Speaker se lyfwag doodgeskiet

Argieffoto

Die lyfwag van die speaker van die Msunduzi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is doodgeskiet. Die voorval is beskryf as ʼn voorafbeplande aanslag.

Mhlabunzima Mngoma is glo herhaaldelik deur twee mans geskiet toe hy Woensdagoggend in sy motor geklim het in die Caluza-nedersetting buite Pietermaritzburg.

Kol. Thembeka Mbhele het nie die man se naam bevestig nie, maar wel bevestig ʼn 30-jarige lyfwag van die speaker was in die munisipale voertuig toe hy geskiet is.

“Die oorledene is met sy veelvuldige skietwonde na die hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is,” het  Mbhele gesê.

Die verdagtes het Mngoma glo geskiet toe hy op pad was om te ry, hom daarna uit die motor gesleep en toe van naby af ook geskiet.

ʼn Woordvoerder van die Msunduzi-munisipaliteit het Mngoma as ʼn toegewyde, professionele man beskryf. Hy het ook sy medelye aan die gesin en vriende van die oorlede betuig.

Die motief vir die moord word nog ondersoek en ʼn saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heinrich ·

Maar net nog ‘n standaard dag in politiek-a-la-afrika…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.