Maroela Media het vroeër berig die konstitusionele hof het Donderdag bevind dat speaker Baleka Mbete verkeerd was toe sy gesê het sy is nie by magte om te besluit oor die geheime stemming nie. Die hof het beslis dat Mbete nou weer ’n besluit moet neem op grond van die uitspraak. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gesê daar is geen regsgronde waarvolgens die hof die speaker kan dwing om op ’n geheime stemming te besluit nie.
Die parlement het by monde van sy woordvoerder, Moloto Mothapo, in ʼn verklaring gesê hy sal die hof se beslissing uitvoer. “Die speaker van die nasionale vergadering het geen persoonlike of beginselsbeswaar teen die gebruik van ʼn geheime stemming om die mosie van wantroue te beslis nie. Die hof het ook hierdie feit bevestig,” lui die verklaring.
Volgens die nasionale wetgewer bevestig die uitspraak Mbete se argument dat nie die Grondwet of die reëls van die nasionale vergadering voorsiening maak dat die president met ʼn geheime stemming verwyder kan word nie. “Die speaker se siening getuig van versigtigheid. As ʼn produk van die Grondwet moet sy seker maak dat al haar besluite streng aan die Grondwet, die wet en die reëls van die nasionale vergadering voldoen,” het Mothapo gesê.
“Noudat die hof duidelikheid gegee het dat die speaker by magte is om mosies van wantroue met behulp van ʼn geheime stemming te laat beslis, sal sy seker maak dat dié uitspraak uitgevoer word.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Daar is nie n manier dat sy sal toelaat dat n geheime stemming sal plaasvind nie. Sy is mos immers nr1 se nr1 girlfriend.
Dit is omdat sy nie haar werk ken nie en agter stortkop skuil.
Hoe nou….watter rigting nou. Het haar self in n blik gedruk en nou?
JA, RÊRIG!
Hoe moeilik kan dit wees om dit te verstaan, is dit nodig vir n hof beslissing om dit in hul koppe te kry, red n land met so n regering, skande