdien op ʼn ongeskiktheidstoelaag. Hy het gesê hy betoog teen Eskom se herhaaldelike kragonderbrekings in die informele nedersetting. “Ek het gekom om oor hierdie kragonderbrekings te kla. Soweto word die ergste getref.” Hy het gesê hy bly saam met sy ma, suster en haar vier kinders. Die elektrisiteitsrekening word uit sy ma se pensioengeld betaal. “Nie een van ons sewe het werk nie.”

Bron: Mpho Raborife, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willie ·

Welkom Soweto in die werklike lewe (welcome to the real world). Ons betaal nog al die jare maandeliks vir ons krag (nogal pre-paid!) ….. en ons krag word ook sonder kennisgewing vir load shedding afgesit. Maar ons kry nie die ANC comrades om te betoog teen iets wat hulle as regering die afgelope 20 jaar self voor verantwoordelik was nie!

Philip Hanafey ·

Hoekom. word slegs ‘n sekere deel van Suid-Afrika se bevolking genoem? Wat van al die blanke pensionarisse wat swaarkry? Hierdie hele storie laat my dink aan kommunisme – almal is gelyk maar sekeres van ons is meer gelyk as die ander.

Ampie ·

Suid-Afrika is ‘n land waar die klug die werklikheid word. In Soweto, waar meer as 99% mense elektrisiteit het, betaal meer as 80% glad nie daarvoor nie. Volgens Eskom skuld inwoners R4 miljard. Natuurlik is nog tientalle miljarde al sedert die 1980’s afgeskryf. Hier is nou mense wat R50 betaal vir elektrisiteit. Per maand! En hulle staak oor beurtkrag? Net my yskas se elektrisiteitsverbruik is R100-R150 per maand. Rekeninge van R2,000-R3,000 vir krag is nogal ons norm. Die kultuur van gee-gee of vat-vat of steel-steel is nou so gevestig dat die stemvee van die ANC baie moontlik weer hiermee gaan wegkom.
Die punt wat ek wil maak is dat so ‘n kultuur van verskuldiging die land natuurlik verder oor die afgrond stoot.
My pa het in die 1940’s grootgeword as arm blanke. Daar was geen elektrisiteit nie, water is in die spruit gaan haal. Hulle het nie ‘n kar besit nie en moes skool toe loop. Hulle het nie eers ‘n radio besit nie. Nietemin het hy begin groente verkoop en met harde werk vyf universiteitsgrade voltooi. Hy het hom deur die jare opgewerk in verskeie werke en as redelik vermoeende man afgetree. Hulle geslag het nooit gesteel of iets van Jan Smuts se regering ontvang nie. Selfs die NP regering kon eers teen die 1960’s regtig eers ekonomiese voorspoed skep en groot staatsentiteite op die been bring.
Ek is bevrees die parasiete wat tans deur die staat geskep word, gaan nooit tevrede wees nie. Dit gaan net tot groter “demands” aanleiding gee en op die medium termyn tot volslae onstabiliteit lei.

Gielie - Namibië ·

Willie/Philip, in opdrag van die ANC het hierdie gebiede nog nooit in load shedding gedeel nie, maar met die toenemende druk op Escom kan dit nie meer anders nie. Nou is hulle bekke die grootste en hulle betaal nie eens vir elektrisiteit nie.

Rupert Ashford ·

Wonderlik, so die ANC betoor teen hulle eie beleide(of ten minste die resultate daarvan)? Wat verwag julle dan ook, die storie doen dan die rondte dat witmense nie deur loadshedding beinvloed word nie (kyk die tuks kampus storie).

boer ·

En hoekom is ons blanke pensioenarisse ook nie so gelukkig om slegs R50 /maand aan elektrisiteit te kan betaal nie????? O ja, ek het vergeet,dis omdat ons wit is,en omdat dit apartheid se skuld is dat daar nie nou genoeg krag vir SA is nie. Dis mos die “quick fix” vir al die probleme in SA.

Gina ·

R50. en hul kla. Ons betaal tot R4000.pm vir water en ligte. Dis tyd dat ons mos gelyk raak of hoe, dis waarvoor hul elke dag baklei….

Hettie ·

Waar meld ek aan vir R50 krag ‘n maand?? Dis ‘n absolute skande dat ons so uitgebuit word!! Ons tuinhulp sê hulle betaal glad nie vir water in die ‘townships’ nie en hulle krag is ook nooit meer as R100 per maand nie. En ons knyp hier en oral af net om die ligte aan die gang te hou!! Ons probeer nou al hoe meer om van die ‘grid’ af te beweeg deur met gas te kook en te stort, en dan ook son panele te installeer om die ligte aan te hou. Die toerusting kom nie goedkoop nie!!!

Vlooi ·

Hulle kla uit gewoonte. Ons het groot geword as jy nie betaal nie kry jy nie n diens. Hulle het grootgeword toy toy vir n diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.