Spanning oor buitelanders in Bredasdorp

’n Skermskoot uit ’n video van die betoging wat op sosiale media gedeel is.

Meer as 1 200 Zimbabwiërs en Malawiërs word tans in ʼn gemeenskapsaal in Bredasdorp in die Wes-Kaap gehuisves nadat xenofobiese geweld hulle uit hul huise op dié dorp verdryf het. Sowat 200 mense is ook deur die plaaslike moskee ingeneem.

Die geweld het Donderdag tussen lede van die Zwelitsha- informele gemeenskap buite Bredasdorp en buitelanders in dié woongebied uitgebreek. ʼn Saak van openbare geweld word nou deur die polisie ondersoek.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die plaaslike inwoners is ontevrede omdat baie van dié buitelanders eiendom besit of deur plaaslike ondernemings in diens geneem word.

Van Wyk sê sowat 300 inwoners van Zwelitsha het Donderdag na die Kaap Agulhas- plaaslike munisipaliteit opgeruk om ʼn memorandum in dié verband aan ʼn verteenwoordiger van die munisipaliteit te oorhandig. Die goedgekeurde betoging was aanvanklik vreedsaam, maar het vererger toe kleiner groepe van die ooreengekome roete afgewyk en amok gemaak het.

Samesprekings vir vreedsame oplossings is oor die afgelope naweek onderneem en Maandag in samewerking met afgevaardigdes van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die polisie en munisipaliteit voortgesit. Verskeie leiers van die informele én buitelandse gemeenskap word ook by dié gesprekke ingesluit.

Gister in Bredasdorp

Posted by Bertus Benecke on Sunday, March 27, 2022

Paul Swart, burgemeester van Kaap Agulhas, het aan Maroela Media gesê dat hulle nou “vrede en kalmte” soek.

Volgens Swart is slegs ʼn handjievol mense vir die geweld verantwoordelik en is buitelanders te bang om na hul blyplekke terug te keer.

“Ons doel is om die mense [buitelanders] so gou moontlik weer in die gemeenskap geïntegreer te kry. Dis egter belangrik dat hulle veilig voel en deur die gemeenskap verwelkom word.”

Swart sê hulle vergader binnekort met inwoners, maar dat die meeste ten gunste daarvan is dat die buitelanders toegelaat word om daar te woon aangesien hulle die plaaslike ekonomie bevorder.

“Ons wil hê almal moet in vrede saamwoon en doen ons bes om die situasie om te keer. Liefde en vrede moet nou verkondig word.”

Volgens Swart hoop hulle dat die buitelanders teen Donderdag na hul huise kan terugkeer.

“Ons grootste uitdaging nou is dat die plek [gemeenskapsaal] ʼn bietjie klein is. Ons het darem nog kosvoorraad vir die volgende twee dae.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Snowball ·

Waar werk 1200 Zimbabwiërs en Malawiërs in ‘n dorpie soos Bredasdorp? Waarom kry hulle voorkeur wanneer dit by werk kom? Is dit waarlik xenofobies om eerste na jou eie om te sien? SA stuur af op ‘n bloedbad as dit so aangaan – natuurlik alles te dankie aan swak grensbeheer en behoorlike immigrasiebeleid onder die korrupte ANC regering.

Witbaard ·

Glo my. Ons eie mense is te sleg om te werk. Hulle staan elke maand laaang rye om regeringsgeld te kry. Dis nie voorkeur nie, die Zims is die enigstes wat hier werk soek en nie net geld nie.

Andrew ·

En met die invloei sal daar ook die invloei van misdaad kom

FC ·

As daar in Bredasdorp 1200 uitlanders is, hoeveel in Pretoria en Johannesburg?

efjy ·

Het die Zimbabwiers en Malawiers werks permitte om in en om Bredasdorp te werk of word dit maar toegelaat. Waar kry hulle die eiendom vandaan of word hulle maar toegelaat om onbeheersd daar te plak.

Witbaard ·

Hulle besit geen eiendom, hulle huur die huise (hutte) by die locals. Die locals het hophuise gekry maar hulle shacks behou, en nou verhuur hulle dit uit.

Di ·

Hoeveel van hierdie immigrante is onwettig in die land? Ek verstaan dat hierdie mense ongelukkig is. Daar is hopeloos te veel immigrante in hierdie land terwyl ons eie landsburgers sukkel om werk te kry. Ons korrupte regering gee nie ‘n duit om of hulle eie mense vergaan in ellende nie. Hulle skenk eerder miljoene aan hulle “vriende” in ander lande. Ek glo nie dat Binnelandse sake naastenby ‘n idee het hoeveel immigrante werklik in hierdie land is nie. Die Regering moet stop om enige verder immigrante in te neem

Anel ·

Die lit kom maak amok in ons land omdat hulle ontevrede is. Ek kan nie na hulle lande toe gaan en gaan kla as ek ontevrede is nie. Die lot is tien teen een onwettig en niks mag aan hulle gedoen word nie. Net soos sekere “karwagte” op sekere plekke. Beskaafde bedelary. En hulle maak duisende rande wat die land uitgaan. Net soos die asblikgrawers!!!

Witbaard ·

Dink nie jy weet nou waarvan jy praat nie. Hulle is die mense wat fisies werk vir hulle geld. Onse mense is die meeste bedelaars en kriminele.

Jr ·

Goed en wel, sit SA ‘s se werkers in en twee weke later strike hulle. Wil alles he vir niks

Wonder ·

Jip en SA’s wil SIT en KOS kry saam n dag se salaris… die meeste is te sleg om te werk maar soek geld…

Hendrik ·

DIe liberale denke van die Kaap haal die Kapenaars uiteindelik ook in. Noord van die Vaal moet ons al vir baie jare die spit afbyt omdat die res van SA nie die Afrika-mens ken nie. In een reenboog pot is “vrede en kalmte” soos waarna die geagte burgemeester verlang gewoon nie moontlik nie. ‘n Heel nuwe politieke bestel wat diversifiteit erken is al oplossing vir SA al klink dit ook hoe onmoontlik.

Ettienne ·

Die vraag behoort eintlik te wees, wat soek die duisend en meer Xhosa-sprekendes daar? Ek dink Bredasdorp behoort met gemak 1200 buitelanders te kan akkomodeer, wat wel die balans versteur is die 1000 de Oos-Kaap ongewenstes wat as deel van die ANC se vekiesingsstrategie om mag te behou of te verkry, soontoe “ingevoer” is.

Renier ·

Maar steeds is daar mense wat vra vir n verenigde afrika unie,sal mos nooit werk nie.

Nico ·

Die mense moenie noe kom kla nie, wanneer daar vir hulle werk aangebied word, kan nie onder begin nie hulle wel dieselfde salaris ontvang as bestuurders, die unies moet weg bly dit is die unies wat die mense opstok en aanhits. Waar is die grens beheer daar is nie meer grense nie, alles is afgebreek.

Janine ·

Binnelanders WIL NIE WERK NIE! Dis hoekom meeste van buitelanders se dienste gebruik maak. Die goed hier in SA is sleg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.