Spanning loop hoog tussen bendes in Kaapstad-tronke

Pollsmoor-gevangenis (Foto: Tracey Adams/ANA)

Een persoon is dood tydens voortgesette spanning tussen bendes in Kaapstad se tronke.

Die man is Donderdagaand by Pollsmoor-gevangenis met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, het ʼn woordvoerder vir korrektiewe dienste Vrydag gesê. Nóg ʼn gevangene is in ʼn kritieke toestand.

“Die situasie is nog baie gespanne en veiligeidspersoneel monitor die situasie,” het woordvoerder Simphiwe Xako gesê. “Die voorval is dadelik by Kirstenhof-polisiestasie aangemeld en ʼn saak van moord word deur die polisie en die departement ondersoek.”

Xako het gesê Donderdagaand se voorval volg ná ʼn bendeverwante aanval by die Goodwood-gevangenis twee weke gelede. Kookwater is oor ʼn lid van die 28s-bende gegooi nadat gevangenes hom daarvan beskuldig het dat hy ʼn selfoon gesteel het. Die selfoon is later gekonfiskeer en mandrax-tablette en ander onwettige items is ook gevind toe van die selle deursoek is. Twee tronkbewaarders is ook aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda van Mosselbaai ·

Ons moet ernstig bid vir veral die mense wat in die gevangenis wese werk & al ons sleutel posisies – die polisie, brandweer – verpleeg – verkeer- & ambulanspersoneel. Eintlik moet daar vir almal gebid word reg oor die wêreld – vir verdraagsaamheid, respek & veiligheid. Ons bid vir die families van mense wat in die gevangenis is – die angstigheid & kommer wat hulle ervaar as hulle hoor oor wat daar binne gebeur …………….”Here wees ons almal genadig & laat U koningkryk kom. Amen”

Koos ·

Dit klink of Korrektiewe Dienste nie meer in beheer van ons tronke is nie. In die ou dae het bandiete nie net rondgelê nie, maar sekere groepe kon arbeid verrig en vir ambagte kwalifiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.