AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Thandi Modise, speaker van die parlement, gedagvaar om op 21 Junie 2019 in die Potchefstroomse landdroshof op aanklagtes van dieremishandeling te verskyn.
Dít volg nadat die privaatvervolgingseenheid verlede jaar aangekondig het dat hulle Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg.
Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang van een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die welsynsorganisasie nóg teëgekom het.
Grace de Lange, bestuurder van die NDBV se plaasdierebeskermingseenheid, het gesê Modise se plaas was besaai met karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke. Die oorlewende diere, insluitend varke, skape, hoenders en bokke, is sonder kos en water gelaat en was in ’n desperate toestand. Die NDBV moes 162 diere weens die nypende omstandighede van kant maak.
Modise is op 22 Mei 2019 tot nuwe speaker van die Nasionale Vergadering verkies as opvolger vir die vorige speaker, Baleka Mbete.
Lees alle vorige berigte oor Thandi Modise op Maroela Media.
‘n Persoon wat nie eens na die welstand van haar diere kan kyk nie moet nou orde in die parlement handhaaf. Belaglik. Dit is immers ‘n swak getuigskrif. Die Bybel en Koran veroordeel dieremishandeling. Dit is God se skepsels.
Sy sal niks oorkom nie. Twee stelle reels in hierdie piesangrepubliek.
Hoop sy kan sommer krimineel vervolg word ook…
Dit is verskriklik om te weet dat so n krimineel wat in die tronk moet sit nou aan die hoof is van die SA parlement.
Hoe is dit moontlik dat so ‘n persoon tot ‘speaker’ van die parlement verkies word. Dit wys nou weereens ons is nou in alle opsigte ‘n Afrika land met die unieke eienskappe van totale gebrek aan verantwoordbaarheid.
Die speaker sal moet roer. Sy sal seker ook vanaand in die spoggeleentheid wil wees en dan nog more op Potch. Ek voorsien daar sal weer n verskoning en afwesigheid wees.
hoekom vat dit so lank?
Vicky was na n paar maande in die tronk……????
Ek hoop sy verbied die gaste van de parliament om vóór en ná die staatsrede te eet en te drink!
Ek dink nou net daaraan hoe die arme diere mekaar gevreet het. Dis asof dit die laaste hoofstuk van Orwell se “Animal Farm” moet wees waar die varke mekaar opvreet. Wanneer niks meer oor is nie. Maar die arme diere kan nie met ons stelende regeringslui vergelyk word nie.
5 jaar later en nog niks gebeur met haar nie.
Nee wat hier sal niks van kom nie. ‘n Kommissie gaan aangestel word om te ondersoek en die kommissie gaan nog ‘n kommissie nodig hê om te kyk hoe hul vorder en so word geld gemors en die madam verdien ‘n astronomiese salaris.
Goeie hemel! Ek kan nie eers die berig volledig lees nie, te bang vir die beelde van diere wat hongerly in my kop. Wat van God se opdrag om te heers. My hart is seer vir elke mens en dier wat honger moet gaan slaap. ????
Magtig en niks gebeur nie !
Sy gaan in elk geval die blaam verskuif na die wat die plaas moes bedryf, verseker was dit nie sy. Die gaan weer genoeg redes en verskonings aanbied waarom nie die verantwoordelikheid daarvoor kan dra. Dit is wat gebeur as grond net uitgedeel word.
Sy het gedink dat diere hulself kan versorg. Sal niks oorkom nie want geen minister is al ooit tronk toe gestuur nie, maak nie saak wat die klag is nie. Sy sal dalk nog vir CR opvolg as president.
Sulke gevalle moet daar videos op youtube kom met haar gesiggie sodat die wereld kan sien waarmee ons opgeskeep sit.
Mense, julle oordeel die vrou verkeerd. Sy het n kans gehad om n plaas in te palm. Maar omdat sy gedink het die diere kan loop, is hulle selfversorgend. Maar toe het die diere nodig gehad om gevoer te word en werkers het betaling nodig gehad. Nou oordeel julle haar omdat sy n vrou is en n kans op selfverryking gevat het. Almal weet mos (B lanke) boere sit op die stoep en die geld rol self by die hek in.
Laat hierdie ‘n toetssaak wees. Kry sy ‘n bekostigbare boete dan gaan geen staatskaper ooit aan die pen ry nie. R10 duisend boete plus 52 naweke gemeenskapsdiens by DBV. Dit sal ‘n ligte vonnis wees vir die uwe.
Ek skaam my vir my vriende wat ANC gestem het ter wille van Cyral.
Vat haar plaas en gee die grond vir iemand anders.