Span kulturele diplomasie in

han-peters-nederland-atkv

Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie Han Peters, het Woensdag gesê kunste bied ‘n geleentheid vir gesonde dialoog oor uitdagings in ‘n sameleweing. Foto: ATKV

Hedendaagse uitdagings soos klimaatsverandering en die vlugtelingkrisis in Europa kan deur kuns en kultuur aangepak word.

Só meen die Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie mnr. Han Peters.

Peters het Woensdag ’n aandlesing oor kulturele diplomasie by die ATKV se hoofkantoor in Randburg gegee. Die geleentheid is bygewoon deur verteenwoordigers van verskeie Afrikaanse kultuurorganisasies en staatsdepartemente sowel as akademici.

“Ons moenie mure bou nie, maar eerder ons gedagtes laat gaan en dialoog skep. Ons moet bereid wees om te luister. Maak nie saak hoe uitdagend en sensitief ’n onderwerp is nie, ons moet luister. ’n Dialoog gaan oor gee en neem.”

Die ATKV sien homself as ’n niestaatlike rolspeler in kultuur op nasionale sowel as internasionale vlak, sê dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur van korporatiewe aangeleenthede van die ATKV.

Volgens Peters kan kuns en kultuur perspektiewe transformeer en mense herenig.

“Diplomasie handel oor meer as net politieke kwessies. Daar moet ook gesonde kulturele diplomasie wees om sosiale kohesie te verseker.”

Peters het kortliks verwys na wat die Nederlandse ambassade op kulturele diplomatieke front doen om sosiale kohesie tussen Suid-Afrika en Nederland te skep. Die ambassade ondersteun byvoorbeeld die Afrikaanse kunste en het, onder meer, verlede jaar die KKNK se Uitkampteater en vroeër vanjaar die Kunstekaap-toneelstuk Krotoa: Eva van die Kaap geborg.

“Die kunste bied ’n gesonde dialoog waarby ons almal kan luister en leer. Dit is soveel beter as om ons probleme met konflik te probeer oplos.”

Peters meen ’n jong demokrasie soos Suid-Afrika s’n moet geduldig wees.

“Daar is nog baie armoede en nog baie probleme en die grootste uitdaging is om sosiale enigheid te skep. Vyf en twintig jaar is ʼn baie kort tyd, maar die narratief van ’n land moet voortdurend aanpas en verander soos wat die samelewing verander.”

Peters het benadruk dat daar geluister moet word na verskillende perspektiewe. “Eers dan kan diversiteit seëvier en gerespekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andreas ·

Ongelukkig werk dit in SA net as eerstewêrelds na derdewêrelds luister, andersom luister dit nie, dan wil hulle met jou debateer en jou na hul ideologie omhaal.

Liberaal ·

Lei aandag van die werklike probleme af met kunste en dwing die massas om te transformeer, om van als wat hulle opgebou het weg te gee en uiteindelik uitgedruk te word.

Grietjie du Afrique ·

Ons is taamlik verby dialoog. Dialoog kan net werk as jy kan vertrou op die ander se integriteit. Hoe bitter dat Sbosch boere WEL diallog gehad het , ‘n deal gemask is en steeds word plaasaanvalle nie aangespreek nie.

Erick ·

Ongelukkig het die oorgrote Nederlandse gemeenskap niks vir ons beteken die laaste 60 jaar nie. Ons moet eerder met minderheidsgroepe saamwerk (van alle bevolkingsgroepe) van reg oor die wêreld wat ook onderdruk word, van Laos tot die Midde Ooste, Afrika en reg oor die wêreld.

ChrisE ·

Ai tog ou Han. Waar in de wêreld komt je vandaan jonge? Dat deugd niet zo in onse land. Hier zit ons met die regte egte probleme wat julle niet sal verstaan. Bekommer julself eerder oor jul eie probleme. Dit is aan de komme. Mooi gedigges prentjies en liedjies gaan nie helpe jonge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.