Spanning tussen Athol Trollip, die burgemeester van Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, en Mongameli Bobani, adjunkburgemeester, het Woensdag nóg ʼn wending geneem toe Bobani twee sake van bedrog teen senior beamptes aanhangig gemaak het.
Bobani het Woensdag buite die Humewood-polisiekantoor aan media gesê dié koalisieregering is op wankelrige grond nadat hy twee sake van bedrog teen senior beamptes aanhangig gemaak het.
Hy het onder meer ʼn saak van bedrog teen Johan Mettler, die stadsbestuurder, en die waarnemende uitvoerende direkteur van korporatiewe dienste, Vuyo Zitumane, geopen.
“Albei sake het betrekking op miljoene rande wat bestee is aan twyfelagtige kontrakte wat deur die stadsbestuurder en die waarnemende uitvoerende direkteur van korporatiewe dienste onderteken is,” het hy gesê.
Bobani het gesê dié koalisieregering beleef tans ʼn laagtepunt. Hy het ook beweer dat rassisme binne DA-geledere van dié munisipaliteit bestaan omdat amptenare van die Openbare Gesondheidsdirektoraat ontslaan is sonder ʼn visenteringslasbrief.
Bobani sê Trollip se geloofwaardigheid is in gedrang omdat hy nie aandag aan dié sake gee nie.
“Die Demokratiese Alliansie wil nie aanvaar dat hulle nie in beheer is nie en dat dit ʼn koalisieregering is nie. Daar is rassisme in die munisipaliteit en hy [Trollip] wil nie die saak oplos nie.”
Intussen het koalisievennote wat die DA, die Congress of the People (COPE) en die African Christian Democratic Party (ACDP) verteenwoordig, egter vir Trollip in ʼn verklaring ondersteun.
“Die aanklagte wat by die Humewood-polisiekantoor ingedien is, is onwaar, en moet tersyde gestel word. Die DA-, COPE- en ACDP-koalisievennote en die burgemeesterskomiteelede ondersteun die pogings van hierdie administrasie om korrupsie stop te sit waar dit werklik bestaan.
“Alle getuienisgebaseerde vermoede word beslis hanteer in wat duidelik die stryd teen korrupsie is. Ons onderskryf en ondersteun ten volle die optrede van die uitvoerende burgemeester en die munisipale administrasie.”
Die wittebrood is verby…
Rassisme het ñ belaglike en leë woord geword.
klikkie klikkie klikkiebek,
hang n blikkie om jou nek
Bobani kry seker geskenke om die Nelson Mandela Baai metropool onregeerbaar te maak en agterdog te saai en verdeeldheid.
Die ANC het net suur druiwe omdat hulle nie meer kan besteel en plunder nie. Hulle groot baas Gupta is ook nie meer beskikbaar om te help nie.