Soweto-inwoners bots met uitlanders

Argieffoto

Die polisie het Woensdag bevestig ʼn man is doodgeskiet in Soweto waar die spanning hoog loop toe plaaslike inwoners en uitlanders met mekaar begin baklei het.

Volgens berigte is uitlanders se winkels in Jabavu, White City geplunder en ʼn 17-jarige seun is doodgeskiet, na bewering deur ʼn winkeleienaar uit selfverdediging.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes is op die toneel om die situasie te beheer. Hy het gesê die opstootjie volg ná berigte oor vervalste goedere wat by spaza-winkels verkoop word.

Gemeenskappe in Gauteng het onlangs begin om vervalste goedere en goedere wat verval het uit spaza-winkels te verwyder deur dit óf te konfiskeer óf self daarvan ontslae te raak.

Die Nasionale Verbruikerskommissie het gesê hy ondersoek bewerings van vervalste en moontlik skadelike voedselprodukte en hulle doen ʼn beroep op persone om vervalste goedere, of goedere van ʼn swak gehalte, aan te meld.

Popo Maja, woordvoerder vir die minister van gesondheid Aaron Motsoaledi, het gesê die departement het talle klagtes die afgelope paar dae ontvang oor gevaarlike voedselgoedere wat in townships landswyd verkoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

Gaan kla by Cyril wat ieder en ek vrypas die land in gee, stort jul frustrasie op die groen gras van die Unie Geboue uit.

Huh! ·

Groen gras by die Unie geboue? Van wanneer af? Nog nie gesien in die laaste dekade of twee nie…

jaco ·

vreemd dat rassisme NET gesien word as wit mense wat lelik is met swart mense, maar ELKE xenofobiese aanval in SA word gedoen deur ons swart mense op swart en ook minder swart mense van ander lande…

Barries ·

Snaaks dat dieselfde “vervalste” goedere en kos wat verval het en waaroor die ongelukkigheid gaan, nou gebuit word…..

marous ·

Waarom loop die department se inspekteurs nie self deur die strate nie ? Nou moet die man op straat hulle werk vir hulle doen ? Slap spul!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.