‘Spaar belastingbetalers se geld, hou my uit die tronk’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn 64-jarige man, het in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat hy nie tronkstraf moet kry nie sodat belastingbetalers nie daarvoor hoef op te dok nie, het The Star Woensdag berig.

Meschack Sono Hlazo (33) het aan regter Vivian Tlhapi gesê daar sal reuse belastingsgevolge vir landsburgers wees aangesien hulle sal moet betaal vir sy lewenslange verblyf in ʼn gevangenis.

“Die publiek sal ook nie wil hê dat ek lewenslank tronk toe moet gaan nie. Hulle sal wil hê dat ek ʼn tweede kans moet kry,” het hy aangevoer. Hy het homself verteenwoordig ter strafversagting.

Hlazo is skuldig bevind aan die moord op Stephan Carl Mantha tydens ʼn rooftog in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, op 20 Oktober 2007. Hy het Mantha verwurg.

Mantha was ʼn bestuurder by Fern Gold-meubileerders, waar Hlazo van tyd tot tyd bouwerk gedoen het.

Regter Tlhapi het egter nie Hlazo se argumente aanvaar nie en hom tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

anet ·

Hy het iemand se lewe geneem deur om hom te verwurg. As hy soos hy beweer, so skuldig voel oor belastingbetalers se geld, gee hom die doodstraf, dit is wat hy verdien as moordenaar

Deon ·

Neewat, ek stem saam met hierdie vent, hy gaan ons belastinggeld mors as hy tronk toe gestuur word, daarom is daar dan nou ‘n beter opsie – doodstaf! sodoende kos dit die belastingbetaler baie minder geld, en ons is vir altyd ontslae van die skuim.

lorayne ·

How concerning. . . Is dit nou nie ‘n vredeliewende gebaar teenoor ons paar belasting betalers nie? Meschack Sono Hlazo jy is BAIE welkom
in die tronk! Ons dra graag by om jou EN jou soort agter tralies te hou!

zahn ·

Ek weet julle gaan kwaad wees, maar ek sien die humor hierin. Gee die man net een Bell’s voor hy gaan, op ‘n manier is hy nogal oorspronklik. Jammer vir die moord, maar dis seker omdat dit so belaglik is wat ek smile daaroor..

Carel ·

Zahn, ek het ook nogal gedink dis snaaks. Hierdie berig sou nogal goed gewerk het onder “Vreemdhede”.

snel ·

Goeiste, hy het seker graad 1 en kyk hoe slim. Ja-nee, doodstraf is geskik vir hom, en geen kis of tamatieplanke, voer hom vir n honger haai, dan spaar ons nog meer geld. Dink hulle kan dit sommer met al die moordenaars en klomp wat lewenslank moet sit doen en kyk dan net hoeveel spaar ons belastingbetalers dan.

Willie ·

Hoop hy word verwurg in die tronk dan is ons belastingbetalers verlos van die stuk gemors.

Marietjie ·

Jy hoort in ‘n sirkus, want jy is ‘n nar van formaat. Sal graag wil weet of jou slagoffer ook ‘n tweede kans gaan kry? Eintlik is jy reg….jy gaan ons geld mors, daarom moes hulle jou eerder die doodstraf kon gee. “No mess, no fuss”.

Paul ·

Ek sal met plesier betaal vir ‘n 308 patroon en sal die koeel self met komplimente aan hom aflewer. Dit sal die belastingbetaler nog steeds baie geld spaar.

Nina ·

Ek het ook nogal geding een skoot sal belastinggeld spaar.
As dit nou waaragtig nie die verdomde TOPPUNT van belaglik is, weet ek nie. Die blatante arrogansie…dis nou letterlik om van te kots!

Jan ·

Tenminste weet hy wie betaal vir wat! Gee hom ‘n aanstelling by die ANC !

Bleskop ·

Gee hom ‘n Bell’s, dan……,
‘n deur wat oopval, ‘n glas wat breek toe dit die hout vloer tref en ‘n tou wat styf ruk teen sy nek……
Dis reg tjou Onner, hou my uitie tronk, dis kos te veel, mar die glag hy is omtrint virniet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.