Speaker mag nie LP’s in hegtenis laat neem nie, sê hof

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het Dinsdag gesê die mag van die Speaker om parlementslede in die Nasionale Vergadering in hegtenis te laat neem, is ongrondwetlik omdat dit vryheid van spraak beperk.

Volgens die hofuitspraak is Artikel 11 van die Wet op Magte en Voorregte ongrondwetlik verklaar. Regter André le Grange het die uitspraak opgeskort om die parlement tyd te gee om díe afdeling van die wet aan te pas.

Die uitspraak volg nadat die Demokratiese Alliansie (DA) ʼn aansoek by die hof ingedien het. James Selfe, DA-raadsvoorsitter, het gesê die party is “verheug” oor die uitspraak.

Selfe het die volgende aan Radio Pretoria gesê:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
jjobson

Die ANC, belaglike Mbete moet na Mslegte verander word want sy het nog nooit die goeie in i ander party raak gesien nie.

Let

Die DA kry al hoe meer dinge reg omdat hulle staan vir reg en geregtigheid!! Mooi so!! Daar’s hoop!

Anoniem

Daai sinkende gevoel wanneer jy besef tot Julius Maleme verstaan die grondwet beter as jy, die speaker.

Dave

Chris, soos ek gedink het, het die liberalistiese Chris nie die moed of intelligensie om jou te kon antwoord. Dankie vir jou netjiese uitleg waarmee jy hom sy woorde laat sluk het. Dit is 24 uur na jy hom geantwoord het en hy kruip steeds weg.