‘Speaker ontduik versoek oor mosie teen Zuma’

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Die DA het Woensdag gesê Baleka Mbete, speaker van die parlement, ontduik met opset opposisiepartye se versoek dat ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma uitgestel word, in ʼn poging om Zuma te beskerm.

Dit kom nadat opposisiepartye die parlement versoek het om die mosie uit te stel om die konstitusionele hof kans te gee om ʼn beslissing te maak of die mosie met ʼn geheime stem beslis sal word of nie. Die UDM het vroeër vandeesweek die hof genader om te versoek dat die mosie deur middel van ʼn geheime stemproses moet plaasvind.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het daarna in ʼn verklaring gesê die parlement het nie die mag om die mosie terug te trek nie omdat dit slegs deur die persoon wat dit ingedien het, in dié geval DA-leier Mmusi Maimane, teruggetrek kan word.

“Die DA het nooit aangedui dat die mosie van wantroue teruggetrek sal word nie en het slegs die Speaker versoek om die mosie uit te stel weens die belangrikheid van die konstitusionelehof-aansoek,” het John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, gesê.

“Die DA sal nie die mosie van wantroue teen [Zuma] terugtrek nie. Hierdie ontduiking van ʼn belangrike versoek is presies die laakbare gedrag wat ʼn mens van ʼn pro-Zuma voorsitter, wat haarself ook as die speaker van die parlement voordoen, sal verwag. Mbete is vasbeslote om alles moontlik te doen om Jacob Zuma te beskerm en die wil van die mense te ignoreer,” het hy gesê.

Steenhuisen het beklemtoon dat die reëls van die parlement die speaker toelaat om ʼn mosie uit te stel. “Ons het daarom weer aan die speaker geskryf om haar te versoek om die mosie uit te stel hangende die beslissing van die konstitusionele hof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ek stem saam ·

Net so Pieter en hulle moet dit vinnig doen om van haar ontslae te raak

Ada ·

Wys jou net hoe skelm en diep korrupsie al gevestig is . N diepe verrotting en verswelging van integriteit en moraliteit deur haat teenoor wat reg is

CLR ·

Ada,mooi gese. Stem saam jou. Jy slaan die spyker op die kop. Daar is nie meer n goeie woord vir hierdie korrupte regering nie, dis seker waarvoor sy in parlement betaal word. Sy sit nie verniet daar nie.

Blits ·

Sover ek die dinge verstaan is dat die Speaker onafhantlik moet optree en niemand bevoordeel of benadeel nie, of is ek verkeerd? Dis hoekom die anc alles in die huis net alles stoomroller te danke aan Mbeti, Sy weet dat as die stemery in die gehuim gedoen gaan word is dit verby met ZUMZUMDOM en dan ook met die maaitjies van die klomp, maar volgens ons grondwet mag sy dit nie so doen nie, dis nie net ZUMZUMDOM wat niks voel vir die grondwet nie maar sy ook, sy verdraai die grondwet om haar en ZUMZUMDOM positief te beinvloed, wonne of sy nie een van ZUMZUMDOM se vrouens is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.