Soweto skuld Eskom R17 miljard

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die wanbetalingskultuur van elektrisiteitsverbruikers in Soweto is seker die grootste oorsaak dat Eskom feitlik op sy knieë gedwing is, het die VF Plus Donderdag gesê.

Luidens ʼn verslag van die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) wat aan die Gauteng-wetgewer se CoGTA-komitee voorgelê is, skuld Soweto Eskom meer as R17 miljard wat die helfte van die land se skuld aan Eskom beloop.

“Soweto se wanbetaling duur reeds jare lank en politici probeer sonder veel sukses om kragverbruikers te oorreed om gedeeltes van hul skuld te betaal,” het Amanda de Lange, lid van die VF Plus in die Gautengse wetgewer, in ʼn verklaring gesê. “Dreigemente om die kragtoevoer af te sny dien ook geen doel nie. Inwoners hou vol die ANC het in hul verkiesingsbeloftes aan kiesers gratis elektrisiteit en water belowe. Die kultuur van nie-betaling het nou ʼn nalatenskap van die ANC-struggle geword.”

Intussen worstel die nasionale kragvoorsiener om finansieel te oorleef en het in 2018 ʼn laagtepunt beleef. Die situasie word vererger deur ander nie-betalers, fiskale ongerymdhede, bedrog en wanbestuur.

“Dit wil voorkom asof Eskom ook geen werkbare plan het om die R34 miljard in te vorder wat onderpresterende munisipaliteite aan hom skuld nie. Daarbenewens is Eskom se operasionele kapasiteit ook nie na wense nie en ongeoorloofde tariefverhogings oor jare, het geen verligting gebring nie,” het De Lange bygevoeg.

Verdere druk word op die betalende middelklasburger geplaas om die skuldlas en verantwoordelikhede van nie-betalers en onderpresterende munisipaliteite te dra in ʼn omgewing waar munisipaliteite se skuldlas die afgelope agtien maande met sowat 80% gestyg het.

“Alhoewel die ANC-regering ‘n reddingsboei aan die skuldgeteisterde Eskom probeer uitgooi, is die fiskale en operasionele skade reeds baie groot en is daar min hoop dat ‘n volhoubare finansiële ommekeer bewerkstellig kan word. ʼn Aksieplan om Soweto se agterstallige skuld op ʼn dringende basis in te vorder, is donker.

“Die kwessie is ‘n kopseer vir die departement van samewerkende regering, maar daar moet streng maatreëls ingestel word om te midde van toenemende verarming van verbruikers alternatiewe kragvoorsiening aan huishoudings te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

De Villiers ·

Eerstens het ek nog nooit een van hierdie wanbetalers en dié wat vrygestel is van krag en waterrekeninge hoor dankie sê vir ons wat namens hulle ook daarvoor betaal nie, al van die apartheidsjare af.

Tweedens is alles voor 1994 mos koloniaal. Dus is Eskom mos ń apartheidsinisiatief. Waarom gebruik hulle dan krag? Sit daarom die krag af, want dit kan hulle herinner aan apartheid en kolonialisme, wat mos in hul terme neerkom op haatspraak. Laat hulle eerder hul eie kragnetwerk bou.

Charl ·

Elke huis het mos sy aparte meter wat individueel afgesit kan word,

Maar ons law abinding citizens se krag word vinnig afgesit as ons nie betaal nie, maar die kaders kan mos maar net afbreek as hulle moet betaal

Theoman ·

Dis waar ek kan onthou hoe self mandela voor die verkiesing in 1994 mense van gratis water en krag belowe het, bo en behalwe al die ander bog beloftes waarvan nooit iets van gekom het nie.

James ·

Ag moet nie worry nie, maak net die krag duurder vir die wat betaal en belowe nog gratis krag aan die previously disadvantaged vir nog 25 of 250 jaar..

Jannie ·

Dit is tyd dat politici verantwoordelik gehou word vir hul onverantwoordelike optrede, dit sal interresant wees om die hof se voeling te toets deur die ANC te dagvaar vir die gelde wat Soweto Eskom skuld.

Sanna ·

Ek stem Jannie! Die ANC het belowe, so hulle moet maar pa staan vir die koste.

Anoniem ·

Dan moet ons almal ophou krag en water betaal….dis mos ook n belofte aan ons..of sny die krag en water af soos by ander plekke…

Johan ·

Daar’s ook dubbelle standaarde van rekenings. Vra dat een van hulle jou sy rekenings wys??? Dat hulle rekenings is so +- R500 na R1000 pm dan is dit vir alles en dan gaan kyk jy watse woongebied dit is. Dan gaan jy behoorlik die hel in wees. Ek het honderde van die rekenings gesien dit bevraagteken selfs so regters se rekenings in spog woongebiede en daars net gese dit is reg????? So almal is mos onder dieselfde kam en mens moet almal net nie betaal nie!!!! Maar ja is nie so groot gemaak nie en ons betaal maar ten duurste vir jou huis en selfs subsideer ons dan die nie betaler en die minusipale klerk wat swak dienslewer se salaris van ongeveer +-R50000 pm en dan natuurlik die oortyd van gemiddeld 75 uur per week. Hulle werk gemiddeld 18 ure plus per dag 7 dae n week???????? So wanneer slaap hulle en hoekom is dienslewering so swak dan???? Maar is maar net korrup, soos Eskom se salaris en oortyd, transnet se salarisse en oortyd en telkom se salarisse en oortyd. Dit is n feit!!!!!!!

Arno Scheepers ·

Begin AL die probleme in Suid-Afrika nie maar in soweto nie??

Misousa ·

Ek kry geen rekening in die pos.
Meeste maande geen sms of selfs e-pos.
Ek moet inbel om my uitstaande bedrag per teefoon kry.
Elke maand betaal ek die rekening in vol.
‘N middelklas 3slk huis.
Net ek en my seun.
Gewone wasgoed, tv, een keer per week tuin natmaak: R8000 Erfbelasting:1400 per maand.
Vanoggend bel ek weer vir my uitstaande bedrag op my rekening gebel. Dit is vir my gelees en ek is vertel ek het R200 te min op my vorige rekening betaal. As ek dit nie VANDAG betaal, sal my krag afgesit word.
Ek jaag en betaal met benoudheid my rekening.
Onthou. Ek betaal nooit minder as die bedrag wat hulle my voorlees nie. Hulle het die verkeerde bedrag gegee…
Sekerlik dra ons almal Soweto wat geen waarskuwings kry.
Ek soh dalk ook nie betaal het, as ek nie gevolge sou hê nie.
Die hele land is so.
‘NEVER AWARD BAD BEHAVIOUR’
Kinders mag nie meer deur ouers gestraf word.
Moordenaars, diewe word nie eens gesoek nie..
Soweto het almal dstv skottels oppie dakkie, maar hoef nie te betaal om dit te kyk.
Ons bly in ‘n wettelose land.
Iewers moet ons weer leiding neem.
Ons kinders reg en verkeerd leer.
Oneerlike polisielede summier afdank.
Dissipline in skole kry.
Bid vir ‘n God-vresende Leier.
En
Soweto se krag..AFSIT!

anton ·

Misousa………dit is onmoontelik dat net 2 mense R8000- se krag n maand kan gebruik!!!
As ek jy is sal ek dadelik ondersoek instel m.b.t dit.
Sterkte.

Spook op thaba ·

Ek was een maand in Namibie. Het latet as beplan teruggekeer…eskom my krag gesny. Moes weer aansluitingsfooie vetaal. So hoekom kan soweto se krag nie gesny word nie. As krag en water gratis belowe is, moet dit almal insluit . Dankie Amanda vir die inligting. Terloops mm moet nie na Amanda verwys as de lange nie. Sy een van die min ware dames wat ek ken.

Marinda ·

Bwhahahaha bwhahahaha, en toe val hulle in die gat wat hulle vir iemand anders grawe. Giving everything away for free. Just got to love this country.

aj ·

Ek en jy betaal die Soweto wanbetalers se elektrisiteit ÈN water!

Kom ons stop die uitbuiting van ons betalende gebruikers deur ons eie elektrisiteit en water te voorsien.

Huis vir huis, straat vir straat, blok vir blok … woonbuurt, dorp, hoewe, plaas … distrik ensovoorts!

Kom ons ‘slag’ die Eksdom melkkoei! Raak selfvoorsienend!

Bert ·

En die 17 miljard is net die gemeterde gevalle, wat van al die illigale konneksies?

Natalene Visser ·

Ag nee, o aarde, wat se nare anglisisme, in plaas van om net doodeenvoudig onwettige aansluitings te sê.

WMirabilis. ·

Liewe land wat vir ‘n woord is ”illigale”? Ilegitieme klink dalk beter op die oor al bestaan daar ook nie so ‘n woord nie.

leser ·

@aj
as jy selfvoorsienend raak met krag, moet jy ‘n “heffing” betaal, iets wat my lelik in die krop steek
waarvoor, dis dan al my goed, my geld wat die sonpanele, krag reguleerders, batterye gekoop het
mis bepaalde tyd het nie seggenskap oor die son nie

Wonder net ·

Politici dinknie voor hulle beloftes maak nie.
Nou belowe hulle gratis krag en water, behuising, skoolopleiding en nou universiteitsopleiding, grond en NGV.
Ek is ook al sat betaal aan krag en eke keer soek hulle nog verhoging.
Antwoord my asb. :
As jy boer kerm die arbeiders vir krag.
Wie moet hulle verbruik betaal? Gaan hulle ook gratis eenhede per maand kry soos agtergeblewenes in die stede?
Die boer sal seker moet verantwoordelikheid neem en as dit nie betaal word nie sal die krag dadelik afgesny word.

JG ·

Wonder net…stel dit eerder so…Politici het nie die vermoee om te dink nie…

Hagar ·

As ek reg onthou het ons eie NP regering, voor hierdie gedrog, al die mense so bederf. Nog al die jare bestaan daardie dreigement dat hul die land onregeer baar sal maak. So sal hierdie toestand tot die voleinding duur.

Lizl Scheepers ·

Ja-nee, ‘n mak hond byt die seerste. Kry vir julle. Net jammer 5% moet vir 95% se krag betaal…

aj ·

Aspirasie oortref prestasie!

Of in ander woorde … die mense leef vêr bokant hulle finansiële (en ander) vermoëns.

Munisipale dienste soos paaie, riolering, water, elektrisiteit, vullisverwydering ens is beskore vir geindustrialiseerde samelewings waar fabrieke produkte produseer en die fabriekswerkers salarisse ontvang en daarmee kan betaal vir dienste.

SA het nie (meer) industrië oor nie … benodig nie werkers nie …. salarisse word nie betaal nie daarom is verstedeliking (dienste) nie haalbaar nie.

Die magsbehepte ANC opportuniste belieg die kiesers want hulle “aspirasies oortref ook húlle prestasies”!

Rampspoed!

Ep ·

Dis reg die anc het mos gesê gratis water en krag Hoekom staan ons wit mense nie ook saam en sê ons ook gestem vir anc omdat ons gratis krag en water gaan kry en verjaag die swernoot wat krag wil afsny As hulle afsit knip eenvoudig die slot af en sit krag weer aan

WeesSlim ·

Mense vat elke maand jou leesings self en skryf datum en k.w. neer en met water ook so kan hulle jou nie op stry met die lesings nie . Dan het jy n foet om op te staan .

WMirabilis. ·

Nee kyk hoe slim kan ‘n mens wees as jy voet met ‘n ‘f’ spel?

Swannie ·

@WMirabilis: Ek aanvaar jy is foutloos en seker sonder sondes ook?

Ja nee ·

Die berig stel dit mooi. Kultuur van wanbetaling! Die hoof rede hoekom iemand aanhou wegkom met die verkeerde -daars geen vervolging

Drikus Kotze ·

By wie gaan “hulle” verkla word?
Wie gaan saam staan?
Wie van ons blankes gaan eerste ophou betaal?
Wie gaan politici verantwoordelik hou?
Alles nuttelose kommentare
Ek kan nie eers meer gereed maak vir die ergste. My enigste hoop is dat by God is niks onmoontlik.

latie ·

dan moes ons soweto toe trek daar alles verniet /////////////…………………..

potlood ·

So dit is net nog ‘n voorbeeld waar ons moet betaal. medies ook…

Oom Piet ·

Eskom het 6,5 miljoen Klante waarvan 6,3 miloen (98%) Residensieele Klante is, wat in die 2018/19 boekjaar net 11 748 GWh (5% ) verbruik het van die 240 388 GWh (240TWh) wat Eskom opgewek het vanaf Steenkool, Kern, Hidro Pomp en Turbines asook aangekoop het vanaf IPP’s en Cahorra Bassa Hidro, tans met altesaam meer as 50,000MW Nominale Opwek Kapasiteit vv 35,000MW piek.

In 2018/19 boekjaar is 12 461 GWh teen 66c/KWh aan buurlande verbruikers verkoop.

Versoek/Bepleit geheel en al VRY/VERNIET ELEKTISITEIT afgelewerd net aan alle Residensieele Huishoudings, wat Eskom se 6,497,361 Debiteure Rekeninge eensklaps sal verminder na net 138,838 om maandeliks te meter lees, faktureer en onversuimd invorder. Spaar baie kantoor spasie, toerustings, salarisse, ens. Ditto re Munisipaliteite.

Die’ jaar tot hede, het die Staatskas al meer as R70 Miljard in Eskom gestort (bailouts).
Mos veel beter om +/- 12,000 GWh die jaar teen 72c p/KWh, vooruit by Eskom aankoop vir VRY/VERNIET aflewering. Dieselfde geld vir Munisipale Residensieele Klante.

Daar is tans sowat 16 mijoen Residensieele Huishoudings in die RSA waarvan omtrent 12 miljoen vanaf die Eskom en/of Munisipaliteite (Distributors)krag kry, insl. nag ligte, robotte, ens.

thinus erasmus ·

Dankie oom Piet, ek hou van jou deeglike syfers wat enige illusies uitklaar. Die ANC regering kan egter nie daai som maak nie – die logiese en eenvoudige oplossing is hul nie beskore. Hulle probeer ń dreigende ramp so bestuur dat hul soveel moontlik daaruit kan oes as moontlik voor alles in duie stort. Daar sal mos êrens ń “bailout” kom.

Magda ·

KOM DA – WAAR IS JULLE NOU – Julel se mos n land vir almal – WYS ONS EN GAAN SNY DAAI KLOMP SE KRAG WAT NIE BETAAL AF NIE – EN VERWYDER ONWETTIGE KONNEKSIES – OF IS JULLE BANG??????????????????????????????

Lood Kurkprop ·

.
.
Ek skuld myself R416 000 000.00 vir dienste gelewer aan myself …wie gaan my skuld aan myself help betaal….asseblief…voor ek hof toe gaan…julle staatskas moet n reddingsboei vir my gooi…komaan…ek vra 45% rente per maand.
.
.

Gert ·

Die illegitieme goewerment tree illegaal op, hulle sal die konsekwensies van hulle aksies moet dra, die farke.

Julie Jansen van Rensburg ·

Nie net gratis wter en krag nie, maar ook gratis tersiëre onderrig – en onthou, as die krag afgesit word, sal daar ‘n opstand soos min wees, want dankan niemand koskook, TV kyk, ens nie, en die kindertjies kan nie in die donker hulle skoolwerk doen nie, en as dit gebeur, druip hulle en kan nie “UINIVESSITY” toe gaan om graad te vang (of eis dat een of ander “apartheid” standbeeld verwyder word) maar wanneer hulle graad gevang het, kan hulle mos ‘n “job” kry met beginsalaris iewers in die omgewing van ses syfers… so, broeders en susters, hou maar aan betaal vir aldie “minder-bevoorregtes” wat onder “apartheid” gely het….. Soos die spreekwoord lui: “SARCASM IS THE LOWEST FORM OF WIT…” en ekweet ek maak my noudaaraan skuldig, maar – SO WHAT???

Lood Kurkprop ·

.
.
Wat is die verskil tussen R1 biljoen en
R1 miljard ?.
.
.

TDW ·

‘n biljoen in afrikaans het 12 nulle. ‘n miljard het 9 nulle.
In amerika is ‘n billion 9 nulle en ‘n trillion 12 nulle.

Marius ·

Het vir 10 jaar in Soweto gewerk daar is amper meer onwetige aansluitings as mense in daai plek ooglopend maar word niks gedoen omtrent dit.

Anoniem ·

Soweto se krag sal NOOIT afgesny of ingewin word nie, want die ANC maak staat op hulle miljoene stemme. Die Regering sal eerder vir Eskom uithelp met ons geld. Al manier om die Regering op hulle knieë te dwing, is om tot algehele burgerlike ongehoorsaamheid oor te gaan, dieselfde strategie wat hulle gevolg het om aan bewind te kom en alle vorms van geld te weerhou waar ons ookal kan. Hoe vinniger die land geheel en al in sy maai is, hoe vinniger kan die herstelproses begin.

EO ·

En as onse mense nie betaal nie???? Of dalk laat betaal, word die krag onmiddelik afgesny!!!!!!!!!

Hanlie ·

En as hulle Soweto se krag gaan afsny ….. dan BRAND DIE LAND!!!! So eenvoudig soos dit.

Elna ·

Ek het n baie goeie voorstel kom ons beplan n datum waar ons almal saam staan en nie ons eskom rekening betaal vir 2 maande nie kom ons kyk hoe vinnig sal hulle werk om almal se krag af te sny en hoe hard gaan Eskom dan val agv geen betaling nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.