Speaker ‘op kort afstand’ doodgeskiet

Thozama Njobe. Foto: Facebook

Thozama Njobe, speaker van die Raymond Mhlaba plaaslike munisipaliteit, is Maandagaand koelbloedig in Fort Beaufort in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Die Oos-Kaapse polisie het in ʼn verklaring gesê Njobe was omstreeks 22:40 saam met nog ’n persoon op pad terug van ʼn geleentheid in New Town toe sy “op kort afstand deur ʼn onbekende persoon” geskiet is. Sy het skietwonde aan haar bolyf opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas. Njobe is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens die polisie word ʼn saak van moord ondersoek, maar wil hulle nie bespiegel oor die motief vir Njobe se moord nie.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het egter gesê dit blyk dat Njobe se moord ʼn sluipmoordaanval was. Njobe was ook ʼn taksekretaris van die ANC.

“Ons hoop dat haar dood nie verband hou met faksiegevegte en politieke struwelinge in die ANC nie. Ons provinsie word nog altyd geken deur ʼn kultuur van politieke verdraagsaamheid en dit is ook hoe dit moet wees,” het Siyabonga Mdodi, provinsiale woordvoerder van die SAKP, gesê. “Indien [Njobe se moord] wel met politieke onverdraagsaamheid verband hou, sal dit ʼn jammerlike afwyking wees van hoe die politieke stand van sake in die provinsie nog altyd was.”

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het gesê gesoute speurders werk onverpoosd om inligting oor die moord op te volg, sodat die skuldiges aan die pen kan ry. “Ons versoek die gemeenskap van Fort Beaufort om saam te staan en inligting oor die identiteit en doen en late van die oortreder, of enige inligting wat met die ondersoek kan help, aan die polisie te verskaf,” het Ntshinga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vermeende ·

Dit is hoe Afrika die westerse politiek verstaan en toepas.

humor ·

Is dit hoe die “speletjie” nou in die vervolg gespeel gaan word?

Marie ·

Wow nou ja daar het julle dit. So almal kan maar begin skiet as jy nie van die anc of eff hou nie mag jy noy maar dood skiet. Dis lekke in die nuwe sa of wat se julle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.