Spanning in Coligny: Snelweg versper

Vragmotors wat verlede week deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Die Noordwes-polisie moes Dinsdagmiddag van traangas gebruik maak om betogers uit mekaar te dryf wat die N14-snelweg versper het.

Die betogers, gewapen met klippe en sinkplate as skilde, het die snelweg met buitebande wat aan die brand gesteek is en ander voorwerpe versper.

Die polisie het die versperrings uit die pad verwyder, terwyl die betogers hulle met klippe bestook het.

Die betogers was glo nie gelukkig met die uitkoms van ʼn vergadering met die provinsie se LUR van gemeenskapsveiligheid, dr. Mpho Motlhabane, nie. Die vergadering is gehou oor wat gedoen kan word om wet en orde in Coligny te herstel.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Coligny het gewelddadig geraak nadat Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) albei  van R5 000 elk vrygelaat is. Doorewaard en Schutte word aangekla van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16). Die mans beweer hulle het hom en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te neem. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Volgens die beskuldigdes het Mosweu van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood. Die staat beweer Mosweu is van die bakkie afgegooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Christo ·

Dit is jammer dat die SAPD se hande so vas gebind is en die publiek gedruig word deur wette lose mense

al ·

Daar is ñ in diepte verslag van joernalis adriaan malan op News 24. Coligny: Things to come. Dis duidelik dat die seun op n gerieflike tyd dood is toe die swart mense keelvol was vir die ANC se dienslewering.
Daaruit ook is n Tabele, ñ misterieuse opstoker en sy volgelinge wie die onrus verder aangewakker het deur die woede en versterkings gebruik het om te draai na wit mense toe.
En die ANC premier van Noordwes wat die laaste kooltjie op die vuur gooi. Dit lyk na n goed beplande strategie van die Zuma kamp.

lw ·

Dit lyk of daar ñ politieke opsweping was sodat daar teen wittes gedraai is. Die chaotiese omstandighede het niemand tot voordeel nie. Coligny gaan nou nog armer wees as ooit tevore.

Catryn ·

Dit is binnelandse terreur – presies dieselfde erger terrorisme van voor 1994, dis nie net Coligny en Lichtenburg nie. Dis Eldorado, sowel ander plekke, Richardsbaai is ook vanoggend geteiken in die hawe, 3 SAPS voertuie verwoes en stootskrapers gebruik. VOOR Coligny se terreur, was daar 3 maande se geweld buite al hierdie areas en dit het niks met die persoon wat dood is te doen nie. Daar was tot grensposte in Botswana gesluit, maar gerieflik swyg die hoofmedia daaroor, mens wonder hoekom.

Hoeveel mense is al ooit aangekla vir al hierdie terrorisme, terreurdade en watse tronkstraf het hulle gekry. Is ook nonsens dat daar na misdadiger se pype gedans word – hoekom gebruik die SAPS nie lewendige vuur nie – is hulle bang vir die misdadigers en terroristiese bende of TSOTSI’s soos die ou ministertjie hulle noem.

Catryn ·

Sien regtig nie enige groot aksies wat die polisie in werking gestel het om ons gewone burgers te beveilig nie … ons moet wakker slaap … baie van dit wat gebeur , die uitsprake, die rassisme en diskriminasie van leiers, word ons blankes juis uitgelok…

Michael ·

Ek dink die ware rede is kriminele en vandale wat die situasie uitbuit vir eie gewin ledigheid was mos nog altyd die duiwel se oor kussing.

Opgemaak en vals ·

Die seun se pa is nie eers regtig sy pa nie. Sy ma wat kamstig “lang ure op n plaas werk” werk nie eers regtig op n plaas nie. Dit alleeen is bewyse dat zuma hierdie opgeset het en dit is b BAIE groot oortreding! Kyk ook na die “verregse” posters op Stellenbosch universiteit, dit is gemaak deur zuma mense om ons te frame en dit is n groot skandaal wat ondersoek moet word.

Joop ·

mense jy plaas jouself nie aspris in n swaar situasie nie.

wie se bakkie was dit. het die seun net opgeklim en saamgery.

dit is die begin gewees. hoe mense dit uitbuut is n ander saak , MAAR waar is die situasie geskep.

danie ·

Die groot probleem is die media, hoe hulle nuus berig is skokkend en spreek boekdele. As hulle die nuus berig moet hulle die feite berig. Maar deesdae het elke berig gewer n opienie. En dis nie nuus nie dis kwaad stook. Die media gee 3de partye n platvorm om kwaad te stook. En die rede hoekom hulle hierdie plaas dorpies teiken is omdat daar alreeds spanning is en n maklike teiken is. Waar is die leiers van alle partye eweskielik is hulle weg, maar as dit kom by verkiesings kan jy nie genoeg van hulle kry nie. Ek sou voorstel alle party leiers gaan sit om n tafel en kom met oplossings voorendag. Die land brand en die leiers is afwesig en die media het n bol, want hulle verkoop koerante.

Magda ·

Ek stem ook saam dat die optogte en geweld NIKS te doen het met die kind wat oorlede is nie – hulle ry net op die kind se dood se rug om dit te gebruik om te steel en te plunder.

Rudolf ·

Wat my onrustig stem is die skynbare onvermoë of onwilligheid van die SAPD om ferm op te tree. Miljoene rande se skade word aangerig – wat sou een Nyala pantservoertuig nie kos nie ? – en tog vertoon hulle lusteloos – selfs hopeloos met die Richardsbaai insident. Net nog `n nadraai van Marikana – laat die gepeupel maar maak wat hulle wil – moet net nie skiet nie. Ons moet besef die “dun blou lyn” het gebreek…..

Anoniem ·

Hoekom word die weermag nie ingespan om die onder beheer te bring nie? Hoekom word die mense wat so verwoes en verbrand nie opgesluit nie?
Dit raak n gewoonte want niks word aan die mense gedoen. Almal kan maak soos hul wil.

Streicher ·

Van watter weermag praat ons hier? Beslis nie die huidige een nie. Die feit dat almal doen wat hulle wil, is bloot n bewys van hoe min die ANC omgee vir die land. Die mense is kwaad, daar word beloftes aan hulle gemaak sedert 1994, intussen steel die leiers hulle dik en die kiesers kripeer. Soos ek elders gese het, jy kan nie veel verwag van n massa ongeskoolde kiesers nie, maar volgende verkiesing trek hulle maar weer hulle kruissies agter die ANC. En dit is die lot van SA.

Scalla ·

Die weermag is die week op verlof, en so ook volgende week, hulle het rus nodig.

Shame ·

Nadat die weermaglede laas geleopardcrawl het op die uniegeboue se gras toe die polisie hulle met rubberkoeels en traangas uitmekaar gejaag het het ek NOOIT weer iets van hulle gehoor nie. Ek dink op hierdie stadium is die weermag nog vrotter as die polisie. As hier een ISIS outjie hier aankom en op die Uniegeboue se gras sy swaard gaan uitpluk is hier GROOT chaos … Die weermag gaan vinnig weer uniforms moet uitreik, almal wat met verlof is sal moet terugkom, die wat in die Kongo of erens diens doen . sal ook teruggeroep moet word, want tans is die weermag NON EXISTING!!

CAROL ·

NOU VANG HULLE EN SLUIT HULLE TOE!!! OF GAAN HUL SKOTVRY AFKOM???

Schalk ·

Laat mens net wonder of enige diener van die gereg of weermag deesdae iets werd is in krisis. Ek sien die foto van die seun wat oorlede is word deur die TV en media vertoon maar dit is van ‘n jonger tydperk in sy lewe. Dit gaan verseker emosioneel meer waarde dra as mens na ‘n seuntjie verwys wat tragies oorlede is en dan doelbewus die ouderdom en gepaste ouderdomsfoto verskans.

Elsa ·

weermag miet ontplooi word in gebiede wasr opstokers is..die mense wat bande brand en klippe gooi moetsekf opruim….al hoe hul gaan ophou….moet eie gemors skoonmaak….mos nie meer babas…..en wie was die kwaadstokers se mentors?

Elsa ·

bou nog tronke dat booswigte kan leer om nie gewekdadig te wees nie…
begin opleiding vir beskerming soos n weermag

Rudolf ·

Net ter aanvulling. Polisiestasie en twee nuwe polisiewaens laas nag in Thohoyandou afgebrand. Volgens Citizen kon die polisielede nie die skare keer nie……

J Du Bruyn ·

Hierdie gebeure is as gevolg van Zuma se advertensies dat alle witmense doodgemaak moet word.. En ook aangewakker deur premier van Noordwes.. Hulle EN TALLE MINISTERS IS ONVERSKILLIG WAT HUL KWYTRAAK hul stook skares op. Eintlik is dit werkloses wat keëlvormige is vir regering wat nog nooit aan armes hulp voorsien het nie, maar die geld op hulself spandeer. Hoekom kom die weermag nie in wanneer polisie nie die situasie kan hanteer nie.. Dis baie flou pogings van ‘n paar polisiemanne wat op tonele is. Die kwaaddoeners word nie gestraf nie en veroorsaak dat geweld herhaal word. ONS BETAAL BELASTING.. HOEKOM VERSPREI JULLE NIÉ DIE BOODSKAP DAT BELASTING BETALERS GENOEG GEHAD HET NIE. SIT DIT OP PLAKKATE TEEN LAMPPALE VAS. DANKIE MAROELA VIR JUL HARDE WERK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.