Span aangestel om parlementbrand te ondersoek

Skade aan die parlementsgebou. (Foto: Verskaf)

Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, het ʼn onafhanklike ingenieurspan aangestel om die omstrede brand by die parlement in Januarie vanjaar te ondersoek.

ʼn Aanvanklike ondersoek het aangedui daar is baie erge strukturele skade aan die sementblaaie op die tweede, derde en vierde verdieping, lui ʼn verklaring wat die departement Sondag uitgereik het. Daar was ook erge krake in die mure op die tweede en derde verdieping. “Die professionele span het aangedui dat die Nasionale Vergadering onveilig is en dus vir eers afgebaken en gesluit moet word, sodat toegang daarheen beperk word.”

Die departement het toe te werk gegaan om ʼn onafhanklike spesialis-ingenieurspan aan te stel om verdere ontledings in fyn besonderhede van die gebou te doen. Gevolglik is die Coega-ontwikkelingskorporasie aangestel om ʼn ontleding van die brandskade aan geboue by die parlement te doen, met die oog daarop om dit weer veilig te maak.

Die diensverskaffer moet nou binne die volgende week ʼn verslag aan die departement voorlê wat aandui wat die strukturele skade aan die gebou is, hoe dit die veiligheid van die gebou beïnvloed en maniere waarop die probleme met veiligheid op kort termyn aangepak kan word.

Daarna moet ʼn detailverslag ingedien word wat die werk uiteensit wat nodig is om die gebou weer te beveilig, asook hoeveel dit sal kos.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Casper ·

Nie geld in die put nie maar in sakke waar dit nie hoort nie.

MakersMark ·

Sloop die gebou. Die aktiwiteite wat daarbinne plaasvind is in elk geval nie waardig van so gebou nie. Kan net sowel onder ‘n boom vergader dit reflekteer die waardigheid van die gesprek en besluite.

marius ·

Is die Polisie se forensiese afdeling te sleg ? Antwoord dit julle spul verkwisters !

Francois ·

Ek se net vanoggend vir my vrou dat hierdie geval en die verdagte se saak n hoër prioriteit geniet as verlede jaar se opstande want byna elke nuusberig bevat inligting oor die verloop van die saak en uitstel op uitstel (op die staat se versoek natuurlik, my raai is omdat hulle nie juis n saak het nie) Laas jaar was daar baie meer skade met baie ernstiger finansiele en ander gevolge en daar was baie meer kriminele elemente betrokke maar geen hofsake of name van “instigators” word genoem nie. My gratis opinie volgens die fotos is – sloop die gebou en gaan aan met julle eintlike werk.

Mieke ·

Mense….. hier kom nog ‘n hengse geleentheid vir die sous trein… Watch and see!!!

Swerwer ·

Verstaan nie wat nie punt is om al die kostes aan te gaan nie, die Parlement is klaar vervietig soos die ANC Kader mos alle ou historiese geskiedenis wil verwyder en vernietig. Gebruik maar die ou geldjies vir ‘n nuwe gebou, dit sal veel goedkoper wees.

Niklaas ·

Natuurlik ‘n BEE span. Wat eers na 2 jaar ‘n lawwe verslaggie gaan opdis , apartheid sal blameer en rekening van R 38 000 000 sal voorlê vir proffesionele dienste

Alleen Wolf ·

Klomp slapgat ministers, nie een van hulle kan sy eie werk doen nie, moet altyd een of ander taakspan of kundiges aanstel om hulle werk te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.