S&P bevestig Transnet se kredietwaardigheid

Argieffoto

Argieffoto

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Standard and Poor’s (S&P) het Dinsdag sy gradering vir die Suid-Afrikaanse regering se vragvervoer- en logistieke maatskappy, Transnet, bevestig en gesê die maatskappy is ʼn voorkeurbelegging.

Die graderingsagentskap het gesê alhoewel die makro-ekonomiese vooruitsig negatief bly, presteer Transnet steeds ondanks ʼn uitdagende ekonomiese klimaat.

S&P het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy is optimisties dat Transnet se finansiële kredietstatistiek in lyn sal bly met die graderingsmaatskappy se assessering van sy kredietprofiel op bbb+, selfs in ʼn uitdagende ekonomiese omgewing.

Transnet voer tans sy 10 jaar lange infrastruktuur-beleggingsprogram ter waarde van R380 miljard uit.

Die graderingsagentskap het gesê hy glo Transnet sal voortgaan om dié beleggingsprogram versigtig uit te voer en veranderinge in die mark in ag te neem.

Molatwane Likhethe, woordvoerder van Transnet, het gesê S&P se bevestiging en erkenning van die noodsaaklike rol wat dié maatskappy in Suid-Afrika se ekonomie speel as ʼn verskaffer van die nodige infrastruktuur, is ʼn getuienis van die maatskappy se vermoë om deur moeilike ekonomiese omstandighede te stuur.

“Transnet het ʼn alleenstaande gradering en samel fondse in op die krag van sy balansstaat en ontvang geen finansiering of waarborge uit die fiskus nie,” het Likhethe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

liesbet ·

Nou hoekom kry hul pensioenarisse STEEDS slegs 2% verhoging n jaar??
Skreiende skande dat die wat hul hele lewe lank help bou het hieraan vandag nie eens genoeg het om van te lewe nie. En dit geld vir alle rasse…pateties

Therese van Schalkwyk ·

Tog jammer dat Standard and Poor, óf nie hul weg oop sien om melding daarvan te maak nie, óf geensins bewus is van die feit dat die “kredietwaardige” Transnet skuldig is aan die armoede en lyding van duisende pensioenarisse nie.

Frederik ·

Ek kan my die lyding van ‘n SAL pensionaris indink as dit tans so sleg gaan met Transnet se pensionarisse.

GES ·

Die hele storie is kunsmatig. Vir Transnet om ‘n wins te maak moet hulle vir belastinggeld vra of infrastruktuur verkoop.

Frans C ·

Hoe geloofwaardig is ‘n maatskappy wat ‘n maatskappy verantwoordelik vir die armoede van meer as 60 000 pensioenarisse , wit en swart, ‘n voorkeurbeleggingsmaatskappy te noem?

Flintstone ·

Jou standaarde en persepsie van ‘n bluechip belegging moet voorwaar verwronge wees om Transnet as diesulke te klasifiseer.Is dit nie hoeka die maatskappy se “kundiges” wat ‘n multi biljoen rand flater begaan het met die aankoop van nuwe treine nie?

Toto ·

Goeie gradering volgens Poor Standards en nou kan die tenderpreneurs lekker skep met die goedkoop geld wat geblaas gaan word!

Manna ·

Wat ‘ n grap ‘n voorkeur beleging met treine wat al minder en minder loop. Die afgelope 8 jaar het treine tussen Johannesburg en Durban net mooi gehalveer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.