Soweto-onluste: Een dood, winkel afgebrand

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Een persoon is Woensdagnag tydens die voortslepende onluste in Soweto doodgeskiet en ʼn uitlander se winkel is afgebrand, het die polisie Donderdag gesê.

Dit bring die dodetal op twee sedert geweld tussen plaaslike inwoners en uitlanders Maandag in Snake Park, Dobsonville uitgebreek het.

“ʼn Inwoner van Naledi is doodgeskiet,” het lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê. “Dit is nog nie duidelik wie hom geskiet het nie, maar dit het tydens gisteraand se onluste plaasgevind.” Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die uitlander se winkel is in Mabata afgebrand. ʼn 14-jarige seun is Maandag deur ʼn uitlander doodgeskiet en ʼn 15-jarige seun is gewond nadat die twee glo die uitlander se winkel beroof het.

Alhoewel die gebied Donderdagoggend kalm was, het die provinsiale polisiekommissaris polisielede van regoor die provinsie ontbied om in die gebied bystand te lewer.

Altesaam 39 mense is sedert Maandag in hegtenis geneem in verband met plundery en openbare geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.