Speaker ‘het nou duidelikheid’ oor wantroue-mosie

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Die parlement het Donderdag gesê hy sal gehoor gee aan ʼn uitspraak van die konstitusionele hof rakende die besluit of ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma met ʼn geheime stemming beslis sal word of nie.

Maroela Media het vroeër berig die konstitusionele hof het Donderdag bevind dat speaker Baleka Mbete verkeerd was toe sy gesê het sy is nie by magte om te besluit oor die geheime stemming nie. Die hof het beslis dat Mbete nou weer ’n besluit moet neem op grond van die uitspraak. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gesê daar is geen regsgronde waarvolgens die hof die speaker kan dwing om op ’n geheime stemming te besluit nie.

Die parlement het by monde van sy woordvoerder, Moloto Mothapo, in ʼn verklaring gesê hy sal die hof se beslissing uitvoer. “Die speaker van die nasionale vergadering het geen persoonlike of beginselsbeswaar teen die gebruik van ʼn geheime stemming om die mosie van wantroue te beslis nie. Die hof het ook hierdie feit bevestig,” lui die verklaring.

Volgens die nasionale wetgewer bevestig die uitspraak Mbete se argument dat nie die Grondwet of die reëls van die nasionale vergadering voorsiening maak dat die president met ʼn geheime stemming verwyder kan word nie. “Die speaker se siening getuig van versigtigheid. As ʼn produk van die Grondwet moet sy seker maak dat al haar besluite streng aan die Grondwet, die wet en die reëls van die nasionale vergadering voldoen,” het Mothapo gesê.

“Noudat die hof duidelikheid gegee het dat die speaker by magte is om mosies van wantroue met behulp van ʼn geheime stemming te laat beslis, sal sy seker maak dat dié uitspraak uitgevoer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie n manier nie ·

Daar is nie n manier dat sy sal toelaat dat n geheime stemming sal plaasvind nie. Sy is mos immers nr1 se nr1 girlfriend.

Alida ·

Dit is omdat sy nie haar werk ken nie en agter stortkop skuil.

nhk ·

Hoe nou….watter rigting nou. Het haar self in n blik gedruk en nou?

Scalla ·

Hoe moeilik kan dit wees om dit te verstaan, is dit nodig vir n hof beslissing om dit in hul koppe te kry, red n land met so n regering, skande

John ·

Sy sal nou want die kritiese tyd is verby. Pappie het weer geskenkies beloof as sy kinders mooi soet is… en mooi saamspeel anders kry hulle nie van daai poeding nie.. en onthou die leuenverklikker staan in my hangkas…

Pie van die Sky ·

Mbete is duidelik onbekwaam om haar pos te beklee en telke male met haar geskree en gepaardgaande chaos in Parlement word dit bewys; nou weer

Johann Marx ·

Nammawan het gister tydens vrae-sessie in die parlement haar baie mooi laat verstaan dat hy alreeds SEWE mosies van wantroue oorleef het, en nog baie SAL oorleef want niemand anders het die “meerderheid” in die parlement nie. Hy was ook van mening dat daar by elk van die vorige SEWE mosies openlik gestem is, en dat hy nie die nodigheid sien om nou skielik te verander en ‘n geheime stemming toe te laat nie. Luister tussen die lyne people……..

Francie ·

As hy dan so seker van sy saak is, hoekom dan nie ‘n geheime stemming aanbeveel nie?

Anoniem ·

Dis ‘n verloor-verloor situasie vir die ANC. As die parlement gedwing word om in die openbaar te stem, wys dit vir Suid-Afrika Zuma en die ANC se belange word voor die belange van die land en “the people” gestel. En as die parlement in die geheim stem, is dit hopelik die laaste sien van Zuma en sy trawante.

Zuma sê mos stres is die witman se siekte. Sal nogtans graag wil weet wat is sy bloeddruk deesdae met al die hofsake en verwikkelinge.

Alida ·

Ek wonder of hierdie pateet weet hoeveel stres plaas hy op miljoene van sy eie mense deur sy onkunde en onbevoegdheid. Stres is nie ‘n witmens siekte nie !!!! As jy al 20 jaar wag vir ‘n huis en sonder basiese geriewe en kos sit laat dit jou defnitief nie lag nie. Met die geld wat gesteel is die afgelope 5 jaar kon daar 700 000+ gedienste huise gebou gewees het.

Johannes Meintjes ·

Dit wil voorkom asof niemand meer deesdae seker is van hulle self nie. Almal wil dat howe vir en namens hulle besluit. My indruk in die “ou dae” toe daar meer geregtigheid was, was dat burgers, leiers en voorsitters wie op vaste fondasies geskool is juis die besluitnemende rigting, orde en standaarde in die samelewing en ter mentorsvoorbeeld handhaaf?

Alida ·

Hierdie onbekwame mense se salarisse moet aan die Regters betaal word want hulle moet hulle telkemale leer om hulle werk te doen.

vrikie ·

Shame, het nie geweet nie, sy het ook vroeer nie geweet jy mag nie met ‘n vervalste lisensie motor bestuur nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.