Speaker reageer op versoek om OB te verwyder

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Die speaker van die Nasionale Vergadering sê die DA se versoek dat Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), uit haar pos verwyder moet word geniet aandag.

Speaker Thandi Modise het vir DA-hoofsweep John Steenhuisen laat weet dat die reëls van die parlement haar verplig om so ʼn versoek na die toepaslike parlementêre struktuur te verwys vir oorweging.

Volgens Modise word daar nou op advies gewag oor die behoorlike manier om die DA se versoek te hanteer aangesien sekere strukture van die sesde parlement nog nie gereed is nie.

Die komitee oor justisie en korrektiewe dienste het voorheen ʼn soortgelyke versoek oorweeg en in Februarie aan die Nasionale Vergadering die aanbeveling gemaak om nié die versoek te ondersteun om die proses te bespoedig om die openbare beskermer uit haar amp te verwyder nie aangesien dit voortydig was.

Steenhuisen het verlede maand die versoek aan die speaker gerig nadat die hooggeregshof in Pretoria Mkhwebane se verslag oor die omstrede Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat ter syde gestel het.

Volgens Steenhuisen is dit maar net een voorbeeld van ʼn lang lys van Mkhwebane se mislukkings as openbare beskermer.

Steenhuisen het onder meer verwys na Mkhwebane wat aanklagte teen haar voorganger, Thuli Madonsela, aanhangig gemaak het nadat laasgenoemde die transkripsie van haar onderhoud met die oudpres. Jacob Zuma openbaar gemaak het en haar aanbeveling dat die Grondwet verander moet word om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank te wysig, wat ook deur die hof ter syde gestel is.

Volgens Steenhuisen is dit duidelik dat Mkhwebane nie die regte persoon is om aan die hoof te staan van só kritiese hoofstuk 9-instelling nie en het die DA om dié rede versoek dat sy ingevolge artikel 194 (1) van die Grondwet uit haar amp verwyder word.

Ingevolge dié artikel kan die openbare beskermer uit sy of haar amp verwyder word indien ʼn komitee van die Nasionale Vergadering bevind het hy of sy is skuldig aan wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid en indien die genoemde verwydering deur twee derdes van die lede van die Nasionale Vergadering ondersteun word.

“Mkhwebane het oor die afgelope drie jaar die integriteit van die kantoor van die openbare beskermer in gedrang gebring deur haar swak begrip van die wet en haar eie magte. Daarbenewens het sy ook die onafhanklikheid van haar kantoor in twyfel getrek. Die publiek het ook nou vertroue verloor in haar vermoë om hul beste belange behoorlik en regverdig te verteenwoordig en om hierdie redes moet sy verwyder word,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Liberaal ·

Vandat ons linkses se redtape ingekom het is daar duisend redes en miljoene regshekke om oor te spring om die gewone logiese te keer.

Andreas ·

Stem saam, hierdie Busisiwe is ‘n onbeMkhwame, openbare beskermer.

Ai. ·

Sy is n tipiese Anc geplaaste marionette..Sy praat so, sy dans so, sy lyk so…Geen integriteit net daar as n breinlose pion om die Anc se onheilige belange te beskerm! Wat goed kan so n oningeligte wegooibare karakter inhou vir Suid Afrika se vryheid en geregtheid…

aj ·

Soos Zuma se ‘gebaretaal vertaler’ van destyds is hierdie een ook ‘clueless’!

Rank Zerox kwalifikasie? Gaan dit na!

Andreas ·

Maar nou lyk dit my met Baleka Mbete wat genadiglik nie meer speaker is nie, is dinge al klaar besig om beter te raak, die speaker is nou nie meer iemand wat als ten gunste van die ANC onbevoegdes manupileer nie. Julius moet nou maar dit ook op sy brood smeer.

Jozi ·

Wat op aarde praat jy?
Google asb vir Thandi Modise en dan praat ons verder oor die nuwe Speaker.

Andreas ·

Kom ons kyk wat gebeur. Sy het dit ten minste nie soos haar voorganger afgekeur nie. Ek dink ook nie vorentoe het sy nou meer ‘n inset oor wat die uitslag gaan wees nie, dis nou uit haar hande uit, dit is nou in die parlement se ‘struktuur’ se hande.

Arendoog ·

As hierdie vrot appel verwyder word kan van die res dalk gered word.

Basjan ·

Arendoog, ek is bevrees die vrot appel het reeds van die ander appels ook aangesteek.

sweis ·

Die DA is ernstig in gesprek om die speaker te verwyder maar doodstil oor die diskriminerende wette teen minderhede en as jy vat hoeveel van die minderhede vir hulle gestem het is dit n skande,sies

Dries du Toit ·

Sweiss. Lees weer die DA wil nie die speaker verwyder nie maar wel die Openbare Beskermer

sweis ·

Dankie menere die punt wat ek wou maak is die DA wil die ob verwyder maar lezufi het hulle geen probleem mee nie ,go figure.

SjN ·

Modise kon nie eens oor n klomp diere en varke sonder water en kos op haar plaas besluit nie!!!

Andreas ·

As hulle jou in die parlement opneem, gaan hulle nie kan huishou nie!

Justice ·

Josua jy moet net nie van Mabuza vergeet nie – Julius het self openlik sy afkeur in haar totale onbevoegdheid beklemtoon.

willem botha ·

Ek hoop die klomp wat da gestem het maak nou hulle oe oop hulle keur lezufi goed om afrikaans te vernietig maar het n probleem met die onafhanklike beskermer.

TN ·

@ Willem Botha ___ ons is besig om ‘n LAND te probeer red , spits jy en die wat soos jy dink julle maar daarop toe om een van die twaalf landstale te probeer bevorder bo agt van die ander .

John ·

Amper die ergste van alles is dat daar nie ordentlike opvolgers vir die kaders is wanneer hulle verwyder is nie. Kyk bv na die vise-prez situasie. Wie beter sou David kon opvolg en CR wou antie Zuma glo hè… aai tog. Het ons al klaar vergeet van hoe hopeloos sy as AU-voorsitter was en van die fondse glo vanaf die Guptas? Skynbaar werk Afrika se bestuurskop so: Die een wat sonder om uitgevang te word deur sy slinkse aksies en planne met slim kaders se hulp, kan voorstu… dit is die een om te lei; wat gevolg kan word. Sodra hy wel uitgevang word, hou mense hul siende blind, stel kommissies aan a la Westerse-styl wat sit totdat die geld vir die kommissie op is en dan ploeter ons weer aan. Betaal Zuma sy lening van die skelm bank af of is dit ook afgeskryf? Sien?

Andreas ·

Ek soek vandag heel oggend vir ‘n Afrikaanse naam vir die pos. Speaker? …. speaker?? speaker???

Wat van prater, vinnigprater, of wat van rapper?

Maar, hier is dit, wat van ‘n kletsrymer!

Dus: Thandi Modise Kletsrymer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.