Speaker moet omdraai by kiesstasie

Speaker Baleka Mbete wys haar ID nadat iemand dit vir haar gebring het. Foto: ANA

Speaker Baleka Mbete wys haar ID nadat iemand dit vir haar gebring het. Foto: ANA

Baleka Mbete, die Speaker van die parlement, moes Dinsdag by die deur van ʼn stemstasie in Johannesburg omdraai toe sy besef sy het nie haar ID saamgebring om te stem nie.

Mbete het omstreeks 09:00 by die stemstasie in Northcliff se Berario-gemeenskapsentrum opgedaag waar sy haar spesiale stem uitgebring het.

Zizi Kodwa, die presidensiële woordvoerder, het verduidelik Mbete se dokumente word deur ondersteuningspersoneel gedra en sy het gedink hulle het haar ID by hulle gehad. Die personeellid wat egter haar ID het, was in Pretoria en nie by Mbete nie. Mbete moes sowat ʼn uur wag vir iemand om haar ID te bring voordat sy kon stem.

Kodwa het gesê die voorval is ʼn belangrike vingerwysing aan alle Suid-Afrikaners om seker te maak hulle het hul ID’s by hulle voor hulle Woensdag na hul stemstasies toe gaan. “Sonder ʼn ID kan jy nie stem nie, maak nie saak wat jou posisie is nie. Dit is ʼn belangrike aanmaning vir ons almal,” het Kodwa gesê.

Spesiale stemreg laat ʼn persoon, wat nie by sy of haar stemstasie op verkiesingsdag kan stem nie, toe om ʼn dag voor die verkiesing te stem. Dinsdag is die laaste dag wat spesiale stemme uitgebring word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief! Deurdagte Media aandag trek nonsens…wys jou hoe desperaat die ANC is vir aandag…

Adri ·

Kan ek raai? Die ID is deur drie swart BMW’s en ‘n Landrover met flitsende blou ligte en loeiende sirenes teen die spoed van wit lig van Pretoria af aangery.

Johan ·

Hoekom kan sy nie môre stem nie…..wat maak haar so spesiaal……

Emile ·

Dis more ‘n publieke vakansiedag, dws langnaweek, dws vakansie en wie stem (of staak) nou op ‘n vakansiedag.

Noxthefox ·

My selfde vraag.Hoekom kan sy nie more stem soos almal.

Carel ·

. . . en ons moet hierdie klomp ouvrou nuus lees? Ag nee Maroela, het julle niks beter om op te fokus nie?

Theunis ·

Dink nie ek gaan more kan stem nie my petrol lig is aan en Pretoria is droog.
Baie dankie stakers dat julle my regte ontneem.

Boesman ·

Total in Pierre van Ryneveld kry vannaand tussen 11 en 3 ‘n tanker volgens die eienaar. As dit jou dalk sal help, maar stem moet jy stem! ;-)

Anoniem ·

Theunis daar is weer petrol beskikbaar by stasies in Pretoria.

JOHAN ·

Maroela, ek so nou nie juis hierdie as nuuswaardig bestempel het nie!

Helene Heyns ·

Ag asseblief. Wat my betref kon sy omgedraai het om nie weer terug te kom nie.

Annie ·

Nou wat is nuuswaardig omtrent dit – wat maak haar so spesiaal.

Joann ·

Wat is sy beter as ek.??? Dis nonsens klomp leuens. Ons almal het nie graad3 nie daar is van ons wat beter gedoen het,vertel dit vir die wat minder geleerd is.

André Marais ·

en van wanneer af kan hulle enige iets onthou . . . . .

Liewe heksie ·

Sy kon mos maar net gesê het sy is van Zimbabwe af hul sou haar deurgelaat het:-)

LeonR ·

Ons wou net nie in ‘n ry staan soos Jan publiek nie!!!!!!!!!!!!!

walla ·

ek was vandag by die munisipale kliniek. daar was net een uit die drive susters en geen administratiewe personeel aan diens nie. hy se hulle het gaan stem. almal jare lange inwonersvan die dorp. dit terwyl hulle more ook n vakansiedag het.

CHRISTA ·

Genade! Moet iemand tot haar ID dokument vir haar ronddra? Nie eers dít kan sy self doen nie!!! G’n wonder ons land is besig om te vou nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.