Speaker gee staatskaping-verslag terug aan OB

Thuli Madonsela

Thuli Madonsela

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het gesê die finale verslag oor sogenaamde staatskaping wat Vrydag aan haar oorhandig is, sal aan die openbare beskermer terugbesorg word.

Die parlement het in ʼn verklaring gesê Mbete het Vrydag ʼn brief van Thuli Madonsela ontvang waarin sy versoek is om die verslag oor beweerde staatskaping te hou totdat die inhoud daarvan bekend gemaak kan word. “Die speaker word in terme van die reël van die Nasionale Vergadering verplig om alle dokumente wat vir LP’s se inligting is, in ontvangs te neem om te verseker dat die sake van die Nasionale Vergadering in ʼn oop en deursigtige wyse hanteer word. Die verslag kan egter nie op dieselfde manier hanteer word nie,” lui die verklaring.

“Die verslag sal dus teruggestuur word na die kantoor van die openbare beskermer.” Madonsela het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê sy het die verslag vir Mbete gegee vir veilige bewaring.

“Klousule B [van Vrydag se hooggeregshofbeslissing deur regter Dawie Fourie] het bepaal die verslag moet in veilige bewaring gehou word. Ons het dit aan die speaker van die parlement gegee vir bewaring,” het sy gesê.

Die hooggeregshof het Vrydag gehoor dat Madonsela nie haar verslag gaan bekend maak nie. Adv. Azhar Bham, namens die openbare beskermer, het gesê die verslag is afgehandel, maar dat dit nie bekend gemaak sal word nie “uit respek vir die hof”.

Fourie het ʼn bewaringsbevel uitgereik wat beteken die inhoud van die verslag kan nie bekend gemaak word nie en dat die verslag in veilige bewaring gehou moet word tot die hof ʼn beslissing kan maak oor die aansoek.

Die EFF, DA, Cope en UDM het Vrydag aangedui dat hulle Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se aansoek om die OB te probeer stuit om haar verslag bekend te maak gaan teenstaan. Die partye het tot ʼn onderhandelde skikking gekom, naamlik die bewaringsbevel, en die saak is tot 1 November uitgestel.

Pres. Jacob Zuma sou Dinsdag ook ’n aansoek om ’n dringende interdik ingedien het om te verhoed dat Madonsela se verslag bekend gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Antie ·

En so gaan die verslag wegraak, hoop Thuli het afskrifte van die verslag gemaak en self gebêre vir veilige bewaring

Piet ·

Waarom dupliseer julle vandag julle stories? Eers was dit Piet Byleveld en nou Madonsela se berig. Ek hoop nie dit is dalk om iets te vind wat julle oor die berig oor die “valshede van grondbesit” kan “cut en paste” nie.

Hasie ·

Dit is die beste ding wat kon gebeur het, want verseker sou die iemand van die ANC dit gesteel het by Mbete. Ek was in skok toe ek hoor sy moet die verslag oppas. Dit kan mos nooit veilig wees by enige ANC mens.

Piet ·

Dankie Landi, ek sien julle werk net aan julle webwerf en daarom die tydelike duplisering. Dis ‘n hengse verligting dat julle net perabuis/ tydelik van die berigte verwyder het. Van alle media wat in die land beskikbaar is, is julle skrywes al wat ek nog lees. Ek dink ek praat namens baie ander lesers al stem ons oor ander goed nie saam nie.

Grassie ·

Ek dink Thuli het ongelukkig hier ‘n oordeelsfout begaan. Sy het vir wolf skaapwagter gemaak.

Bruno Stef ·

Skryf die verslag maar af die ANC weet presies wat hulle wou weet.Die publiek van SA sal net n afgewaterde weergawe van onbenullighede mee moet tevrede wees met miskien van Rooyen as toegif wat op sy eie swaard moet val.Jacob loop al giggelend van die aantuigings weg saam met sy rugkrappers en die Guptas.

Bruno Stef ·

Die hele aangeleentheid is n pad wat lei na nerens.Enige persoon wat nie verstandelik so goed toebedeeld is nie kan dit onmiddelik agterkom jy het net n slaagpunt in Std 6 houtwerk nodig om dit uit te werk.

Mike ·

Ek weet nie of die wit regter in die saak so goeie idee is nie, Veral nie waar dit die president van die land aangaan nie, aangesien hy moontlik te versigtig mag wees om op tone te trap omrede sy velkleur. Kan dalk ook bang wees om uit sy pos onthef te word en daarom nie ‘n openlik regverdige uitspraak te gee nie.

jakes ·

Die speaker toe maar gou die ding gefotostateer vir zummmie gegee en die ding teruggegge hoe stupkd dink julle is ons

Klaas ·

Jakes, Zuma het die verslag reeds gesien, dis waarom hy die publikasie daarvan wou stop. Hy wou dan die getuies waarna in die verslag verwys word, self ondervra. Van Rooyen het ook al die verslag ter hand gehad. Waarom sou die speaker dit wou fotostateer?

jaco ·

het madonsela nog nooit gehoor van copy and paste nie? sy kan ook die verslag op ‘n memorystick kopieer en van haar huis af op sosiale media versprei. there are many ways to kill a cat.

Amanda Joubert ·

Ons sal die verslag nie weer sien nie die nuwe vrou wat aangestel is Zuma se regter hand sy sal hom ten alle koste beskerm ons sal jare moet wag soos the spy tapes. Zuma het mos aan die media bekend gemaak hy gaan regeeer to 2030

andrea van vuren ·

Die nuwe OB gaan Zuma se nuwe bedmaatjie wod! Geen hoop dat ons ooit die gewraakte verslag gaan sien nie!

Nico ·

Nou net oor die nuus gesê Mbhete gaan dit nou weer hou. Ek ruik ‘n rot en dis nie Ratatouille nie…..

Alida ·

Natuurlik het Thuli n paar afskrifte bewaar indien iets met haar sou gebeur. Sy is nie so dom nie.

Tim ·

Net soos Seleki, en nou Jordan gaan Think M ook aangeklae word. Want ook sy het Zuma se bedrog probeer openbare maak.

Se maar net ·

As julle gelees het sal julle sien dat die speaker volgends d nationale vergadering alle dokumente rakende LP’s ontvang en in veilige bewaring hou vir deursigtigheid. Sy doen alles volgens die land se wet, meer as wat ons v ons regering kan se

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.